De Lille, Ramaphosa hits mekaar aan om wit rassiste te jag

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille het adjunkpresident Cyril Ramaphosa uitgedaag om bewyse van beweerde rassisme in Kaapstad vir haar te stuur.

De Lille het in ‘n ope brief aan Ramaphosa gevra om die bewerings, wat hy in die parlement gemaak het, met feite te staaf. Hy het na wat berig word verwys na voorvalle waar swartmense sleg behandel is in restaurante, verhoed is om by sommige hotelle tuis te gaan en ook geweier is om sommige woonstelle in die Wes-Kaap te huur.

Ramaphosa het ‘n beroep op die DA-leierskap gedoen om die inisiatief te neem om die land van die “kanker van rassisme en xenofobie” te bevry.

Hy het gereageer op ‘n vraag in die Nasionale Vergadering Woensdagmiddag oor wat die regering doen om korrupsie uit te roei, toe hy die onderwerp na xenofobie in die Wes-Kaap verander het.

“As daar ‘n restaurant is wat bekend is in die Wes-Kaap, want daar is baie [van hulle] hier, waar swart mense nie goed behandel word nie, moet dit die leierskap van die Wes-Kaap wees wat sê: ‘Dit word nie toegelaat nie” en [sulke restaurante] moet nie in Suid-Afrika toegelaat word nie.”

Dit is nie seker hoe restaurante met korrupsie verband hou nie, behalwe dat swart staatsamptenare dikwels rojaal met belastingbetalers se geld uiteet.

“Ek het vriende wat wou plekke bespreek in hotelle in die Wes-Kaap en toe hulle hul vanne uitgespreek en dit blyk swart te wees, is hulle weggewys. Ek het jong mense wat probeer woonstelle te huur in die Wes-Kaap en wanneer hulle hoor hulle is swart, word hulle onmiddellik weggewys.”

Kaapstad en Durban is berug daarvoor dat hulle op soortgelyke wyse ook teen wit Afrikaanssprekendes diskrimineer, maar klaarblyklik is Ramaphosa en De Lille nie bewus hiervan nie.

De Lille het gesê rassisme word te maklik ‘n politieke speelbal in die land maar nogtans dadelike gehoor gegee aan Ramaphosa se oproep en ‘n “teen-rassisme” veldtog van stapel gestuur.

Sy het nie kommentaar gelewer op die rassistiese uitlatings teen wittes by die Universiteit van Kaapstad nie.

3 thoughts on “De Lille, Ramaphosa hits mekaar aan om wit rassiste te jag”

  1. Jip trek die aandag af van die land wat opvrot asgevolg van
    onbekwaamheid en maak rusie oor restaurante terwyl die oorgrotermeerderheid van
    hulle stemvee in hongerte en ellende leef en sterf. Wie eet in elkgeval nog
    sommer enige plek uit met die BEE stelsel – laat die swartes alleen uiteet en
    waar hulle kos deur hulle eie mense gemaak word en hulle bedien word deur hulle
    eie mense volgens die BEE stelsel. Ek maak my eie kos wat ek eet, want my neus
    pla my nooit nie.

  2. natuurlik is die Weskaap, volgens Sierral, rassisties, die kommunistiese leier in die Wes Kaap is WIT.
    en ek dink nie Lilly is te White nie…….. So!! Eintlik as ek dit so opsom is Sierral se uitlatings eintlik Xenofobies….

Maak 'n opvolg-bydrae