Afrikaners nie meer welkom by letterkundemuseum?

Image

Sotho-bordjie by NALN

IS blanke Afrikaners nie meer wel­kom by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navor­singsentrum (Naln), die hartklopvan die Afrikanerdom in Bloemfontein, nie?

Wat gaan hier aan, wil lede van twee Afrikaner-organisasies weet wat nie meer toegelaat word om ver­gaderings hier te hou nie: die Bloem­fonteinse Skrywersvereniging en Da­mes Perspektief.

Die bestuur van Naln het vroeër besluit om ‘n Sotho-museum by Naln in te sluit.

‘n Paar vertrekke is reeds daar­voor ingerig. Daar is ook nou ‘n bord by die hek aangebring om te sê dat hier ‘n Sotho-museum vir die Sotho’s se taal en kultuur op die been gebring word.

Van die personeellede is glo be­kommerd omdat hulle gehoor het dat sommige van hulle van Naln wegge­skuif gaan word.

Mnr. Stoffel Cilliers, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereni­ging, sê sy vereniging het 30 jaar by Nain vergader.

Die Vrystaat-skryfkompetisie word jaarliks sedert 1979 saam met Naln aangebied en die landwye ­skryfkompetisie sedert 1989. Hy sê in die verlede was dit nooit nodig vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging om aansoek te doen om hul twee kwartaallikse vergaderings (agt per jaar) hier te hou nie.

Mnr. Otto Liebenberg, kurator van Naln, het egter gesê dat skriftelik aansoek gedoen moet word en dat hy met die aansoek ‘n voorlegging aan sy hoofde moet gaan doen.

"Ons het einde Januarie ons aan­soek ingedien. Later moes ons deur Liebenberg hoor dat daar nie ‘n be­leid bestaan dat organisasies hier kan vergader nie en dat ons nie lan­ger hier sal kan vergader terwyl die restourasiewerk by Naln aan die gang is nie, omdat daar ‘n ongeluk kan gebeur en iemand kan seerkry." Ons Stad verneem egter elders per­soneel werk daagliks in die gebou op die plek waar die Bloemfonteinse Skrywersvereniging sy vergadering gehou het en dat daar intussen ook al vir ander instansies kans gegee is om hier te vergader.

Cilliers sê die slegte nuus was on­verwags en hulle moes skielik die tweede vergadering van die Bloem­fonteinse Skrywersvereniging van vanjaar by die Noorderbloem-aftree­oord hou, omdat hulle nie ‘n heen­kome gehad het nie.

Lede van Dames Perspektief het vroeër teenoor Ons Stad hulle mis­noeë uitgespreek omdat hulle. nie meer by Naln vergadering mag hou nie.

Hulle moes ook na die Laerskool Universitas en Bains Game Lodge vir vergaderings uitwyk.

Hulle vergader ook al jare by Naln en dieselfde redes is ook vir hulle or­ganisasie gegee oor hoekom hulle nie daar kan vergader nie. Hulle is skep­ties en ook ontsteld, omdat hulle Naln koester.

Ons Stad verneem die musiekge­deelte by Naln is reeds verskuif en ‘n verskraalde vorm daarvan is behou.

Allerhande vreemde skuiwe wat plaasvind, wek die indruk dat die Afrikaner se kultuurhistoriese skatte wat hier veilig bewaar word, nou bedreig word.

Diegene wat weet wat regtig aan­gaan, is bang om te praat.

Voorste Afrikaner-leiers van die stad het reeds glo al begin brief skryf.

Vrae word gevra.

Almal dink nog met heimwee aan wyle prof. Petrus Nienaber, dina­miese Afrikaner-leier en voormalige hoof van Museumdienste in die Vry­staat, onder wie se voortreflike lei­ding die kultuur-historiese skat tot stand gebring is.

Respek vir mekaar se taal en kul­tuur is eintlik wat nodig is. Liebenberg (kurator) is om kommentaar gevra, maar hy het Ons Stad na mev. Rachel Sempe, hoof van die departement sport-, kuns- en kultuur waaronder die museumdienste val, verwys.

Sempe sê sy was gister die hele og­gend by die LUR en het nie genoeg tyd gehad om die drie e-posse en faks met twee vrae van Ons Stad te bestudeer nie.

Sy is besig met ‘n herstrukture­ringsproses en het teen druktyd steeds die LUR in haar kantoor ge­had. Sy sal later vir Ons Stad presies sê wat hier aan die gang is.

Sy wou ook weet waar Ons Stad aan al die inligting kom: Hoekom praat mense met die koerant en nie eers met haar nie?

турецкая баня в москведепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae