Die matrieks van 2014 begin vandag met hul eindeksamen.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vanjaar se matrieks sterkte toegewens.
Meer as 550 000 voltydse matrieks skryf vandag die eerste Engelse vraestel.
Dit is die eerste vraestel wat matrieks onder die nuwe curriculum sal aflê.

Ons bede is dat die Here ons Volk se kinders ryklik sal seën met ‘n vaste vertroue in Hom, pligsgetrouheid en deursettingsvermoë en, dat hulle ouers hulle met liefde en bemoediging sal ondersteun. Baie sterkte aan beide partye.