Nigeriërs, Israeli met R100 miljoen kontant vasgetrek

Die Valke ondersoek ‘n voorval waar twee Nigeriese burgers en ‘n Israelse burger by die Lanseria lughawe, noordwes van Johannesburg met kontant ten bedrae van 100 miljoen rand vasgetrek is, het RSG berig.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se woordvoerder, Adrian Lackay sê die geld is nie verklaar nie en was ook ver bó die voorgeskrewe limiet vir geld wat die land ingebring word.

Hy sê die geld is in veilige bewaring by die Reserwebank. Volgens bespiegeling sou die mans die geld gebruik het vir wapenaankope.

Ander bewerings is dat die mans namens die Nigeriese intelligensiediens opgetree het, maar dit kon nie bevestig word nie.

3 thoughts on “Nigeriërs, Israeli met R100 miljoen kontant vasgetrek”

Maak 'n opvolg-bydrae