praag.co.za

Walus wil aansoek doen om tydelike parool

Written by

in

,

Volgend Janusz Walus se regsverteenwoordiger gaan die politieke gevangene ‘n versoek rig dat hy tydelik op parool vrygelaat word nadat die staat aangedui het dat hulle appèl sal aanteken teen sy vrylating.

Die hof het op 10 Maart die minister van Korrektiewe Dienste se besluit om nie parool aan Walus toe te staan nie, tersyde gestel.

Julian Knight, Walus se prokureur, het gesê dat hy ‘n aansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria sal indien as Michael Masutha, die minister, se aansoek om verlof tot appèl aangehoor is.

Jacob Mamabolo, SAKP-sekretaris in Gauteng, het intussen ‘n memorandum aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, oorhandig.

Die SAKP eis ‘n dringende wysiging van paroolwette sodat die families van slagoffers kan bepaal dat parool geweier word.

Comments

One response to “Walus wil aansoek doen om tydelike parool”

  1. Dave Avatar
    Dave

    Die kommuniste wil die paroolwette gewysig hê om bandiete se parool afhanklik te maak van die familie van die slagoffer(s) se goedkeuring. Dit maak sin maar hulle behoort te besef dat hoofsaaklik hulle eie ras slagoffers van so ‘n wet sal wees.

Leave a Reply