praag.co.za

Swart grondeienaar voor vir moord en aanranding

Written by

in

,

Nege swartes, insluitend ‘n swart boer, sy vrou en twee polisiebeamptes, verskyn na verwagting vandag in die Vryburg-landdroshof in verband met die moord op ‘n ander swarte en die aanranding van nog twee mense.

Noordwes-polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê Tigwinita Luwantu, sy vrou Lindiwe Mpathani en vyf vriende staar aanklagte van moord, poging tot moord, aanranding en ontvoering in die gesig.

Die twee swart polisiebeamptes, slegs bekend as Mazibuko en Nkele, word van dwarsboming van die gereg aangekla, het OFM berig.

Dit kom nadat drie mans wat in die veld gestap het op ‘n plaas langs dié van Lewantu, voorgekeer is.

Volgens Ramaloko het die groep die mans van veediefstal beskuldig en met knopkieries en ander voorwerpe geslaan. Hulle is ook na bewering met kookwater gebrand en in ‘n vrieskas gegooi.

Moses Mosepele het aan sy beserings beswyk terwyl die ander twee mans erg beseer is.

Comments

2 responses to “Swart grondeienaar voor vir moord en aanranding”

  1. JESSEJAMES Avatar
    JESSEJAMES

    Ek is bly dit was ‘n swart boer wat dit gedoen het. As dit ‘n wit boer was wat dit gedoen het, sou dié nuus al diep en hard tot in in Engeland, Amerika, China en selfs Rusland getrek het.

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Daar was geen berigte oor Vierkleur swaaiers nie , duidelike teken dat dit nie n blanke boer was nie ,miskien moet dit n maatstaf word om die media voorbeoordeeldheid teen hulself te gebruik.
    Let op met watter metodes die ‘onskuldiges’ ondervra is , baie meer intens as blote aanranding.

Leave a Reply