Slagting in hospitale

Mense wat sterf nadat verkeerde medikasie gegee is, pasiënte wat in linnekamers “vergeet word” en verkeerde diagnoses is maar net ‘n paar van die bewerings wat familielede die afgelope tyd gemaak het. Vra hulle vrae, “word dit onder die mat ingevee en daarvan vergeet!”

Deur die jare is vele klagtes aan hospitale en die departement gerig met beloftes dat “dit ondersoek sal word.” Daar is egter in die meeste gevalle nie antwoorde aan die families verskaf nie en is dit vir hulle tot vandag toe nog moeilik om berusting te kry.

Net in die laaste paar weke en dae is skokkende verhale vertel.

• Mnr. Coenraad Janse van Rensburg is op 1 Februarie dood na gereelde opnames in die Middelburg Hospitaal vir ‘n kroniese longkwaal.

Die familie glo die hospitaal was nalatig om hom met penisillien, ‘n medikasie waarvoor hy allergies was, te behandel.

• In die week van 27 Februarie berig die Observer van leraarsvrou, me. Antionette Swanepoel (29), wat etlike maande vantevore by die dood omgedraai het omdat sy vir sowat ‘n week in die Middelburg Hospitaal behandel is vir ‘n sist op haar eierstok, maar haar blindederm eintlik gebars het. Vele operasies en duisende rande se hospitaalrekeninge later, omdat hulle na die Life Midmed Hospitaal moes gaan vir behandeling, het nie net fisiese nie, maar ook emosionele merke op die gesin gelaat.

• Verlede week is ‘n sewejarige seuntjie van Dullstroom dood, nadat hy vir ‘n skopplek op sy been behandel moes word. Sy familie wil nie sy naam in die koerant genoem hê nie en was te emosioneel om sake verder te voer oor gebeure in die Belfast en Middelburg Hospitale. Die kind is Saterdag begrawe en hulle het daarteen besluit om die kind te laat opgrawe vir ‘n geregtelike doodsondersoek.

Daar is betroubaar verneem dat die kind na die Middelburg Hospitaal gestuur is vir X-strale, maar dat hulle hom teruggestuur het met die woorde “dat daar niks verkeerd is met hom nie.”

Vrae word gevra oor wat uiteindelik tot sy dood gelei het en die feit dat dokters van Belfast nie ‘n lykskouing of geregtelike doodsondersoek aangevra het nie.

Hierdie week het twee families die koerant gebel en gevra wat hulle moet doen, want hulle het honderde vrae na die dood van hul geliefdes.

• Me. Annah Mokoena se emosionele familie was uiters geskok oor die gebeure by die Middelburg Hospitaal tot en met haar afsterwe Vrydag. Daar is onder andere beweer dat hulle haar in haar uiters siek toestand in die linnekamer van die hospitaal gekry het.

• In die jongste voorval is mnr. Johan Duminey (64) Saterdag in die vroeë oggendure dood. Sy seun, Tommie, het emosioneel geraak as hy gepraat het oor die behandeling in die Middelburg- en Witbank Hospitale.

Daar word onder meer beweer dat hulle vir hom gesê het dat hulle sy pa vir een siekte behandel het, maar op sy pa se doktersbrief iets anders gesê het.

Hy sê by die Witbank Hospitaal het personeel gesê dat hulle hul eie toetse gaan doen nadat ‘n Middelburgse dokter ‘n Afrikaanse verslag, wat aangedui het dat mnr. Duminey dadelik geopereer moet word, geskryf het en hulle dit nie kon verstaan nie. Hy beweer verder dat ‘n Afrikaanse suster ook geweier het om dit te vertaal. Die operasie is eers om 23:00 gedoen en het sy pa in die vroeë oggendure gesterf.

“Ek is buite myself. Ek wil nie moeilikheid maak nie, maar my pa, wat ‘n gesonde man was wat nog gewerk het, het gesterf!”

• In die verlede was die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Hospitaal, mnr. Philemon Letlalo, altyd bereid om met die koerant te praat en hul kant van die saak te stel.

Die nuwe hoof uitvoerende beampte, mnr. Patrick Masubuko, wou nie eers hoor waaroor die klagtes gaan nie. Hy het joernaliste aggressief kortgeknip en gesê hulle moet met die provinsiale hoof van kommunikasie, Dumisani Malamule, bel en praat oor die klagtes.

Die Departement van Gesondheid se kantore is gebel, aangesien mnr. Malamule nie dadelik in die hande gekry kon word nie.

Die ontvangsdame was nie seker met wie die joernalis moet praat nie en het in haar kantoor rondgevra.

Hierna is die koerant van bakboord na stuurboord gestuur. Nie een van die persone wie se name gegee is, was beskikbaar nie.

Toe ons uiteindelik mnr. Malamule in die hande kry, kon hy nie dadelik help nie en net gevra dat die joernalis ‘n e-pos met die klagtes stuur aangesien hy “in ‘n vergadering is.”

•Teen druktyd is daar nog nie gereageer op die klagtes nie.

Bron: Middelburg Observer

8 thoughts on “Slagting in hospitale”

  1. Voor die verskille tussen wit
    en swart mense nie erken word nie sal dit nooit beter gaan in ons land nie.
    Swartmense is nie natuurlike ingestelde verpleërs dokters tandartse nooddienste
    veeartse witmense is wel natuurlik instaat tot hierdie beroepe en disiplines.
    Daar is ander kwaliteite waarin swartmense wel uitblink dit sal hulle beter
    weet as ek.

    Ek plaas my mening op
    waarneming die afgelope 3 maande. 3 maande terug was daar by n privaat
    hospitaal (teen astromiese tariewe) gedeeltelik blank en gedeeltelik swart
    verpleegsters die versorging wat absoluut puik – 3 maande later in die selfde
    hospitaal net swart verpleegsters met blanke susters in beheer – kos word by
    pasiente wat nie self kon eet nie neergesit en weg gevat sonder dat hulle n skeppie
    kos in hulle liggame gekry het – geen vloeistof soos tee of water of sappies
    word aan hierdie arme pasiente gegee nie dit was in n tweebed kamer hoe dit op
    die ander sale in die hospitaal gegaan het – weet ek nie. Oor tandeborsel en
    gesig was of bad wil ek nie eens praat nie.

    My raad aan mense met van
    hulle mense in die hospitale moet maar self begin sorg vir hulle mense my
    ervaring is dat swart mense nie van nature higieniese sorgsame mense is nie. EN
    dit is in n privaat hospitaal – hoe dit in die ANC afgeneemde hospitale lyk sidder
    ek om aan te dink.

    1. Riempies met die inligting wat jy nou hier bekend gemaak het kan ek jou mee ondersteun.
      Ek het n vriend gehad wat nou bietjie meer as ‘n jaar gelede oorlede is as gevolg van daardie dodelikke kiem of bakterie besmetting wat hy gekry het in die operasieteater van so ‘n hospitaal.
      Hy het my ook vertel van ander insidente wat ek nou maar hier oor wil swyg, maar dit is gladnie goed nie.
      “Waar wend ek my, waar vlug ek heen”.

          1. Ag Andy ons moet darem waak teen veralgemening tov staatshospitale.
            Ja dit gaan beslis nie ooralster goed nie en ook nie ooralster sleg nie.want ek het al van verstommende prestasies verneem in sekere staats hospitale. Pelonomie in Bfn seker die ergste agv tipiese politieke gafb= geen ambisie en f* belangstelling [ Nafi =No ambition and f* interest]
            Maar bv Kimberley Hospitaal doen uitstekend goed.. Selfs my ou AWB vriende wat met swart gemoedere gegaan het het teruggekom met ‘n yslike wond en nuwe Kubaanse dokters- vriend. Die Kubane is verstommende goeie dokters op hul spesialisveld. Roomse Christene hoor !

            Tot 5 dokters kyk na een pasient. oom Willie was sooo in sy skik met sy sorg behalwe die kos natuurlik – en hy wou vooraf die stuipe kry toe hy moes gaan met sy hartaanval.
            Alles kosteloos hoor.!!
            Mediese sorg is ‘n sekondêre nyweheid.
            Die dorpie is gestig met pensioengeld.
            Orania benodig egter nou gesonde jonger mense wat kan werk.dat dit bars.
            Orania het gelukkig nou ‘n inwonende privaat dokter en kostelose dienste van staatsdokters en verpleegsters vir staatspasiente.
            En dit gaan baie goed dankie.

          2. Ek hoor jou Jan, en is ook bewus van sekere mooi gevalle, maar hulle is ook maar aan die min kant.
            War Orania betref is ek baie opgewonde oor. Na sekere insidente die afgelope paar maande mag daar dalk tog ‘n klomp jong mense invloei na Orania toe. Wie Weet.

  2. In die Naaste-Pers 24 uur Waarheid is die berig dat ‘n Kongolese dokter met 2 kondome EEN van sy MIV pasiente onder ge-besoek het op sy ondersoekbank in die spreekkamer.

    Hy reken sy het gesmeek vir diens en nou kla sy oor sy swak diens en prosedeer teen hom.

    Hy meen hy is immers professioneel en oordentlik want hy gebruik TWEE kondome en diens slegs op die ondersoekbank van die hospitaal

    Diensmeisies en diensknegte hmm?

Maak 'n opvolg-bydrae