‘n Pasiënt wat van Nigerië in Kanada aangekom het is in ‘n hospitaal in Ontario in afsonderling geplaas omdat hy moontlik met die ebola-virus besmet is, het RSG berig.
‘n Dokter wat hom behandel sê dit is ‘n voorkomende maatreël omdat hy simptome van ebola het, maar dit is nog nie gediagnoseer nie.
Die Nigeriese president, Goodluck Jonathan het vroeër die uitbreking van ebola in sy land tot ‘n nasionale krisis verklaar. Hy het meer as 110-miljoen rand beskikbaar gestel om die verspreiding van die siekte te keer.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat sowat 960 mense in Guinee, Sierra Leone, Liberië en Nigerië aan die siekte dood is. Die WGO het die uitbreking as ‘n internasionale gesondheidskrisis verklaar.

Ek het sopas hierdie raakgelees. Wanneer julle inkopies doen, MOENIE sonder handskoene die kruidenierswaentjie stoot nie.
Baie dankie Trippie. Die Ebola virus dus veel makliker oorgedra as wat aanvanklik deur ons vermoed is.