‘Moenie die ANC tart nie’ – Modise

Moenie die ANC tart nie, want hy sal homself verdedig, het die adjunksekretarisgeneraal van die party Thandi Modise Maandagaand in Bloemfontein gesê.

Sy het voor 'n volgepakte Manguang-stadsaal gepraat by 'n gala-dinee ter herdenking van diegene wat gesterf het in die vryheidstryd.

Haar opmerkings was net ure voor die begin van die party se groot teenveldtog teen die nuutgevormde KVP.
Die wegbreekgroep is amptelik di'e naweek geloods by die universiteit van de Vrystaat.

Die ANC-president Jacob Zuma en jeugligaleier Julius Malema was veronderstel om Maandagaand by die geleentheid te praat, maar nie een van die twee het opgedaag nie.

"Hulle (die KVP) moet weet dat wanneer ons uitgelok word ons die ANC sal verdedig, en ook dit wat deur die ANC daargestel is in die land," het Modise gesê.

Sy het die groot skare aangehits om nie gerus te wees met die "vyand" nie en het beklemtoon dat in die jare van die ANC bewind baie dinge verbeter het in Suid-Afrika.     

christmas editionФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae