New York het die week voorverkiesings gehou en vir Donald Trump het die staat ‘n ryk oes aan afgevaardigdes ingehou.
Trump, Bernie Sanders en Hillary Clinton het een ding in gemeen: Hulle is almal New Yorkers en het hul bande met Amerika se grootste stad op die vooraand van die voorverkiesing gesmous.
Die drie het probeer om hulself as ware plaaslike inwoners uit te beeld en “New York-waardes” te verdedig wat deurlopend deur die Republikeinse kandidaat van Texas, Ted Cruz, verwerp is.
Trump het Cruz egter verneder by die stembus en Republikeinse party-amptenare het Woensdag, ‘n dag na Donald Trump se verpletterende oorwinning vergader om sy groeiende aanvaarding binne hul geledere te bespreek.
Hy het beide sy teenstanders Ted Cruz en John Kasich geklop en sodoende nader aan die 1237 afgevaardigdes gekom wat nodig is om die nominasie met ‘n volstrekte meerderheid te wen sonder ‘n betwiste konvensie.
Van die drie New Yorkers het Trump die beste gevaar. Hy en Hillary is nou die voorlopers.
Trump is die seun van ’n ryk ontwikkelaar en ’n Skotse immigrante-moeder. Die 69-jarige miljardêr het in ’n 23-vertrek weelde- woning met nege badkamers in ’n welvarende deel van Queens grootgeword.
Benewens sy eiendomsbelange het Trump vir tien jaar die realiteitsprogram, The Apprentice op TV aangebied wat hom na sitkamers oral in Amerika geneem het.
Bernie Sanders het op sy beurt gesê hy is baie trots daarop om ’n boorling van New York te wees, maar alhoewel Sanders die oorgrote meerderheid van die staat New York ingepalm het, het Clinton met die digbevolkte stedelike gebiede, veral in New York stad vir Bernie uitgestof.
Sy pa, ’n Poolse Jood, het sonder ’n sent op sy naam op die ouderdom van 17 jaar in Amerika aangekom. Sanders is in Brooklyn gebore en het in ’n nederige woonstel grootgeword en staatskole bygewoon.
Die 74-jarige het ’n politieke vergadering voor sy kindertuiste toegespreek en op Coney-eiland aan ’n worsbroodjie gesmul, maar vir die deftige kiesers in NYC was dit nie ‘n teken om vir hom te stem nie.
Amerika se voormalige presidentsgade, Clinton, is in Chicago gebore en het vanaf 2001 tot 2009 as senator vir New York gedien.
Sy besit ’n huis in Chappaqua, ongeveer ’n uur se reis noord van New York, wat sy in 1999 gekoop het om haar geregtig te maak om as kandidaat vir die senaat te staan.
“Ons het sy [Bernie Sanders] se gat geskop vanaand,” het ‘n Clinton-medewerker aan Politico gesê.
“Ek hoop dit oortuig Bernie om op te hou. Indien nie, fok hom!”
Clinton het met sowat 58 persent van die stemme teen Sanders se 42 persent gewen.

Hoop Trump skop haar onder die bas. Sy is so vals as wat kan kom
Waarom dan nou die lelike foto van Trump langs die aantreklike een van Clinton? Is dit inderdaad so bedoel of net onbewustheid van die waarde van sulke beeldmateriaal?
Al die fotos in the media van Trump is gewoonlik die afskuwelikste.
Aantreklik? Sy lyk soos ‘n eersteklas psigopaat.
Wel, so aantreklik soos sy kan lyk!
Ek beny die Amerikaners nie die moeilike besluit in die komende verkiesing nie. Vir wie om te stem? Die Clintons of die Clintons se man?
AS Hilary Clinton president word, kan daar met sekering gese word dat die Derde Wereld Oorlog op hande is. Sy speel weliswaar in die hande van die edomjoodse geldmag.