Clinton se epos-kierangs gaan braai

Agt dae voordat Hillary Clinton in Januarie 2009 as minister van buitelandse sake aangestel is, het ’n personeellid van die voormalige president, Bill Clinton, ’n nuwe e-posadres vir die egpaar geregistreer, het AP berig.

Hierdie oënskynlik onbenullige, maar doelbewuste aanlynaankoop, is die eerste bekende aanduiding van die private e-posstelsel wat nou die wêreld vir die aanspraakmaker op die Demokratiese party se presidentsnominasie warm maak.

Die verwysing na die registrasie van clintonemail.com, weggesteek in ’n voetnota van ’n regeringswaghondverslag, was die eerste stap in die bou van ’n e-posstelsel wat die aandag van ’n FBI-ondersoek getrek het en kwelvrae oor Clinton se oordeel as Amerika se topdiplomaat opper.

In die verslag van 83 bladsye van die ministerie van buitelandse sake se inspekteur-generaal, word onder meer gevra wie kennis hiervan gedra het, watter skuiwergate daar was en die burokratiese wanbestuur wat toegelaat het dat ’n geheime stelsel, buite die normale kanale, regdeur Clinton se ampstermyn gefunksioneer het.

Die bevindinge, wat meer as ’n jaar geneem het om afgehandel te word, toon ook hoe die gebruik van private e-posse deur Clinton en ander topamptenare interne hoofbrekens vir die handjie vol beamptes van die ministerie veroorsaak het.

“Hulle was bewus daarvan en het lank probeer om aan federale kubersekuriteit en vereistes van rekordhouding te voldoen.

7 thoughts on “Clinton se epos-kierangs gaan braai”

    1. Dis tyd dat ôbama teregestel word vir magtiging van die Arabiese Lente ! Stel jou voor – ‘n “lente” waarin honderde duisende ontwrig en gedood word. ‘Arabiese Lente’ – net so ‘n misplaasde begrip soos die Yankie verklaring van ‘killed by friendly fire’!

      1. Vergeet tog van die ferfloekte Hitler Nazis – hulle was op die ou einde groter gif vir ons Calvinistiese Christen volkie as Rhodes se Baalkultus. Alby het so ‘n blerts gay weg.

        Ek sien Andre Visagie van die AWB Kimberley is nou in die tronk opgeneem vir 5 jaar. — wat ‘n matelose tragedie dat goeie mense so mislei kan word deur ‘n demente breinsifilis Nietzche afgot sopdrol.

        Kry dan tog net vir julle beter afgotters behalwe Nietztche en Rhodes en Marx
        Abel Pienaar is die voorste soeker .op N-ANC- Pers…

Maak 'n opvolg-bydrae