ʼn Reusegrondeis is in die noorde en ooste van Pretoria ingestel. Die eis van Victor Lekhulene is reeds op Vrydag 6 Februarie in die Staatskoerant gepubliseer. Die grondeis betrek nege plase en sluit onder andere in – die gebied vanaf die Cullinan /KwaMhlanga-kruising tot wes van die Zambezi Mall, Derdepoort, Mamelodi, Koedoespoort, Laerskool Die Poort, verskeie kerke, die Derdepark-winkelsentrum, asook die Duitse Skool in die Wilgers. Groot dele van die oostelike Moot, die Wilgers, Willow Park en Wapandrand is ook deel van die eis. Die Staatskoerant verwys na ongeveer 500 eiendomme in privaatbesit. Daar moet binne 60 dae insette gelewer word om die eis teen te staan.
Daar is Saterdag 14 Februarie ‘n beplanningsvergadering om die eis teen te staan gehou by Kleinhoewe 23, Mountain Drive, Derdepoort. Verteenwoordigers van verskeie Afrikaanse organisasies het die vergadering bygewoon.
Victor Lekhuleni, 48, beskou Pretoria as Ndebele-grond en homself as opperstamhoof van die Mkwaduba van die Bakgatla ba Lekhuleni-stam. Na bewering is hy en sy stam in die laat vyftigerjare deur die destydse apartheidsregering van die plaas Franspoort, wat bogaande wyke van Pretoria, insluit, verwyder.

en hy het natuur;lik alles self gebou, hy moet sommer voortgaan en ook die muhrse blink klip uit die queen se koptuk eis. Dit alles klink na n bakgat idee.
Gelukkig is Pretoria eers na die vyftigerjare begin.
Die goei punt hier is dat daardie dele dan nie meer aan belasting onderhewig gaan wees nie maar nou kan ons belasting betaal met koeie en skape. Vooruitgang op sy beste.
“Verteenwoordigers van verskeie Afrikaanse organisasies het die vergadering bygewoon.”
Ek sal baie graag wil weet wat hierdie organisasies se menings was.
Nou Praat jy – Ek kan nie wag dat Rooikop na hulle
vergadering vandag aan ons gaan terug rapporteer nie. Dit is vir my baie
belangrik om op hoogste van sake te bly met Rooikop hulle se probleem want wat
hier gebeur gaan die gelykmaker wees vir die res van ons eiendomme in die land.
Hiermee sal die ANC regering nie wegkom nie al moet ons hulle in die hoogste
hof in die wereld beveg. Dit is dalk net wat ons Afrikaner nodig het om
uiteindelik saam te staan.
Die feit dat hierdie onsinnige snert in Staatskoerant gepubliseer is spreek boekdele oor die grondeise proses.
Kan de Inuit en Cherokee en Apache zijn grond ook terugkrijgen in de VS ?
Om over de semitische Palestijn nou hier te zwijgen.
Schept perspectief voor de Hollander die Nieuw Amsterdam op Manhattan voor een appel en een ei verkocht ook……zodat bv. de ‘slavenclaim uitsluitend en racistisch voor zwarten’ en alsof de gewone blanke arbeider het in fabriek en op het land beter had, tegen Holland begeleidt door New Yorkse advocaten kantoren kan worden omgedraaid middels een huurverhoging met 100 jaar terugwerkende kracht voor hun kantoortorens.
Oh ja, en de Duitser kan de holocaust Joden nog een oneindige rekening sturen voor reizen en verblijf ‘levensbeeindiging’ (zoals o.m. nu met oude Duitsers gebeurt in Zwitserland) zodat de honderden miljarden DM’s en €’s worden omgedraaid ! )
Moet Australië en die Aborigines ook nie vergeet nie!
Snaaks dat daar nooit eise is op grond wat braak le nie
Dan het ons mos die antwoord – brand alles af – want die voorbeeld is reeds gestel deur die ANC regering se stemvee wat brand en niks oorkom nie.
Netso, slaan plat wanneer jy gedwing word om te trek
Mmmmmm wat van die “verskroeide aarde ” beleid wat die Ingelse toegepas het.
Sê jy nou n ding wat ek al lankal oor gegis het.
Ek vermoed daar lê groot stukke grond braak in die transkei wat net wag vir die regte bewerking.
Pragtige wêreld. Is in Matatiele gebore en het op Dordrecht skool gegaan.
Stem saam, een vd mooiste gedeeltes in SA. Dit is die bakermat van swart boer mentaliteit, klein lappies mielies, kleinvee wei die wereld vol. Dalk ‘n blink plan om nou ‘n area buite SA te kry om te boer. Die uitvoer potensiaal na SA is onmeetbaar
Inderdaad
Ja hierdie is op my voorstoep – baie mense wat ek ken word hierdeur geraak. Ons het vanaand buurtwagvergadering en dan sal ek gaan hoor wat die stand van sake is.
Ek het Saterdagaand met vriende gesels wat se grond in die Noordtransvaal ook deur grondeise geteister word dat die wet blykbaar baie duidelik is oor die omstandighede waaronder grondeise toegestaan word. Daar is blykbaar 3 goed nodig – 1) Die mense moes verskuif gewees het. 2) Daar moes geen kompensasie betaal gewees het nie (bv ook nie ander grond gegee nie) 3) Die verskuiwing moes a.g.v ‘n rassistiese wet gewees het.
Ek ken nie die wet nie maar die bostaande sou sin maak. Of daar egter nou weer getransformeerde regspleging gaan plaasvind is ‘n goeie vraag.
My opinie oor die redes vir hierdie is egter anders.: Ek kry die gevoel aan my bas dat hierdie tipe ding al meer gaan voorkom in die hoop dat die grondbesitters (lees blanke Afrikaners) die wapen gaan opneem. Dan het hulle mos ‘n rede om op ons te skiet.
Rooikop, die Grondeise Hof is al vir ‘n hele ruk krities oor die oordra van grond. Daar is hoeveel gevalle waar die hof die eis van die swartes afgewys het en dan eerder vergoeding toegestaan het.
Die regering het in elk geval nie meer die nodige geld om die proses af te dwing nie veral gegewe die weerstand wat hulle van boere se kant kry en mislukkings in die hof.
‘n verdure probleem wat die regering nou het is dat blankes ook grond begin terug eis. Dit is die gevolg van die tweede rondte van restitusie (?) van die regering. Daar is heelparty grond wat onteien was by wyse van ruiltransaksies (vroeër jare) en ver onder markwaarde. In lg geval kom dit eintlik neer op konstruktiewe ontneming.
Ek stem saam Johan maar die sluwe klomp verander sommer more die wetgewing – konstitusioneel of te not. Hulle maak soos hulle wil. Ek is nie so goedgelowig soos wat Retief destyds was nie.
Ek het self ‘n kennis wat ‘n grondeis ingedien het waar hulle familieplaas vir een van die tuislande gegee is, met minimale vergoeding. Dit is juis goed soos die wat PW destyds die bynaam pasela wêna laat kry het.