Die Universiteit van Kaapstad sê die verwydering van die standbeeld van Cecil John Rhodes is ‘n “belangrike mylpaal in die transformasie van die land se tersiëre instellings”.
Die Universiteitsraad het gister eenparig besluit dat die standbeeld om vyfuur vanmiddag verskuif moet word. Die standbeeld sal na ‘n plek van veilige bewaring geneem word.
Die Wes-Kaapse Erfenisraad sal die finale besluit oor die standbeeld se lot neem.
Gisteraand se raadsvergadering is meer as ‘n uur lank ontwrig nadat van die studente die saal binnegestorm het waar die vergadering gehou is en geëis het dat hulle dit as waarnemers bywoon.
Die Raad het geweier om dit toe te laat en was op die punt om te verdaag sonder ‘n finale besluit oor die standbeeld, maar die studente het hulle verhinder om die vertrek te verlaat.
Die dooiepunt is eers opgelos nadat die studente padgegee en die Raad toe sy werk kon afhandel.
Koning George V is verlede maand die menslike ontlasting gespaar wat die Rhodes-beeld getref het, maar ‘n standbeeld van hom in Durban is met wit verf getakel en daarna bepleister met plakkate.
Swart studente eis ‘n einde aan wit voorreg aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.
‘n Verteenwoordiger van die SA Studente Kongres sê die skending sal voortgaan totdat die standbeeld verwyder word.

“Swart studente eis ‘n einde aan wit voorreg aan die Universiteit van KwaZulu-Natal”. As die wit nie die universiteit gebou het nie, dan het julle nie ‘n universiteit in KZN gehad nie! Kom ons trek ‘n Afrika truuk op die swartes. Ons brand die universiteitgeboue af.
Sjoe, Rhodes is darem baie in die nuus vir ‘n man wat al 113 jaar lank dood is!
Rhodesian Ridgebacks … dra ook eintlik die man se naam. (Ek besef dat die honde na die land Rhodesië vernoem is, en nie na Cecil John Rhodes homself nie.)
Vandag is daar ‘n Rhodesian Ridgeback, maar geen meer Rhodesië nie … dis Zimbabwe! Dus ‘n hond sonder ‘n land.
Ek dink die Afrikaner is amper in dieselfde posisie.
Lees meer oor honderasse http://priceonomics.com/endangered-dog-breeds-and-the-market-forces-behind/
‘n paar aanhalings uit bg. skakel
Dog breed extinction is a special kind of extinction. In some ways it’s
more similar to a language going extinct than a species. When wild
animals go extinct, it’s often do to the disappearance destruction of
their natural habitat. A domestic dogs’ natural habitat is human society.
One such dog is the turnspit. Tiny and industrious, turnspits were “essential”
to any large 16th Century British kitchen. They were bred to run in a
hamster wheel, which was connected by a system of gears or pulleys to
the axle of a spit-roast over a fire. The dog ran and ran, and the roast
gently rotated, to cook evenly on all sides:
“Turnspit dogs were viewed as kitchen utensils, as pieces of machinery rather
than as dogs,” says [author Jan] Bondeson. “The roar of the fire. The
clanking of the spit. The patter from the little dog’s feet. The wheels
were put up quite high on the wall, far from the fire in order for the
dogs not to overheat and faint.”
Baie dankie RR – ek volg die skakel more op en sal terug rapporteer. Intusen, geseende nagrus en stertswaai groete hier uit Transvaal.