Verna Vels, skepper van die geliefde Afrikaanse heksie is na Blommeland sê haar lesers. Die skrywer van die gewilde Liewe Heksie-reeks, is in die ouderdom van 81 jaar oorlede.
Sy het stil in haar slaap by haar huis in Johannesburg heengegaan aan kanker. Vels het in Junie vanjaar haar 81ste verjaardag gevier.
Die eerste Liewe Heksie-reeks is in 1963 op die Afrikaanse Radiodiens uitgesaai, met Blommie Kabouter se avonture vir die kinderprogram Siembamba.
Afrikaanse kinders het algar sedertdien met die vergeetagtige heksie, Karel Kat, Blommie en Matewis die katjie grootgeword. Die reeks is deel van die Afrikaanse kultuurskat.
Altesaam 52 TV-episodes is opgeneem en talle boeke en verhoogproduksies het oor vyf dekades die lig gesien.
Vels was die eerste vrou wat as programdirekteur vir die SAUK se TV1 aangestel is en het in 1993 afgetree ná 39 jaar in radio en televisie.
Vels was tot onlangs betrokke as regisseur by die bekende sepie 7de Laan.

Gepraat van Siembamba – wat ‘n nare liedjie –
“Draai sy nek om gooi hom in die sloot
Trap op sy kop dan is hy dood….”
Ek sal dieselfde met ‘n mamba doen. Dit het seker baie Voortrekker kinders se lewens gered
Ek het sommer gou ‘n google-soektog van stapel gestuur, daar is vele verduideliking van die liedjie. As kind het ek al die Liewe Heksie stories gelees, nie een gemis nie. Rus sag Tannie Verna.
Siembamba verwys na die oorspronklike liedjie “Sien die mamba” wat in die volksmond siembamba geword het, en waarin die dreigende gevaar en onheil deur misverstand en foutiewe uitspraak gerelativeer geraak en selfs verdwyn het. Die liedjie is tot in die negentiende eeu gesing as verwysend na ‘n slang (die bose, onheil, gevaar): “Sien die mamba, mama se kindjie, sien die mamba, mama se kindjie. Draai sy nek om, gooi hom in die sloot, trap op sy kop dan is hy dood!”
In die Etimologiese Woordeboek van Afrikaans (p.416) staan:
Waarskynlik ‘n samestelling van Portugese sim “ja” en Port. Bamba “dans, spring, ophang” of minder waarskynlik Xhosa ukuhamba ” gryp, vang of vashou ” of dalk bloot ‘n klankmatige woord wat ‘n wiegbeweging suggereer. Waarskynlikste uit Portugees omdat bet. van sim en bamba pas by die konteks van die liedjie.
Dit klink heeltemal aanvaarbaar – soos die naslaanwerk Afrikaanse etimologieë aandui – dat die woord siembamba oorspronklik uit Portugees of Xhosa ontstaan het. Dit kon dan moontlik gebeur het nog voordat die woord in die liedjie met die nekomdraai en die trap-op-sy-kop-kinkel beland het. Andersins maak die liedjie moontlik nie etimologies sin nie.
Daar leer ek ook weer iets.
Ja Rooikop dis ‘n meeterlike analogie van Gogga maak vir Baba bang..
En Verna is nie die skepper Simbamba nie nê? Sy dit bloot gebruik Maar wat van Wielie Walie? Uiters kosbare kultuurskatte.
.Wanneer ons die skatkamer van Afrikaner Boere kultuur sou ondersoek sal ons vind dat Verna se kinderkuns ons volks karakter gevorm het want …. aan sulkes behoort die koninkryk van God…” Ja
Dan verstaan ons beter waaroor Koos Dup so ongelooflik aangrypend weeklaag- wat ons nie meer het nie – wat ons verloor het.
Naamlik
Die ergte wat met mens kan gebeur is om terug te kyk en met skok te besef dat die tyd toe ns die ongelukkigste was – die beste tyd in jou lewe was…HMm?
So gepraat van Wielie Walie – dit tref my so ‘n tyd gelede dat die deuntjie van Wielie Walie, die engelse “Ring of Rosies”, en die koggel liedjie “Na Na Na Na Na Na” – almal dieselfde is!
;-)…
Liewe Heksie is mi die grootste kultuur erfenis van die Afrikaner Volk.
Verna Vels het ‘n lewe na die dood in haar lieflike kinderkultuur.
Baie gepas het Liewe Heksie in haar laaste produksie afgesluit met haar eie selfoon.
Lewe voort liefste Verna in ons vreugde om Afrikaner te kan wees.
Ons mag jou nooit vergeet nie.
Liewe Jan, wat ‘n pragtige afskeidsboodskappie.
https://www.youtube.com/watch?v=8DgDIVblpzs
O Griet.
Hoekom Siembamba? Ek weet nie. Kyk net na C. Louis Leipoldt se weergawe wat te doen het met die Boere-oorlog:
Siembamba, Siembamba!
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou jou handjies same
En sê ame,
Mame se kindjie, Siembamba!
Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Jy, wat die hoop van ons nasie is;
Jy, wat ons volk so min kan mis;
Jy, wat moet opgroei tot ‘n man;
Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
Jy, wat moet sing uit pure pret –
Jy moet verkwyn in ‘n kinderkamp,
Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en se ame!
Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar –
Twee in een kussie, ‘n bruilofspaar!
Alles vir ons wat die oorlog hou –
Alles vir ons, en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe –
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en se – ame!