Grondgrypwet goedgekeur

Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke het Dinsdag die gevreesde Wetsontwerp op Onteiening goedgekeur.

Die owerhede sal voortaan eienaars en belanghebbendes skriftelik in kennis stel van die voorneme om te onteien en net ‘n uitgerekte, duur hofgeding sal die staat kan keer om grond te vat.

Met die voorbeeld van grondgryp in Zimbabwe, is dit ook nie seker of die Afrikahowe meer vertrou kan word om eiendomsreg te beskerm nie.

Die eienaar en belanghebbendes het die reg om binne 30 dae geskrewe voorleggings in te dien om beswaar aan te teken teen die onteiening maar as die eiser nie regstappe teen die owerheid instel nie, sal daar aanvaar word dat die aanbod aanvaar is.

Die wetsontwerp maak voorsiening dat die hof oor ‘n dispuut oor die onteiening asook die vergoeding wat die staat aanbied, kan beslis.

Die eienaar moet binne 20 dae nadat die kennisgewing ontvang is, aandui of die staat se aanbod vir vergoeding verwerp word. Dié tydperk sal met nog 20 dae deur die staat verleng word, as die eienaar die aanbod van die hand wys.

Alhoewel die kennisgewing die eienaar sal raadpleeg oor wat as billike vergoeding beskou sal word, is hulle steeds onder geen verpligting om markverwante pryse te betaal nie.

12 thoughts on “Grondgrypwet goedgekeur”

  1. Vraag ontstaan of dit enge verkil maak tussen blanke grond of swart tuisland grond.
    Indien grond nie ‘n kleur [ ras /stam/ volk ] het nie kan mens nog daarmee saamleef.
    Indien die wet ooreenstem met kapitalistiese norms en standaard is dit ook maar OK
    Die ANC is te vrot om enige basiese wette toe te pas.

  2. As gevolg van die oorweldigende invloed wat die regering se SABC, Afrikaanse dagblaaie, die driesuster kerke, Afriforum, Solidariteit, die DA en VF-minus op die denke van miljoene blankes het, is die kanse goed dat hulle hierdie kommunisties-geïnspireerde onteiening maar gelate sal aanvaar…

  3. “Dié tydperk met nog 20 dae deur die staat verleng word, as die eienaar die aanbod van die hand wys.” … Dié sin kort ‘n woord, miskien ‘n ‘sal’ …

    ‘Dié tydperk sal met nog 20 dae deur die staat verleng word, as die eienaar die aanbod van die hand wys.’

  4. Die spul wil die grond hê – verkoop wat julle kan of gee dit
    vir ander kleinboere weg en wat julle nie kan weggee vir mede blanke boere nie
    brand alles af gelyk met die grond. Wat julle nie kan weg kry nie gooi sand in
    die olie en diesel. Laat die wetters boer met hulle eie vermoeë en eie geld en
    die res vrek van die honger.

    1. Lunsriem … jou raad “brand alles af gelyk met die grond. Wat julle nie kan weg kry nie gooi sand in die olie en diesel. Laat die wetters boer met hulle eie vermoeë en eie geld en
      die res vrek van die honger.” stel weer jou onkunde van die onderwerp ten toon.

Maak 'n opvolg-bydrae