Taalbom bars by Tuks: Afrikaans dalk ‘afgeskaf’

Ná druk van radikale Engelse studente, oorweeg die Universiteit van Pretoria dit sterk om Afrikaans heeltemal “af te skaf”. Volgens ‘n berig van Rand Daily Mail Newswire, “broei ‘n storm oor UP se besluit om sy taalbeleid te hersien, wat beteken dat Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf kan word”.

Die rektor Cheryl de la Rey het reeds besluit om die senaat en universiteitsraad, asook die departement van hoër onderwys, “te raadpleeg oor die universiteit se taalbeleid, gegrond op eise wat deur studente tydens verlede week se betogings gestel is”.

Volgens die woordvoerder van UP, Anna-Retha Bouwer, “is ‘n ondersoek aan die gang, en ‘n verslag is vir die einde van die jaar beloof. Aannames oor die uitkoms daarvan moet nie op dié stadium gemaak word nie”.

Dié stap is deur die Higher Education Transformation Network, ‘n skaduagtige groep wat kliphard werk om alle Suid-Afrikaanse universiteite, ook die PUK, te verengels, verwelkom.

Die uitvoerende direkteur van dié organisasie, Reginald Legoabe, het gesê:

“Engels sou ‘n tipiese konsensustaal wees aangesien dit internasionaal en in die sake-omgewing gebruik word. Ons sal geen probleem hê indien alle groepe daartoe instem om na die gebruik van Engels te graviteer nie sodat dit niemand ‘n ekstra voordeel bied nie.”

Die Universiteit van Pretoria het op 13 September 1932 met 13 stemme teen 4 ‘n raadsbesluit aanvaar om Afrikaans as onderrigmedium in te stel, ná onenigheid tussen Afrikaanse en Engelse studente wat weens ‘n Boerehaat-boek deur ‘n dosent, ene HP Lamont, ontstaan het. Die titel van die boek was War, wine and women, en daarin is neerhalende opmerkings oor Afrikaners gemaak. Die boek is aanvanklik anoniem uitgegee, maar dit het later geblyk dat Lamont die skrywer was.

Sedert 1994 het die universiteit geleidelik ‘n parallelmediumuniversiteit geword en sommige vakke word reeds slegs deur medium van Engels gedoseer. Radikale dosente vanaf Engelse universiteite is insgelyks aangestel wat studente met marxisme, feminisme en afrosentrisme breinspoel, veral in die geesteswetenskappe.

Die Universiteit van Pretoria is tans die enigste kampus in ‘n stedelike omgewing waar Afrikaans as onderrigmedium gebruik word. Die universiteit huisves ook meer Afrikaanse studente (ongeveer 16 000) as enige ander universiteit, waaronder ook die oorwegend Afrikaanse kampusse van Stellenbosch en Potchefstroom. Indien Tuks vanaf 2017 suiwer Engels sou word, sou die doodsklok vir Afrikaanse universiteitsonderrig lui.

PRAAG het kort na sy ontstaan in 2000 ‘n betoging ten gunste van Afrikaans op die UP-kampus georganiseer. Die universiteit het egter die betoging verbied, waarna dr. Dan Roodt en ‘n groep van ongeveer honderd studente in Lynnwoodweg moes betoog. Vandag geskied anti-Afrikaanse en anti-blanke betogings egter vrylik op die kampus. Afrikaanse studente is verlede week met megafone uit die biblioteke verjaag en selfs met geweld gedreig.

28 thoughts on “Taalbom bars by Tuks: Afrikaans dalk ‘afgeskaf’”

  1. Dit is n onweerlegbare feit dat mense opgelei in Afrikaans by alle universiteite in Suid Afrika was van die meesgesogte in hulle onderskeie disiplines ter wereld. Die probleem met die ANC regering is dat Afrikaans vir hulle alles verteenwoordig om hulle eie onvermoë te bevestig.

    Die feit dat hierdie universiteite wat deur die Afrikaners gebou en onderhou is vandag onder die ANC regering so gedegradeer is dat daar min universiteite indien enige is wie se kwalifikasies internasionaal erken word.

    Dit word bevestig deur die feit dat andersvolkige mense met n engelse en Kaapse taal agtergrond skaamteloos in beheer geplaas is van Afrikaans – Dit is eintlik vir my die een faktor wat bevestig hoe diep hierdie haat vir die Afrikanervermoë gevestig is.

    Suid Afrika is nou effektief gedegradeer na n derdewereld-land standaard – ek sien geen moontlikheid dat dit weer herstel kan word na eerstewereld standaard nie – die enigste hoop wat daar vir ons Afrikaners bestaan is selfbeskikking – die enigste manier waarop ons weer in die kleine n beskaafde eerstewereld standaard kan vergestalt.

          1. Chrisjan, dit is hoe grootmense dit doen. Dit is onnodig om te baklei. Tog is daar mos altyd iemand wat rammetjie uitnek is, een wat bly skoorsoek totdat hy op sy plek gesit word. Ons kan in liefde vrede saamleef as BEIDE kante dit wil doen. As BEIDE kante hulle deel bydra – Hier het ons te make met een deel wat heeltyd die ander deel beskskuldig. ‘n Meerderheid wat heeltyd opgesweep word teen ‘n minderheid. Ons moet nie aan die slaap gevang word nie.

          2. SA betaan uit 40 miljoen swart mense. As 4000 staak en hulle wangedra kan jy nie sê swart mense wangedra hulleself nie. Net so as ‘n wit man neerhalend praat van ander rasse, kan jy nie sê wit mense is rassisties nie.

          3. Dis net daar waar jy die fout maak. Mense dink nie so oor goed nie. “Perception trumps reality”

          4. Chrisjan die punt isn ie hoeveel aan beide kante rassisties
            is nie – die punt is die ANC regering wat teen ons briljante Afrikanerkinders diskrimineer om n geleentheid te kry om vearts en Nykunde of medisyne te studeer – teen ons jongmense diskrimineer om mee te ding vir n werk – sien jy
            nog erens blankes wat werk in die vuil staatsgeboue? Self die werk wat ons self skep mag ons nie blankes indiens neem nie.

            Het jy al ooit enige swarte wat so onregverdig bevoordeel
            word gehoor sê die ANC maak nie reg met die blankes nie?

            Die Anc stel die voorbeeld – maak
            soos ons – wees rassisties teenoor die blankes.

          5. Selfs die nie-stakendes bly in hul massas vir die ANC stem . Dit sê baie .

            Tydens apartheid is daar ook baie positiewe goed vir die swartes gedoen . Tog gee geen swarte ons daarvoor erkenning nie . Ons blankes moet daardie ‘ straf ‘ dra .

            Net so moet die swart mense die ‘ straf ‘ vat vir die twak wat hul ander broers en susters aanvang .

            Kollektiewe skuld en kollektiewe verantwoordelikheid is n bliksem .

  2. Wat gaan ons doen? ‘n Reuse demonstrasie mag ‘n punt maak. Maar dan moet ons nog eers die Afrikaners so ver kry om ‘n optog te hou. Wat is die kanse? Weer net ‘n honderdtal Praagondersteuners wat demonstreer? Maak dit vir ons genoeg saak om ons baste te lig?

    1. Ek sal ‘n dag verlof insit. Ons vat net almal een van ons 20 dae verlof op dieselfde tyd. Ek sal dit selfs neersit as “family responsibility”, want so saak raak my familie. Dit sal dit nie stop nie maar dit sal ‘n punt maak.

  3. Persoonlik dink ek Solidariteit moet ‘n ‘white strike’ reel. ‘n Wettige een, waarby geen Afrikaans sprekende gaan werk todat Affirmative Action afgeskaf en Afrikaans as onderrigtaal aanvaar word nie. Afrikaners strike nie want ons het werk om te doen en weet ons swart base soek enige rede om ons te laat gaan.

    1. Dit gaan nie help nie , ons getalle is al minder as die geelbekkies. Miskien moet ons die Boere wat padgegee het Argentinie toe na die tweede Vryheidsoorlog, volg want daar leef hulle tog in vrede. En daar is nie kaffoers nie. Dit gaan Solidariteit nie baat om ‘n Afrikaanse Universiteit op te rig op SA bodem nie, die kaffoers sal dit net weer inpalm en oorneem. Andersins bly die verskuiwing na die suide van Duits Suidwes die beste opsie. Die Kaap is alreeds vol kaffoers en geelbekkies. Die Boere/Afrikaner is geskaakmat.

      1. Die Boere wat uitgewyk het Argentinie toe is nie meer Boere nie. Hulle is al lank dood, hul kinders het ondertrou met die PB’s en hulle kan nie eers meer Afrikaans praat nie (onlangs iets oor hulle gelees) en is hoogs waarskynlik Katoliek. Hulle is dus nie meer Boere nie. Dit is altyd die geleentheidskoste vir daardie tipe vrede.

        1. Richard Finn Gregory het ‘n dokumenter gemaak met die naam “The Boers at the End of the World”. In ScreenAfrica is daar ‘n interessante artikel oor die dokumenter en die Boeregemeenskap in Patagonie, Argentinie. Die Taal het behoue gebly maar die spelling is nog heelwat soos in die ou Hollands/Afrikaans tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

      2. 1. Jou verwysing na ander rasse is onvanpas. Dit gee aanstoot. 2. Kan jy asb ophou om te sê wat nie gaan werk nie en met ‘n werkbare oplossing na vore kom wat wel gaan werk. 3. Al hoe jy die aandag van die SA regering kry is as jy staak. So dag of week sal die regering lam lê.

    2. Ek sien dit nie so nie – dit sal n kwadedag wees wanneer ons
      ons gedrag aanpas by die derderwereld mense se standaard. Daar is ander
      beskaafde maniere waarop ons hier die derdewereld mense kan aanvat.

      Nee Chrisjan derdewereld en eerstewereld is onversoenbaar.Kyk
      om jou hoeveel onbeheerde aanteel is daar by die derdewereld teenoor die
      eerstewereld wat die implikasies besef van onbeheerde aanteel en
      dienooreenkomstig self hulle lewe daarby aanpas. Derdewereld is en sal nooit
      meer wees as kinders wees wat losgelaat is in n roomys fabriek nie – onbeheerd –
      buitebeheer – ontdaan van enige vorm van verantwoordelikheidsin of ordelike
      funksionering in in alle opsigte. Jy hoef nie ver te gaan om sien waarvan ek
      praat nie – kyk net hoe “regeer” die ANC regering kyk hoe gedra hulle en hulle swart stemvee hulle die afgelope 21 wat hulle losgelaat is in die roomysfabriek.

      1. Hallo Riempies. Watter “beskaafde” metodes het ons om die derdewêreld mense aan te vat? En leef ons in elkgeval in ‘n “beskaafde” land? Demonstrasies, stakings en optogte is wêreldwyd erkende, wettige, demokratiese vorms van protes. Ons moet hiedie middele maksimaal benut. Ons het nie veel anders nie.

        1. Dit kan seker ingewikkeld raak vir ons om die howe plaaslik
          sowel as internasionaal te gebruik – veral in die lig gesien van “aan die bas voel” wat sonder enige twyfel besig is om persepsies te verander – trouens voor dit, was persepsies alreeds besig om te verander. Vir my egter is dit die
          manier wat ons te werk moet gaan. Kla die hele nasionale party met FW aan die spits aan vir hoogverraad en die onwettige besetting van ons land. Ons kan wel opstaan en rebeleer maar dink jy vir een oomblik dat Malema ons dit sal gun? Ons het nie die voordeel van n goedbeheerde eerstewereld land soos in die Westerse lande nie – hier geld net geweld en boendoe geregtigheid.

Maak 'n opvolg-bydrae