Polisielid beseer na geweld in Kakemas

‘n Polisieman van Upington is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy beseer is toe geweld uitgebreek het tydens ‘n protesoptog in Kakamas.

‘n Lid van die Openbare Orde Polisie-eenheid in Upington moes per helikopter na Bloemfontein afgevoer word.

Polisiewoordvoerder Donald Mdhluli sê ongeveer 500 inwoners het Vrydag na hulle plaaslike munisipale kantore van die Kai!Garib munisipaliteit opgeruk.

Hy sê die optog was vreedsaam totdat die gemeenskap by die munisipale kantore uitgevind het dat die munisipale bestuurder nie beskikbaar was om hulle griefskrif te ontvang nie.

Hy het gesê die inwoners het kwaad geword toe hulle uitgevind het dat die munisipale bestuurder nie beskikbaar is nie.

Mdhluli gesê die betogers het probeer om in die kantore met ‘n bakkie in bars toe hulle die polisiebeampte raakgery het. Hy het gesê die saak word nou ondersoek.

3 thoughts on “Polisielid beseer na geweld in Kakemas”

Maak 'n opvolg-bydrae