Die voortvlugtende verkeershoof van die Maquassi Hills-munisipaliteit is steeds nie aangekeer nie.
Die Padverkeerbestuurskorporasie se woordvoerder, Simon Zwane, sê ‘n lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Judas Mahlangu wat Woensdag versuim het om in die landdroshof op Wolmaransstad in Noordwes weens bedrog en korrupsie te verskyn.
Zwane sê die korporasie sal egter seker maak dat Zwane weer op 16 November in die hof verskyn.
Daar word vermoed dat hy steeds in Suid-Afrika is en nie uit die land gevlug het nie.
Mahlangu het na bewering die Maquassi Hills-munisipaliteit uit meer as R540 000 bedrieg deur vervalste lisensies aan vragmotors uit te reik.

Praag, ek vermoed daar is n klein drukfoutjie.
Julle bedoel seker dat Mahlangu weer in die hof sal verskyn.
Sien paragraaf drie.
Verder, dit gaan my verstand te bowe dat so n persoon nie kan opgespoor en toegesluit kan word nie.
So kan jy hom help om nie weer te verdwaal op pad na die hof nie.
Judas !!!
Hang hy nie ook dalk êrens aan ‘n boom nie?
Praag berig: “Daar word vermoed dat hy steeds in Suid-Afrika is en nie uit die land gevlug het nie.”
Solank julle vermoed dat “hulle” nie deur en onderdeur grensheinings gaan uitglip nie, vermoed julle dat yskasmagneetjies nie kan afval nie…