praag.co.za

Radioloog in Johannesburg doodgesteek

Written by

in

,

Die polisie het gesê die sekuriteitsmaatskappy ADT het Donderdag ‘n paniekalarm uit ‘n Donegallaan-huis in Parkview, Johannesburg ontvang.

‘n Woordvoerder, sersant Lloyd Ramovha, het gesê toe veiligheidsbeamptes op die toneel aankom, het hulle die eienares van die huis, ‘n wit vrou, in ‘n plas bloed aangetref “met ‘n steekwond in haar nek en skaars lewend”.

Ramovha sê daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die eiendom nie en geen waardevolle items is gesteel nie.

‘n Moordsaak is geopen en ‘n ondersoek is onderweg.

Intussen het Wyk 87 se raadslid Amanda Forsythe gesê sy is geskok deur die tragiese gebeurtenis want Parkview was tot dusver een van die veiligste voorstede.

Forsythe het gesê die vrou het alleen gewoon. Sy het bygevoeg dat hulle bekommerd is want die vrou se huishulp is dalk ontvoer. Die swart huishulp se handsak is in die huis aangetref maar daar was geen teken van haar nie.

Ramovha het ‘n beroep gedoen op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Comments

9 responses to “Radioloog in Johannesburg doodgesteek”

  1. Ons vir jou "Ou" Suid Afrika Avatar
    Ons vir jou “Ou” Suid Afrika

    miskien was dit die huishulp wat dit gedoen het. Jy kan mos nie hierdie nasie vertrou nie. Hoeveel werkers, is deel van moorde op hulle werkgewers? Hulle het mos al die inside info.

    1. Andy Avatar
      Andy

      More, dieselfde gedagte het by my opgekom toe ek dit lees. Die moontlikheid is gladnie uitgesluit nie.
      Ja en so groei die statistieke by die dag. Skrikwekkend.

    1. Andy Avatar
      Andy

      Hierdie is n baie opruiende toespraak. Dit klink baie soos n Hitler toespraak. Wat ek opmerk is dat dit reeds in April hierdie jaar gelewer was.
      Intusse is die Wêreld nogal baie stil hieroor. Of het ek dalk iets mis gelees die afgelope tyd.
      Sou n mens na die reeks van Voetspore kyk, is dit nogal n ontnugtering om te sien dat daar nie groei is nie, maar slegs n proses van oorlewing wat gehandhaaf word, terwyl daar geteer word op die nalatingskap van dit wat deur blankes tot stand gebring is.
      Dit op sigself is ook besig om verseker nou tot niet tegaan. Kyk maar mooi na die toestand van die geboue.
      Dit kan ook baie mooi gesien word in gebiede en dorpe in Mosambique.

      1. ss Avatar
        ss

        Ek maak ten sterkste beswaar teen u vergelyking tussen Adolf Hitler en Mugabe! Mag ek vra ,of u ooit na n toespraak van Adolf Hitler geluister het,en in watter taal?

        1. Andy Avatar
          Andy

          Naand SS, ja jy is reg en ek vra om verskoning. Ja ek het al na van sy toesprake geluister alhoewel dit in Duits was.
          Mag ek darem ook net sê, wat ek eintlik bedoel het is nie die inhoed nie maar die opsie om sy luisteraars op te sweep. Ek glo egter dat ek nogtans n opmerking gemaak het , buite orde, op die ingewing van die oomblik. As ek iemand tena gekom het, ek is jammer.
          Ek vertrou jy aanvaar my verskoning.

          1. ss Avatar
            ss

            Dankie Andy, verskoning anvaar. Ek verstaan wat jy eintlik bedoel het,en ek is bly die problem is opgelos. Groete SS

          2. Andy Avatar
            Andy

            Puik. (:-))

  2. Andy Avatar
    Andy

    Hmmmm, Ek ruik iets stink, dalk is dit n rot.

Leave a Reply