praag.co.za

Dan Roodt: Beelde: wat volg ná die Kristallnacht?

Written by

in

,

Tydens die Kristallnacht-voorval in Nazi-Duitsland, het skares Duitsers eenvoudig op 9 tot 10 November 1938 Joodse winkels en sinagoges aangeval ná die sluipmoord op Ernst vom Rath, ‘n Duitse diplomaat in Parys, deur die jong Jood Herschel Grynszpan. Geen Afrikaner of blanke het onlangs ‘n sluipmoord gepleeg nie, maar ons beleef tans ons eie Kristallnacht in die vorm van beelde en ander blanke simbole wat aangeval word.

roodt_dan_wikiOor die afgelope paar weke het swart (en wit) radikale besluit dat elke openbare standbeeld van ‘n blanke, sonder aansien des persoons, “aanstoot gee”. Die klompie uitwerpselstrooiende belhamels op die kampus van die Kaapstadse Universiteit geniet elke aspek van Rhodes se imperiale nalatenskap, waaronder Engels en sy finansiële vrygewigheid, maar het dit daarteen dat hy ‘n “wit kolonialis” was.

Robert Mugabe het vandeesweek dié “bevrydingsfilosofie” mooi opgesom toe hy in Soweto gesê het: “I don’t want to see white faces.” Ook nie blanke gelaatstrekke in brons nie.

Skaars is Rhodes se beeld holderstebolder met ‘n hyskraan van die kampus verwyder, of die volgende teiken is Anton van Wouw se manjifieke beeldegroep van Paul Kruger en die Boerekrygers op Kerkplein. Julius Malema se EFF’s, wat openlik Mugabe se antiblanke haat in Suid-Afrika propageer, het die Krugerbeeldegroep met groen verf besmeer. Hulle het ook besluit dat Oom Paul summier van Kerkplein verwyder moet word, waarop Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en ander opgeruk het om by die standbeeld te betoog.

Die land, asook Afrikaners onderling, is lankal verdeel tussen die radikale, kommunistiese faksie en die meer konserwatiewes wat wil sien dat Suid-Afrika min of meer soos voorheen moet aangaan, behalwe dat probleme met elektrisiteit, water en die ekonomie opgelos moet word. Dis nie eintlik Wit teen Swart nie, dis Wit teen Rooi: Mensjewis teen Bolsjewis, net soos in vanmelewe se Moedertjie Rusland rondom 1920. Sedert FW se holderstebolderoorgawe het Joe Slovo van Litaue se Oos-Europese ideologie hom hier tuisgemaak en daarom is ons bestem om al die rampe van die twintigste eeu in daardie wêrelddeel, maar ook in Afrika (Kongo, Mosambiek, Zimbabwe) te herhaal.

As ons dit logies ontleed, dan is dit helder dat die Rooies wil hê dat ons die Zimbabwepaadjie moet loop met grondhervorming en die uiteindelike verdrywing van alle blankes behalwe ‘n paar duisend marxiste, feministe en afrosentriste wat, soos Max du Preez, hulself trots “rasseverraaiers” noem.

Almal sê dat die “politieke temperatuur in die land gestyg het”. Nog ‘n ooreenkoms met Zimbabwe is dat twee swart faksies oor politieke mag baklei, en dan die blankes as sondebokke vir hul onderlinge botsings, ellende, korrupsie en wanbestuur blameer.

Daar heers ‘n gevaarlike gees van défaitisme onder Afrikaners, om van die Engelse nie eens te praat nie. Vandag in Rapport skryf al die meningsvormers soos een man dat ons maar net moet toegee en nogmaals ‘n kompromie behoort aan te gaan. Onder die opskrif, “Wees pragmaties oor beelde” sê Rapport:

“Kom eerder met konstruktiewe voorstelle vir hoe om vorentoe te ­beweeg, wat in sommige gevalle die skuif van kosbare monumente mag insluit.”

Nie net is “vorentoe beweeg” (move forward) ‘n baie ou ANC-slagspreuk nie, maar Rapport laat na om vir ons uit te spel dat ons eintlik “agteruit moet beweeg”, dus moet retireer. “Vat jul beelde en val terug,” is die boodskap. Pretoria en Kerkplein is verowerde gebied, dus hoort Kruger nie meer daar nie.

Die vraag wat ek vir Rapport en al die FW-volgelinge, wat al dertig jaar lank net wil gaan lê voor die toenemende radikalisme van die Rooi faksie, is: “Tot waar moet ons retireer? Tot by Kaap Agulhas se strand en dan maar verder die see in? Of tot by Orania?” Daar word ook die gevaarlike opvatting versprei dat Afrikanergeskiedenis en -kultuur bloot by die Voortrekkermonument of op Orania welkom is; in die res van die land geld die McDonalds-met-Karl-Marx-sous-kultuur. Natuurlik verwelkom beide Orania en die Voortrekkermonument nog manjifieke skeppings in brons soos Van Wouw se Krugerbeelde, wat hulle gratis en verniet met hyskrane en vragmotors afgelaai mag ontvang.

Ons weet egter dat die frase-tjie, “Ons eis” (we demand) van die opgesweepte en werklose jong swart massas steeds harder gaan opklink, al word elke beeld nou in ‘n ondergrondse kelder op Orania geberg en al verander elkeen van ons ons name om nie meer Afrikaans te klink nie.

Het u al daaraan gedink dat ‘n van soos “Botha” of “Van der Merwe” aanstoot gee? My naam is Daniel Francois Roodt, met die ongelukkige afkorting D.F., nes D.F. Malan, wat insgelyks in die visier van die Rooi agitators is. Ek is met ‘n “apartheidsnaam” gedoop, spyt dit my. Moet ek my nou “Rolihlahla Roodt” begin noem om “nie aanstoot te gee nie”? Dis tog belaglik.

Veral nou ná Robert Mugabe se “geskiedkundige” besoek soos dit oral genoem is, is die revolusie besig om momentum te kry. Vandag is dit beelde, môre is dit plase, huise en ander bates. ‘n Amerikaanse vriend het eenmaal vir my gesê: “Julle Afrikaners is dapper mense, maar julle loop die risiko om óf uitgemoor óf net met die klere aan julle lywe uit jul land te ontsnap.” Ek het nie met hom saamgestem nie, omdat ek steeds vertroue in ons mense het dat hulle so ‘n lot sal kan afweer.

Dis nogal interessant om te sien wie skielik uit die niet verskyn om “goeie raad” aan ons te bied te midde van die huidige politieke krisis. Ene Sam J. Basch pleit insgelyks in Rapport vir oorgawe, nogmaals oorgawe, en konstateer:

“Niemand wen in ’n langdurige en uitgebreide konflik nie. Om aan te pas bied veel meer – en wys dat ons deel van ’n langdurige oplossing wil wees.”

Miskien geld dié beginsel vir Europa waar wêreldoorloë geveg en miljoene mekaar doodgemaak het in wat vandag as ‘n “blanke burgeroorlog” bestempel word. Dit was alles sinneloos. In Suid-Afrika het twee, drie dekades van terreur, propaganda en agitasie deur Joe Slovo en sy vrou Ruth First vanuit Londen, maar ook ‘n handjie vol plaaslike marxiste, op baie groot winste vir hulle uitgeloop. Tesame met hul swart marionette, het hulle die hele land en staatsbegroting, tesame met al die openbare maatskappye en munisipaliteite, op ‘n skinkbord van die vuisvoos NP’s ontvang.

Politieke geweld en intimidasie, soos misdaad, is in Suid-Afrika lonend. Sommer baie lonend. In elk geval verteenwoordig die Rooi agitasie rondom standbeelde, wat ook op die linkse webblad Daily Maverick gevoer word, ‘n uitgebreide vorm van intimidasie waarvan die uiteindelike doelwit is om ons sag te maak vir nóg meer radikale maatreëls betreffende eiendom, taal en skole.

Dis vir my onvergeeflik dat Tim du Plessis in Rapport vir Steve en Sunette as van “raserny” beskuldig:

“Om jou in reaksie aan Oom Paul se standbeeld op Kerkplein in Pretoria te gaan vasketting en “Die Stem” te sing, is om raserny met raserny te bestry.

Elders in Rapport beskryf Mondli Makhanya, die adjunkredakteur van City Press, vir Sunette Bridges en Steve Hofmeyr as “ultrarassiste” en “slymerige reptiele”.

As jy Die Stem in ‘n patriotiese gebaar langs Oom Paul op Kerkplein sing, is jy ‘n “ultrarassis” en “ekstremis”. Maar as jy laer af in Kerkstraat soos Ronnie Kasrils en Aboobaker Ismail ‘n motorbom laat afgaan of halssnoermoorde pleeg, dan is jy “redelik”; dis so min of meer wat die hoofstroommedia in dié land vir ons sê!

My vraag aan Tim du Plessis en almal wat in die gees van FW de Klerk meen dat om te retireer eintlik dieselfde beteken as om “vorentoe te beweeg”, is: Tot waar moet ons retireer? Vandag is dit standbeelde, môre is dit ons werke, ondernemings en huise. Waar trek ons die streep? As ‘n bende met rooi T-hemde in jou straat opdaag en jou vrou en dogters opeis, sê jy dan ook “ja”, om konflik te vermy?

Ons weet almal hoe dinge in Afrika werk. As skares eers op loop gaan, is daar soms geen keer aan hulle nie. Veral as die polisie tot dieselfde bevolkingsgroep as die oproeriges behoort. Tydens die Katrina-onluste in New Orleans het een swart vrou wat besig was om ‘n winkel te plunder met groot vreugde uitgeroep: “It must be legal, the police are doing it too!” Vir die oomblik staan die polisie nog onder beheer van die ANC en hou hulle die EFF se Rooihemde oënskynlik in toom, maar wat gebeur as Zuma besluit dat die tyd vir “ware transformasie” nou aangebreek het? Veral na alles wat Kameraad Bob Mugabe vandeesweek in sy oor gefluister het?

Tydens die Kristallnacht het Goebbels blykbaar die opdrag gegee dat die Duitse polisie niks moet doen om Joodse eiendom te beskerm nie. Dit was nie die staat wat Joodse winkels stukkend gegooi het nie; dit het “spontaan” gebeur en “kon nie verhoed word nie”. Net soos wat ons beelde tans “spontaan” deur die EFF of “onbekende jeugdiges” gevandaliseer word. Omdat hy die polisie beheer, hou die ANC al die kaarte in dié spel. Hy kan die “spontane” onlusmakers maar laat begaan, of hy kan hulle so bietjie in toom hou. Intussen predik Rapport, Beeld en die res van die Naspersorgane die boodskap van die Borg in die wetenskapfiksiereeks Star Trek: “Weerstand is futiel.”

Nee, nee en nogmaals nee! As ons voorouers – en veral die onverskrokke Paul Kruger wat menigmaal die dood in die oë gestaar het – daardie mentaliteit sou aangehang het, was ons nie vandag hier nie. Geen Afrikaner sou die negentiende eeu met sy vele plaaslike oorloë en konflikte oorleef het nie.

Ons moet aanvaar dat ons nie in beheer is nie: die ANC, SAKP en ook die EFF, dikteer die pas waarteen die revolusie gaan plaasvind. Dis ‘n totale aanslag op alle gebiede: dit wissel van aanvalle op standbeelde, taaldiskriminasie, regstelling, die wegkalwe van eiendomsreg en selfs hoe ons onsself sien, ons identiteit en ons diepste wese as blankes en Afrikaanssprekendes.

En: moenie glo dis net ‘n klompie jillende rooihemde nie. Agter hulle sit daar bedrewe politieke skaakspelers wat haarfyn dophou hoe ons stukke een vir een afgevat word, net soos wat Rhodes se standbeeld vandeesweek met ‘n hyskraan vanaf die Kaapse skaakbord verwyder is. As die oomblik reg is, gaan hulle naderstaan om ons die doodskoot te gee, of te beveel om die land te verlaat, met die klere aan ons lywe. Of selfs sonder klere, soos baie van die nonne wat ternouernood deur Belgiese skepe op die Kongorivier gered is. ‘n Vlaamse oudskeepskaptein wat ek ken, moes van sy eie klere vir so ‘n non leen. Behalwe dat hulle verkrag is, is van daardie nonne grusaam vermoor en hul lyke uitgestal volgens die oeroue gebruike van Afrika.

Dit is waar dat orde die meeste mense tot voordeel strek. Sommige mense baat egter rojaal by wanorde, veral diegene met kapitaal wat, as mense desperaat van hul grond en goed ontslae raak, alles teen ‘n appel en ‘n ei kan opkoop. Ons sou naïef wees as ons dink dat daar nie mense in Suid-Afrika bestaan vir wie die huidige graad van wanorde nog by verre nie genoeg is nie, en wie se glorierykste oomblik juis gaan aanbreek as daar bloed op straat is.

Joe Slovo, Bram Fischer en die res van die Kommunistiese Party het in Desember 1960, kort nadat die uitslag oor die republikeinse referendum van 5 Oktober bekend geraak het, oorlog teen ons verklaar. Daardie oorlog is steeds aan die gang en1994 was bloot ‘n wapenstilstand. Die uiteindelike doelwit om Suid-Afrika enersyds van blankes te suiwer en andersyds in ‘n Afrososialistiese staat te omskep, staan steeds op die sakelys.

Ons is reeds ver agter in die wedstryd, hoofsaaklik vanweë gebrekkige leierskap en nog gebrekkiger denke. Mense weier eenvoudig om die ooglopende te erken, totdat dit te laat is. So byvoorbeeld het Jaap Marais jare lank voorspel dat die NP aan die ANC gaan oorgee, maar die einste Nasperskoerante het hom as ‘n kranksinnige ekstremis afgemaak, net soos wat hulle vandag met Steve Hofmeyr en Sunette Bridges maak. “So iets sal nooit gebeur nie,” het al die joernaliste geskryf.

Feit is: Jaap Marais was reg en die joernaliste was verkeerd. Wat is fout met sommige Afrikaanse koerantmanne dat hulle altyd vir die vyand skree en téén ons werk? Groter as die probleem van die Rooi ikonoklaste is die verraad in eie geledere, deur mense soos Max du Preez, Adriaan Basson, Hannelie Booyens, Leopold Scholtz en Piet Croucamp.

Ten minste van 1968 af was die ANC ‘n blote front vir die Kommunisteparty. Die oorlog, die “struggle” (ek haat daardie woord), gaan voort, sy dit dan “met ander middele”, om nou vir Von Clausewitz te parafraseer. Sowel Oos-Duitsland as Rusland het egter daarin geslaag om die kommunistiese juk af te werp en weer op hul voete te kom. ‘n Les wat ons by die Russe kan leer, is om jou eie geledere van verraaiers te suiwer. ‘n Volgende keer wil ek oor veral die hedendaagse Afrikanerverraad skryf.

Hoe ons met verraaiers moet handel, weet ek nie. In die dertiger- en veertigerjare is hulle geteer-en-veer. In die aanloop tot die 48-verkiesing is daar tussen Nat en Sap vuisgeslaan.

Op die oomblik woed die oorlog tussen Wit en Rooi veral op die simboliese vlak, rondom standbeelde en name. Selfs op hierdie vlak mag ons nie nou terugstaan nie. As ons wag totdat ons fisiek in ons huise aangeval word, gaan dit te laat wees om te probeer mobiliseer of weerstand te bied.

Trek nou die streep. Neem soveel foto’s en video’s van Oom Paul en elke ander standbeeld of monument, want vir seker gaan sommige van hulle in die slag bly. Dit sal egter beter wees dat ‘n groep jillende Rooihemde die standbeeld op Kerkplein stukkend slaan as wat ons stert-tussen-die-bene vir Oom Paul in ons oorblywende ghetto by die Voortrekkermonument of op Orania huisves. Selfs al verloor ons die stryd rondom die beelde, sal ons ons selfrespek behou, want ons sal wéét dat ons nie sommer gaan lê het nie.

Diegene wat die moed of geneigdheid het, moet openlik of sigbaar weerstand bied in dié allerbelangrike simboliese stryd wat tans woed. Daar is egter ook Mao se beginsel van die “vis in die water”. Die meerderheid Afrikaners is vandag teen dié stelsel gekant. Hoewel hulle niks doen om dit te verander nie, sal hulle ook nie diegene wat daarteen opstaan, probeer keer nie. Dis nou behalwe ‘n handjie vol verraaiers wat hoofsaaklik in die media en by Naspers werksaam is. Daarom kan ons wat visse is, begin swem.

Dog op die mees alledaagse vlak moet ons begin om oral waar ons kan ‘n stok in die wiel te steek. Die e-tol-affêre is ‘n goeie voorbeeld. Van my mees voorbeeldige familielede en vriende is besig om openlik rebels oor e-tol te raak en weier om te betaal, selfs al word hulle met die hof gedreig. Moet ook nie meer jou TV-lisensie betaal nie, want dié geld gaan net om fanatici soos Piet Croucamp lugtyd te gee. Beïnvloed ook mense rondom jou om hul lamsakkige houding te laat vaar en bietjie ruggraat te kry. Boikot, weerhou betalings en doen wat jy kan. My liewe hemel, ons het hoofsaaklik vir die Amerikaners se geopolitiek bloed gestort in Angola, maar ons kan nie eens om ons volk te red ‘n paar straatname gaan doodverf of ‘n paar van hulle afskuwelike standbeelde ‘n bietjie van hul eie medisyne gaan gee nie! Gebruik net oranje, nie rooi of groen nie. Oranje is nie net die kleur van die Nederlandse sokkerspan nie; dis ‘n koninklike kleur wat nog altyd deur ons Afrikaners gebruik is.

Anders as Slovo, Mandela en die ander “helde”, was ons nog nooit ekstremiste wat onskuldige mense doodgemaak of terreur gepleeg het nie. Die afgelope twintig jaar is hierdie land egter bietjie vir bietjie op ‘n ekstremistiese “tweede revolusie” voorberei. As jy dít nie kan insien nie, dan is jy soos daardie Zimbabwiese boere wat in 1998 nog vir die TLU kom vertel het hoe lekker werk grondhervorming.

Dis nog nie tyd vir blikkieskos en sakke rys opgaar nie, maar ek sou sê jy moet sorg dat jy wapens en ammunisie in jou huis het om jou gesin mee te beskerm indien die ergste sou gebeur. Wêreldwyd bestee regerings miljarde aan wapens vir oorloë wat nooit plaasvind nie, bloot as ‘n voorsorgmaatreël.

Tref voorsorg en skep jou eie ondersteuningsnetwerk van bure, familie en vriende. Teken ook in op die PRAAG-nuusbrief, deur hier te klik (dit neem minder as 30 sekondes). Jy kan my ook persoonlik kontak by dan[by]praag.org as jy iets op die hart het. Volg my ook op Twitter en Facebook of “hou van” die PRAAG-Facebookblad.

Ek was destyds saam met Max Price, die rektor van die Kaapstadse Universiteit, op die studenteraad van Wits. Om te sien hoe hy en al die vermetele, linkse Engelse professore voor ‘n paar oproerige swart studente rondom die Rhodes-standbeeld kapituleer, het my oortuig dat die Engelse liberale, al beheer hulle nog die DA, nie meer ‘n faktor is nie. Hulle het met 189 teen 1 gestem om van hulle glorieryke Engelse standbeeld afstand te doen. Ek wonder wie was die een? Seker ‘n Afrikaner. Hulle lyk egter vir my baie bang, want hulle kom nou voor die ou waarheid te staan: die revolusie verorber altyd sy kinders.

Ek weet nie hoe u voel nie, liewe leser, maar ek wil nie deur die revolusie opgevreet word nie. Ek wil ook nie as vlugteling my vaderland hoef te verlaat nie. Waarheen? As die koms van blankes na die land dan ‘n fout was, soos wat Jacob Zuma met sy Jan van Riebeeck-opmerking gesê het, dan was Amerika, Kanada, Australië en die hele Suid-Amerika ook ‘n fout.

Ons moenie toelaat dat ons langer gebreinspoel en geïntimideer word nie, nóg deur ons vyande, nóg deur die Verraaierkaners.

Ons het ‘n reg om hier te wees. Ons het ‘n reg op standbeelde. Kom ons veg daarvoor.

 

 

 

 

 

Comments

35 responses to “Dan Roodt: Beelde: wat volg ná die Kristallnacht?”

  1. Dan Roodt Avatar

    Terloops, onthou iemand nog dié, Beyers Naudé-monumentjie in Johannesburg, so ‘n klompie jare gelede? Was destyds op Beeld se voorblad as ek reg onthou.

    1. G Avatar
      G

      Ja ek onthou dit goed, dr Roodt. En is dit nou nie interessant nie want toe is die verwers as ektremiste uitgemaak. Nou is die anti-wit verwers “redelik” en ons moet aanpas.

    2. Dolk Avatar
      Dolk

      Dankie vir u puik skrywes Dr. Roodt. Mag daardie woorde van u op vrugbare grond bly val… Ons opregte waardering aan elkeen van u “agter die skerms.”

      Waar is die straatname orals verander? Is dit nie ook orals in blanke gebiede – op ons eie geboue nie?! Wie gee die Afrikaan die reg om te eis wat nie aan hom behoort nie? Ek gaan waaragtig my kant bring vir ons teen-rebellie… Net more gaan ek DV oranje verf koop en gaan ek begin om veranderde straatname toe te verf.

      Dis soos bloed teen kosyne… Waar dit verskyn – mag die adderlike bose geeste sidder wanneer hulle daar verby gly… Wanneer dit begin, mag dit nie stop nie…

      Selfs hoofpaaie, dorpname, geboue moet ook geteiken word. Laat hulle hul eie statte, strate en pondokke bou en dit na hul voorvaders vernoem – weereens plaas die Afrikaan al dekades lank sy poot-afdruk op goed wat hy nie gemaak het nie! Nou breek hy af wat hy nie kan hernoem nie? Dis ‘n gruwel! Hoe meer dit gaan doen hoe moeiliker gaan hulle ons stuit.

      Ons moet, ek sal ook nou uitgaan soos ‘n dief in die nag… Ek sien dit as die eerste motreëns vir ons volk… Die skrif is teen die muur…. As elkeen wie die moed van oortuiging het dit so doen dat hulle nie gevang word nie, gaan die poppe vurig begin dans. En sou hulle gevang word sal daardie persoon ‘n spreekbuis raak… Die tyd is hier om terug te neem – wat nogsteeds ons s’n is.

      Met elke streep oranje verf eis ons wat ons s’n is terug! Ons volk het die boeke geskryf – nie die Afrikane nie! Los ons skrif en kuns uit!

      Vriendelike groete en seën vir u en u familie.

      NS Meer sal ek nie oor wat aan die kant gedoen word skryf nie – want ons word met adder ogies dopgehou… Ek sal foto’s daarvan neem. Nie om te spog nie, maar as ‘n getuie. Dis sal nie direk geplaas word nie. Argief materiaal…

      Glo dit of nie… Ek het presies drie dae terug vir my kinders gesê – mag my familie my onthou as ‘n man wie sy man gestaan het en met moed my oortuigings uitgelewe het – nie as ‘n lafaard wie agter stilbly en toegee geskuil het sodat ander oor hulle, my volk of ek as mens loop nie!

      1. Kaylee van Yken Avatar
        Kaylee van Yken

        Puik idee – “fight fire with fire”. ‘n Geheim is nie n geheim as meer as een daarvan weet nie.

        Jou laaste paragraaf – goed afgesluit.

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Slegs die persoon waar hy/sy bly moet weet wat gedaan is of gedoen gaan word, was. Ek stem volkome saam.

          Die tyd het aangebreek – slegs tik by Praag is verby…

          Oor die slot… ‘n Dapper persoon is nie een wat nie bang of dwaas is nie – dis ‘n persoon wie ten spyte van sy/haar vrese opstaan, wetende wat moontlik vir hom of haar kan wag… Dit maak mens nie ‘n martelaar nie – dit hys ‘n geestelike vlag… Ek gaan nie alleen nie…

          1. Sjert Avatar
            Sjert

            hehehe

            Sien dat jou uitveër hard aan die werk is…

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Wat moet ek jou gee uit 10 vir insig en wysheid? ‘n Nul?!

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            Laat ek iets byvoeg… Ek weet wat dit is om saam met iemand, ‘n “Buddy” op barbare te skiet… Dat hy my blinde skootvak dek en ek syne… Mekaar se hoeders tot die dood toe…

            Dis nie wat ‘n verraaier “buddy” doen gedurende ‘n skermutseling nie… Dis wat hy nie doen, wat van hom ‘n veragtelike verraaier maak. Hy hou op skiet na die vyand… Sodat sy makkers kan sterf… Wee ons van daardie soort Judas Iskariot’s!

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            Waar is die manne van ons volk, wanneer swaarde, byle en dolke geslyp word?! Mag hulle wie wegsluip van ons Volk se Godgegewe stryd kinderloos omkom.

            Dis een ding om te swyg omdat jy beangs is – dis iets heel anders om beangs, jou van aktiewe weerstand te weerhou – wanneer jy weet dat jy ‘n verskil gaan maak…

          5. jan Avatar
            jan

            Jy skiet net gedurig op jou eie mense.
            Jy’t ‘n agenda wat net jouself pas. Ons ken julle.

          6. Dolk Avatar
            Dolk

            Of jy hallusineer of jy verwar my nog al die pad met iemand anders! Ek was in my lewe nog nooit in Engeland nie!

          7. Sjert Avatar
            Sjert

            Inderdaad Jan.
            Uiteindelik is daar nie verskil tussen ‘n leë blik, ‘n agent provocateur, ‘n trol en al die variasies van daai tipe gogga’s nie.

          8. Dolk Avatar
            Dolk

            Beide julle is ewe belaglik. (Indien nie dieselfde persoon nie.) Ek hoop dat Praag bestuur julle ogies sal oopmaak…

          9. Dolk Avatar
            Dolk

            Aan Rooikop; waarom deel jy sy sentiment?

    3. Dolk Avatar
      Dolk

      Weet u wat my verskriklik ontstel – walg Dr. Roodt? Hoe mense hulle van mens distansieer – sou mens proaktief en met opregte patriotisme reageer… Soos my moeder ons gewaarsku het: Wee die sugtende rusbank-gelowiges, want hulle sal vasgenael voor hul tv’s in vlamme opgaan…

  2. leonlemmer Avatar
    leonlemmer

    Dan, ek onderskryf jou standpunt. Die monumenteprojek pas die gepeupel, want hulle het die natuurlike vermoe om af te breek. Om op te bou, is vir hulle te moeilik.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Om af te breek is vir hulle soos om opbou. ‘n Barbaar is soos ‘n dooie tor – jy kry hulle selfs in toe brandkluise… Hul natuur gun hulle nie die rus – soos wat die blankes in hul beskawing ervaar nie. Sy rus vind hy wanneer hy sonder ‘n leer aan sy dak kan werk en ‘n klip verder as wat sy lande bewerk is kan gooi.

      Het iemand al afgekom op ‘n begraafplaas van hulle- waar duisende jare se grafte versamel lê? Of gebruik die volgende geslag die vorige geslag se bene, om kole gelyk te krap…?

  3. FR2P Avatar
    FR2P

    There is no such thing as an interracial fabric of society. It is looting where-ever you can and it won’t be different in ten years time.

  4. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Daar was al hier geskryf oor Naspers en SAB se aandeel in die onderwerping van Afrikaners aan die reenboognasie. Altwee hierdie maatskappye staan nou vet en dik in die buiteland sonder om terug te ploeg as te ware. Sonder hulle breinspoeling sou dinge waarskynlik nie so ver gevorder het nie. Mens kan miskien aflei dat die kristalnag lank gelede plassgevind het. Wat ook waar is, is dat die algemene wit kieser en buitelandse besoeker nou besef dat die huidige bestel onveilig is. Maw. Mens kan nou met reg na die ANC aliansie en DA verwys as die “regime”. Soos een swart kommentator op twitter verwys het, dis nie net die 5000 Afrikaners wat beswaar maak nie, maar meeste wittes en ‘n minderheid swartes. Maar dat die progressiewe huigelaars nou ‘n boodskap moet kry, is nie altemit nie.

    1. jan Avatar
      jan

      Waaroor gaan DA se vergadering vandag?
      Zille lyk op pad uit – word bespiegel. ??

      Die tradisionele vyand van die Afrikaner was van die begin af die Ingelse Vrymesselaars. Die argitekte van apartheid en rassisme en ABO.- vanuit ‘n slegs blanke mans geheime broederskap Baal kultus.. Party probeer steeds van Ingeland af die kitaar hier slaan met rassisme en swart haat – soor tvan blaf vir hul eie braaksel.

      Ontsaglik groot wat nou gebeur ; dat die onaantasbares se heiligdomme en afgode , idole en ikone hul regmatige plek inneem – naamlik die ‘ doods akker van die vreemdes’ gekoop met bloedgeld.

      Ek sien bevryding op die horison van hierdie diaboliese tirannie van die status quo sedert 100 jaar al.

      Orania sal die verlede eer maar vir die toekoms werk want daar is lewe.- Hou julle beelde maar gee ons eerder julle harte en hande.

      1. G Avatar
        G

        Daar is geen lewe in Orania nie. Dis ‘n weerligafleier vir die NP en Solidariteit. Orania glo dat Suid-Afrika moet ophou bestaan. Dit is grondig vyandig teenoor die meerderheid Afrikaners in Pretoria met ‘n doel.

        1. jan Avatar
          jan

          Kry dan julle gatte in rat en kry lewe daar waar jy sit en kerm oor die spoke in jou kop in Pretoria .
          Orania is geen bedreiging vir enigeen nie – ons ken beter as julle die verskil tussen bemark beveg en bevark en ons konsentreer slegs op bemarking.
          Dis ook nie ‘n ontvlugtings oord vir die anti-sosiale wit macho’s wat reeds na Ingeland gevlug het vir hul lewe nie.
          Orania bemark kantonne van volkseie arbeid waarna Europa ook nou ernstig kyk.
          Volkome wettig.en voorspoedig

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Orania laat my dink aan die goue kalf van ouds…Hoe nutteloos het manna en kwartels vir julle geword… Staan op, neem jou self-geheiligde afgod op en loop jou woestyn – al spoggende in…

          2. jan Avatar
            jan

            En dis ‘n Dolk wat Verwoerd vermoor het – Het jy Praag vanaf Ingeland gekaap? Saboteer?
            Judas Iskariot die buikspreker. Hmm?

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            Jou kop raas!

  5. Guest Avatar
    Guest

    As I stated earlier this latest episode against whites is simply a continuation of ‘Operation Mayibuye’. It was drafted by Arthur Goldreich. When he was captured by the South African Police at Rivonia, Goldreich managed to bribe his way out of prison.

    “During the trial, Goldreich was referred to by Nelson Mandela and other defendants as a military expert who served as an officer in the Israeli war for independence.. Goldreich’s plan was modeled on the guerrilla strategy of the Chinese Communists.. Goldreich’s notebook shows constant preoccupation with the practical details of revolutionary war. He goes into the types of explosives and fuses needed and their characteristics…’ (Traitors’ End: The Rise and Fall of the Communist Movement in Southern Africa by Nathaniel Weyl (Arlington House, USA, 1970). pp124, 127-8).

    1. david ras Avatar
      david ras

      At last someone who understands the role and significance of “operation mayebuye” ! Of course MAYEBUYE is still continuing. Read Gerard Ludi’s book “the amazing mr Fisher”.and his first hand experience of the ANC/SACP.
      In the documentation of this operation is this frightening statement—“in this phase of our guerrilla (operations) ……SHAMELESSLY ATTACK THE WEAK, AND SHAMELESSLY FLEE FROM THE STRONG.
      Ludi repeats this phrase in the first page of his book “the communistisation of the ANC.
      This phrase should paint the background tot the perpetual brutal attacks on the elderly, women and children. The ANC ‘s 1960 revolution has not stopped–it carries on unabatedly.

      1. Sjert Avatar
        Sjert

        Gerard Ludi se eerstehandse kennis en insigte oor die SAKP se werksaamhede en taktieke is steeds van die nuttigste handleidings wat beskikbaar is.
        Jammer dat die trutte wat ons toekoms by Kemptonpark sonder slag weg gegee het, nie die man se kennis gebruik het nie.
        Die teendeel is waar. Hy is onder die g.t geskop.

  6. Riempies Avatar
    Riempies

    Rhodesië was nie so n sterk land soos Suid Afrika nie, Mugabe
    het Suid Afrika gehad om hom aan die gang te hou – Wie gaan Suid Afrika dra as
    die blankes weg is? Die swart regering is klaar bederf met alles wat in hulle
    skote geval het – en ek dink hulle gaan baie goed dink voor hulle van al die
    blankes ontslae wil raak en dit sluit Malema in as hy die dag sy byniere
    ruskans gee en gaan sit en dink. Swartes kan absoluut niks instand hou of
    welvaart skep en instand hou nie. Ek dink by die tyd weet hulle dit al baie
    goed. Mugabe het baie gou n diktator geword en net die weermag onderhou om hom
    in sy posisie te hou – ek betwyfel dit sterk of al die swartes wat nou n
    uitstaande verdienste verdien – om nie eens al die hooggeplaaste regeringslui
    te noem nie – sommer genoë daarmee gaan neem dat hulle nou moet terug gaan na
    armoede en ellende. Die eerste ding wat gaan gly is buitelandse beleggings –
    tweede is die sagte vrugte bedryf wat gaan gly, voedsel gaan n wesenlike
    probleem word en binne 3 jaar is Suid Afrika gelyk met die grond. Ek is bly dat
    ek nie in die ANC se skoene staan nie want watterkant hulle ookal na kyk is dit
    net nag vir hulle of hulle gaan onder deur hulle eie mense of hulle gaan onder
    deur die buiteland wat hulle pond vleis sal eis vir hulp. EN die blankes is ook
    moeg vir hulle barbaristiese magsmisbruik, vernielsug, kriminaliteit en
    moordadigheid.

    1. FR2P Avatar
      FR2P

      We clearly suffer from America’s feter oris, an extremely unpleasant odor present on its exhaled ideology and support population in Jewburg and Claptown. The Soviets tried economic egalitarianism (“class struggle”), and the Americans racial egalitarianism (“anti-racism”) and both will commit suicide because of it, which is fine. IN SA unfortunately we have both the class struggle as well as racial egalitarianism. How did both Czarist Russia and Constitutionalist USA become Marxist? The same way SA did. The mentioned entities were hijacked by the same stupid minority who pretend to be “moral”. Hopefully they’ll meet the same end as Melville Edelstein did.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Gelukkig was ek nog nooit so naby hulle dat hulle “feter oris” kon waarneem nie
        – ek sal waarskynlik morsdood neerslaan. Die enkele Afrikaners wat hulle
        dienste/kennis aan die ANC verkoop doe dit teen n heel lonende tarief.

        Dit is hierdie verveelde huisvroutjies wat hulle so tendoelstel om hulle kennis en beskawing oor te dra liewer aan die agtergeblewe volkies en bo-oor hulle eie blanke kindertjies in die plakkerskampte te kyk – dit is hulle wat moet kry wat hulle verdien. Dan word die stadig van begrip Afrikaners gemelk vir finanasiële ondersteuning terwyl talle blanke kinders honger gaan slaap. En die dame in beheer se Christenskap volgens haar neem elkedag toe.

        https://www.google.co.za/webhp?sourceid=chrome-instant&rlz=1C1TEUA_enZA569ZA635&ion=1&espv=2&ie=UTF-8#q=www.tsarfat.so.za

  7. FR2P Avatar
    FR2P

    Watch the desperate Dutch population of Rotterdam, hours after the Israeli sponsored killing of Pim Fortuyn in 2002. Pim was replaced by Israeli stooge Geert Wilders. https://www.youtube.com/watch?v=kYV0hz4dquE

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Daardie stuk slakskuim en mede slakke by +-3:12 in die video… Helaas, Nederland het egter nie ‘n breukdeel van ‘n titseltjie beleef, wat ons beleef nie….

  8. Jared van Niekerk Avatar
    Jared van Niekerk

    Gister kondig Zille aan dat sy gaan bedank, ten gunste van Mmusi Maimane. (Moesie: ‘n Donker groeisel op ‘n wit vel…..)

    Van nou af gaan die DA ook dus toenemend en al hoe vinniger verswart, en toenemend doof word vir enige blanke belange.

Leave a Reply