AU: Moenie ebola-pasiënte isoleer, stigmatiseer

Die Afrika Unie het ‘n beroep gedoen dat die ebola-epidemie in wes-Afrika bekamp word sonder om die slagoffers óf lande te isoleer en te stigmatiseer, het RSG berig.

Elf bestuurslede van firmas wat in die hulpbronsektor in Wes-Afrika werk, het ook in ‘n gesamentlike verklaring gevra dat die reisverbod na die streek opgehef moet word omdat dit slegs die humanitêre krisis laat vererger.

Suid-Afrika het onder andere reisbeperkings ingestel op buitelanders uit Guinee, Liberië en Sierra Leone.

Die sakelui sê dat die lande se ekonomieë sonder die ondersteuning van die internasionale gemeenskap, groot skade sal ly.

Brittanje het intussen planne bekend gemaak om binnekort ‘n behandelingsentrum in Sierra Leone naby Freetown te bou.

4 thoughts on “AU: Moenie ebola-pasiënte isoleer, stigmatiseer”

  1. Ja maggies man, maak oop daardie deure, gee hulle vryheid terug! Hoekom nou hulle hoes en proes en wie weet wat nog so inperk? Julle stupid westerlinge, ken julle nog nie die african way nie? Hierdie medisyne en hospitale en wat nog is westers, beslis nie african nie, basta!

  2. Ek stem saam met AU, laat ons die pes nou versprei sodat die Pes kan uitsterf. Laat ebollie nou sy ding doen. Ons kan ons eie Effer Poefter ambassadeur maak van ebollie, sy rooi beret is genoegsame bekerming teen die virus, want sien, dit hou die virus in sy kop in toom.

Maak 'n opvolg-bydrae