Ons lewe in ‘n tyd waar name van plekke en gebeurtenisse links en regs verander word. Wat beteken dit ? Dit beteken dat die mense wat die name verander, name as van belang beskou. En hulle is reg. Name is belangrik. Name stel ons in staat om dinge en plekke ons eie te maak en ons stempel daarop te plaas. Wie verstaan dit beter as die Engelse en nou ook die swartes ? Name dra met hulle saam assosiasies, herinneringe van pyn en smart en vreugde en oorwinning en nederlaag, kortom ‘n land en ‘n volk se geskiedenis. Verander ‘n plek se naam en jy verander nie net die naam nie, jy verander die geskiedenis. En dit is presies wat hulle wil verander: die geskiedenis. Ons moet vergeet wie ons is, waarvandaan ons kom en dus noodwendig ook waarheen ons op pad is.
Die probleem is dat ons as Afrikaners skynbaar minder waarde heg aan name as ander mense. Dus, wat name betref, is die ander reg en ons verkeerd. Kom ons neem die geval van die ou Boerehoofstad, Pretoria . Ons gaan op die alfabet af: Ashley Gardens, Bailey’s Muckleneuk, Brooklyn, Clydesdale, Colbyn, Eastwood, Faerie Glen, Hatfield, Hazeldean, Hazelwood, Hillcrest, Lynnwood, Lynnwood park Lynnwood Ridge.
In Pretoria wemel dit van die Glens. Glen dit en Glen dat en wanneer hulle niks het om Glen mee te koppel nie, dan sommer net The Glen. Ja, daar is so’n plek ook in Pretoria soos… The Glen!
En nou is ons nog ver van die einde van die alfabet. Dus, die ANC maak hulle verniet moeg om die name van Boeredorpe en stede te verander. Die Boere het dit self reeds vir hulle gedoen.
Hier in my omgewing wemel dit ook van voorbeelde. Elke tweede aftree-oord het ‘n naam soos Tuscany Close of Tuscany Lodge of Tuscany Mews ? Watter brousel ! Mews klink vir my tog alteveel soos ‘n plek waar klein katjies grootgemaak word. Maar waarom in die wêreld tog Tuscany ? Wat weet hulle van Toskane en wat is die verband ? Tog nie die miserabele foefie-argitektuur nie !
Nie ver van Hermanus nie is daar die Theewaterkloofdam- en vakansieoord. Nou waarom nou juis Theewaterkloof ? Teewaterkloof kan dit nie wees nie, want teewater klink tog so Afrikaanserig.
Maar op die terrein van eiename vaar ons ook nie juis veel beter nie. Engelse name net waar jy kyk. Sal dit nou uit minderwaardigheidsgevoel wees of vir ‘n ander rede? Watter ander rede? ‘n Mens is natuurlik eers minderwaardig wanneer jy jou as minderwaardig beskou of wanneer dit uit jou handelswyse blyk dat jy minderwaardig voel oor jou herkoms. En minderwaardig voel Afrikaners oor hulle herkoms wanneer hulle hul kinders name gee soos Wayne of Craig of Dale of Brian of Brendan – name waarvoor « Afrikaners » tog so’n voorliefde het.
Die argument is natuurlik steeds, « Wat maak dit tog saak ? ‘n Naam is mos maar net ‘n naam. » Egte Afrikanerhouding, « wat maak dit saak ». Wat maak einigiets saak ? Die probleem is net, vir ander maak dit skynbaar wel saak. Net nie vir Afrikaners nie. Afrikaners verstaan skynbaar net nie dat met die name wat hulle gee, stuur hulle ‘n boodskap uit aan die wêreld oor wie of wat hulle is nie. Wat is die boodskap wat hulle uitstuur met name soos Craig Van Deventer of Dwayne Pienaar of Dale van Heerden? Maar miskien is dit juis die boodskap wat hulle wil stuur : « Ons wil niks wees nie, identiteitloos en onherkenbaar as Afrikaners. En watter beter manier om onidentifiseerbaar te wees as om ‘n Engelse naam te hê en Engels te wees. Tragies! Tragies!

Jy sal hierdie karaktertrek van die Afrikaner nie eens uit die Afrikaner gemoer kry nie. Daar is natuurlik die uitsondering: Waar mense met Afrikaanse vanne ‘n “Engelse” doopnaam gegee is na aanleiding van ‘n “Engelse” voorouer. Maar vir die res is jou waarneming in die kol, Karel en kan ‘n Afrikanermens hom met jou afkeer van die verskynsel vereenselwig.
Geldgod – mammon – die
oorsaak van modernisme en om modern te wees moet alles wat stabiel en rigting
gewend is, vernietig word. Beginsels-standaarde-geskiedenis-tradisie-patriotisme-familiename-respek
trots-eerbaarheid en medemenslikheid is uit. Modern is in – elkeen vir homself net
soos hy wil, en die duiwel vir die res.
More Riempies,
goed om weer van jou te hoor. Lekker koud hier in ons ou Kaap nê. Die boer het dit egter nodig net soos die reën so ons moet maar bly wees en deurdruk.
Ja ek stem, geld is maar die die kwaad van baie dinge as dit nie reg bestuur word nie.
Mooi dag.
Vanmelewe is familiename soos volg in stand gehou: Die oudste seun kry die name van sy pa se pa, die tweede oudste seun kry sy ma se pa se name, die derde oudste seun sy pa se naam, die vierde oudste die naam sy pa se oudste broer, die vyfde oudste seun die naam van sy ma se oudste broer, ens. Die oudste dogter kry haar ma se ma se name, die tweede haar pa se ma se naam, die derde haar ma se naam, die vierde haar ma se oudste suster se naam en die vyfde die naam van haar pa se oudste suster.
Naamsverandering vir politieke doeleindes is so oud soos die Bybelse geskiedenis. Daniël en sy drie vriende is ‘n goeie voorbeeld. Dit is duidelik dat hulle name verander was sodat die jong manne kon vergeet waar hulle vandaan kom, en om verwydering tussen hulle en hul mense te veroorsaak sodat hulle makliker opgeneem kon word in die vreemde kultuur van die Babiloniërs.
Die jong manne het hulle innerlike staal gewys deur te weier om die kos wat aan afgode gewy was te
eet, wat gemaak het dat hulle wyser was as al die wysste manne in die koninkryk.
Daniel self het uiteindelik al die Babiloniese konings ( 4 van hulle!) oorleef.
Daniel en sy vriende was Eunochs – gekastreer maar nie gay nie. Net soos Servetus.
en walla daar is die finale oplossing vir die gay-vraagstuk van die NGK.en RKKerk..
Hulle kan orgaan skenkers word…:-))
Nooit aan hierdie oplossing gedink nie. Die SAP Piet van der Bijl skryf in sy boek From velskoen to top hat (hoop ek onthou die titel van sy boek reg), hy het in ‘n private wetsontwerp (dink nie dis hoe die proses werklik bekend staan nie) aan die hand gedoen almal in die land wat aan seksuele misdrywe skuldig bevind word, gekastreer word. Sy voorstel is van geen kant van die Volksraad met geesdrif begroet nie, ‘n houding wat ek nooit regtig verstaan het nie.
Kan dit ook nie vat hierdie Kyle en Brendan en opgemaakte “Franse name” nie. Maar lyk my dis oral in die wêreld, want ek kyk so af toe na die Tour de France en daar is ook sulke gedrogte soos Warren [Franse van].