ANC ruk op na Bloemfontein ‘teen rassisme’

Die Vrystaatse ANC sal Saterdag in Bloemfontein as gasheer vir die party se 8 Januarie-feesvieringe optree.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en provinsiale voorsitter, Ace Magashule, sal die hoofsprekers op die party se verjaardagsaamtrek wees wat op die hernoemde Dr. Petrus Molemela-stadion gehou gaan word.

Provinsiale sekretaris, William Bulwane, sê hulle verwag dat duisende ANC-afgevaardigdes van oor die provinsie heen die stadion sal volpak. Bulwane sê Malusi Gigaba, Lindiwe Zulu en Naledi Pandor is van die nasionale ANC-leiers wat die vieringe gaan bywoon.

Hy sê die saamtrek sal deur ‘n optog teen rassisme, asook ter ondersteuning van president Jacob Zuma, voorafgegaan word. Die optog sal vroeër die dag van Hoffman-plein na die stadion gehou word.

“Ons sal met landbou-organisasies, kerkleiers en belanghebbendes van verskillende rassegroepe vergader om rassisme te bespreek. Suid-Afrikaners is nie rassiste nie. Daar is enkele individue wat rassiste is en ons moet hulle isoleer.”

5 thoughts on “ANC ruk op na Bloemfontein ‘teen rassisme’”

  1. As ek kyk hoe landbou-organisasies en kerkleiers deesdae moet rondkyk voor hulle n saak steun teenstrydig met hulle lede se wense dan is Bulwane maar baie gebrekkig ingelig. Die mense gehoorsaam nie meer organisasie blindelings nie, hoog tyd ook.
    Wonder nou net of cANCers verlede jaar se jolliefikasie betaal het ,want daar is fluisteringe van n groot lening van die staatsamptenare se pensioenfonds aan die Anc.
    Die arme mense in Bloem sal maar lig moet loop met al die moeilikheidsoekers, pasop vir provokasie.

  2. Daar is die storie van die drie grootste leuens:

    1) Die tjek is in die pos
    2) Ek het geen rasvooroordele nie
    3) Ek sal jou in die oggend respekteer

    Nommer 2 is meer nog by die spul te bespeur so hulle moenie met wolhaarstories kom nie.

    So van die os op die jas, ek lees vanoggend op ‘n ander webwerf oor dinge wat nou uitkom uit mandela se tronkgeksrifte – daar woed nogal ‘n redelike storm daaroor.

    Hier is ‘n skakel wat vir my baie interessant was – veral die kommentaarafdeling:
    http://www.spectator.co.uk/2014/01/the-mandela-files/

    Dit lyk of sommige mense die wêreldoor besig is om die skille van hulle oë te vee

Maak 'n opvolg-bydrae