Die meeste Afrikaners het in die laaste verkiesing vir die DA gestem, maar hulle beskou Helen Zille nie as 'n Afrikanerleier nie.
Afrikanerdenke, soos in die geval van ander beskaafde Europese kulture, strek oor die hele politieke spektrum van heel links tot heel regs. Twintig jaar gelede (in die tyd van die NP, KP, HNP en AWB) was omtrent 85% Afrikaners regs van die middelpunt en verregs. Die meeste van hulle het linkse Afrikaners as vyande beskou en hul Afrikanerskap bevraagteken.
Vandag is dit 'n heel ander storie. Ek skat 10% Afrikaners is vandag verlinks; 30% is links van die middelpunt; 40% is regs van die middelpunt en 20% verregs.
As iemand in 1985 voorspel het dat die meeste Afrikaners in 2004 vir die destydse anti-Afrikaner Progressiewe Party, nou die DA, sou stem, sou Afrikaners dit as laster beskou het. Vandag word 'n Afrikaner soos Van Zyl Slabbert nie meer deur die meeste Afrikaners as vyand beskou nie. Sy Afrikanerskap word ook nie (behalwe deur verregses) bevraagteken nie. 'n Besliste Afrikaner-verskuiwing na links.
Die Afrikaners links en regs van die middel van die politieke spektrum is leierloos. Niemand maak selfs aanspraak op leierskap vir hierdie groep nie, behalwe miskien die VF Plus, wat op die ou end ook maar 'n ronde nul vir die Afrikaner beteken.
Verregse Afrikaners het hulle in die verlede om selfaangestelde leiers gegroepeer, bv. Robbie Leybrand van die Ossawa Brandwag-tydperk, Eugène Terreblanche van die tagtigerjare se AWB en Van Tonder se BBB. Wanneer die selfaangestelde leier tot niet gaan, verbrokkel sy groep ook, soos met die AWB toe Terreblanche in onguns verval het.
'n Kenmerk van die verregse politiek is sy verbetenheid om andersdenkende Afrikaners te probeer dwing om ook so te dink en om hulle gedurig aan te val en te kasty, eerder as om op die werklike Afrikaner-bedreiging te konsentreer. Die Afrikaner het mag verloor as gevolg van die vete tussen die KP en die HNP voor 1994. Elkeen het in gevaarlike tye probeer om sy magsbasis onder regse Afrikaners te vergroot ten koste van die ander. Hulle het die groter Afrikaner-bedreiging uit die oog verloor, en vandag sit ons met die gebakte pere. Vandag bestaan hierdie partye nie eens meer nie.
Die Afrikaner, soos die Engelsman, Jood, Griek, Portugees, Kleurling en Indiër in hierdie land, is elkeen 'n leierlose minderheid, elkeen magteloos om enigiets daadwerkliks vir sy volk te doen.
Die ander minderhede oorbrug die probleem deur in die guns van die ANC te bly, soos die Indiërs, of deur hulle heeltemal te onttrek, soos die Grieke, wat net landsburgers wil wees wat hul eiesoortige taal en kultuur tuis beoefen.
Maar die Afrikaner is vandag heeltemal gemarginaliseer, selfs in die DA. Selfs die Indiërs, wat 'n heelwat kleiner groep as die Afrikaner is, het 'n groter sê in die Parlement as die Afrikaner.
Die Zoeloes, die Xhosas en elke ander swart volk in Suid-Afrika het hul raad van stamhoofde of opperhoofde. Gesamentlik vorm hierdie rade die Raad van Tradisionele Leiers in die Parlement.
Die grondwet maak voorsiening vir die Afrikaner om homself soortgelyk te verteenwoordig, maar hy gryp nie die geleentheid aan nie, te bang vir 'n teenreaksie. Ek sien uit na die dag wanneer daar 'n Afrikanerraad sal bestaan wat die volle spektrum van Afrikanerdenke sal verteenwoordig.
In Amerika staan die Swart Koukus saam in belang van swart Amerikaners ondanks onderlinge politieke verskille. Net swart Afrika-Amerikaners mag lede van hierdie Swart Koukus wees. Hierdie koukus het gehelp om Obama as die volgende Amerikaanse president verkies te kry.
In Suid-Afrika is daar eksklusief swart groepe soos die swart prokureursorde en die vakbond vir swart joernaliste. Ons is te bang om dieselfde te doen uit vrees dat ons as rassiste uitgeskel gaan word. Boonop is die Afrikaner te individualisties en te besig om oor allerhande kleinlikhede te kibbel om eksklusief eie organisasies op die been te bring.
As die Afrikaner nie wakker skrik en saam as VOLK optree nie, sal ons met nostalgie na verspilde geleenthede terugkyk, soos ons vandag terugkyk na die vermorste kanse van die tagtigerjare. Die Afrikaner sal verby sy onderlinge geskille na die groter Afrikanerprentjie moet kyk as hy as VOLK wil voortbestaan.
Myns insiens is die Afrikaanse taal nie in die gedrang of in gevaar nie. 'n Te groot persentasie van die totale bevolking (blank en nie-blank) praat Afrikaans. Daar is 'n groter kans dat die swart tale tot niet sal gaan omdat al hoe meer swartes vrywillig hul eie tale ten gunste van Engels prysgee.
Die Afrikaner as VOLK is in gevaar. Die groot gevaar is dat die blanke Afrikaner in die toekoms nie meer as Afrikaner gesien gaan word nie, maar as individuele blanke Afrikaanssprekende landsburger.
Die Congress of the People (Cope) bied 'n gulde geleentheid vir die Afrikaner. As die ANC nie meer so 'n groot tweederde-meerderheid in die Parlement het nie, kan hy nie meer sy beleid na willekeur op die hele bevolking nie, die Afrikaner inkluis, afdwing nie. Hy sal ook nie na willekeur straat- en dorpsname kan verander nie. Om hierdie geleentheid te benut, sal die Afrikaner die nuwe party sterk moet steun.
Vir die eerste keer bestaan daar nou 'n party in Suid-Afrika wat die verlede en die kloof tussen die verskillende rasse en volke daadwerklik kan oorbrug. Watter alternatief is daar? Die ANC is 'n swart rassistiese party; die Inkhata Vryheidsparty is hoofsaaklik vir Zoeloes en sal waarskynlik binnekort by die ANC ingelyf word; die DA sleep nog sy anti-Afrikanerverlede met hom saam en doen weinig vir die baie Afrikaners wat hom steun; die Vryheidsfront Plus is 'n lamsakkige Afrikanerparty sonder veel Afrikanersteun en vermag weinig vir die Afrikaner; en dan is daar 'n klomp ander kleiner partye wie se bestaan net staatsgeld mors.
Die kanse is goed dat baie lede van opposisiepartye net voor die verkiesing na Cope gaan oorloop. Ek glo die meeste is teen hierdie tyd keelvol omdat hul partye sedert 1994 nog niks noemenswaardig vir hulle kon verrig nie.
Met die verwagte bykomende oorloop van ontevrede ANC-aanhangers sal 'n enkele verenigde sterk opposisie (wat hopelik al die klein opposisiepartye sal insluk) met sterk Afrikanersteun tot stand kom, of hopelik 'n nuwe regering met die ANC in opposisie.
In die lig van die sukses van die Amerikaanse demokrasie lyk dit of 'n tweepartystelsel (bv. die Republikeine en die Demokrate) beter resultate lewer as demokrasieë met talle kleiner partye, wat uiteindelik koalisies moet vorm om te kan regeer.
Hopelik sal die Afrikaner hierdie geleentheid nie dié keer verspil nie! Ek sien uit na die volgende verkiesing wat die Afrikaner sy regmatige plek in die Parlement sal laat inneem. Dan eers sal die ware Afrikanerleiers uitgeken word. Vir die eerste keer sedert 1994 is ek opgewonde oor die politiek, vir die eerste keer gaan ek stem, en ek gaan stem vir die nuwe party.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.