praag.co.za

Help ons om praag op te gradeer!

Written by

in

,

Beste praag-leser,

Vanoggend het die webblad nie minder as drie keer nie onbeskikbaar geraak. Die eerste twee kere rondom vyfuur vanoggend was daar geheueprobleme en die derde keer het ‘n lêer in die databasis korrup geraak, moontlik weens oorverhitting.

Gelukkig kon ons dit telkens gou genoeg herstel. Die derde keer was ‘n groter tegniese uitdaging wat ons darem binne ‘n halfuur of so te bowe kon kom. Maar dit vermors kosbare tyd en energie.

Daarom het ons nou tot die stap oorgegaan om binne die volgende paar dae na ‘n nuwe, groter en sterker bediener te verskuif. Met splinternuwe programmatuur sal alles vinniger én veiliger werk. Om alles op te stel, asook al die data vir ongeveer 20 000 artikels in ‘n oorsese land van een rekenaar na ‘n ander oor te kopieer, is egter ‘n delikate oefening wat ons tot laatnag gaan besig hou. Ons begin van nuuts af aan met ‘n leë hardeskyf!

Die nuwe bediener sal ons in staat om soveel meer vir al ons lesers en ondersteuners te kan doen, met allerlei nuwe voordele en toegang tot inligting en vermaak.

Met die hoofstroommedia wat toenemend polities korrek en onder invloed van die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty staan, is praag vir ons almal ‘n onontbeerlike bron van inligting, menings en debat. Ons vermoed dat ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse media sedert 1994 deur binne- en buitelandse inligtingsdienste geïnfiltreer is; oor die afgelope paar dae was dit byna komies om te sien hoe hulle die amptelike Britse en Amerikaanse regeringsinligting en teeninligting oor Israel en die Oekraïne-tragedie klakkeloos weergee! Drie senior intelligensie-amptenare van die VSA-regering het vandeesweek presies dieselfde terme gebruik as wat in Beeld en Die Burger staan. Dis sekerlik nie toevallig nie.

Die hoofstroommedia in ons land het openlike propagandaspuite vir die ANC en die oorlugsugtige Anglo-Amerikaanse wêreldryk geword. Dit word nie eens meer weggesteek nie. Paul Craig Roberts verwys na die BBC as die British Brainwashing Corporation, maar hy het nog nie die media in óns land gesien nie!

Daarenteen, vergelyk die twee praag-blaaie met die beste van die internetmedia in oorsese lande wat die waarheid uitsnuffel en boekstaaf. Ons Engelse blad word ook wyd in Europa en in die VSA gelees. Ons stelsel is so aanpasbaar dat ons enigiets kan aanbied, van teks en foto’s tot klank/potgooie en video. Dit laai besonder maklik en vinnig op selfone en tablette ook af, selfs op verafgeleë dele van die platteland. Spoed is vir ons belangrik, vandaar die eenvoud en minder foto’s wat ons deesdae plaas.

Disqus stel lesers in staat om self deel te neem en inligting, asook skakels, foto’s en video’s te plaas. Geen van die hoofstroomblaaie se kommentaarafdelings laat soveel vryheid met skakels, beelde en video op Disqus toe nie.

Dus, as u nie reeds ‘n maandelikse debietorder uitgeneem het om ons te ondersteun nie, maak gerus nou so. Help ons om in dié see van vyandelike propaganda ‘n vlammetjie van hoop brandend te hou. Dit mag selfs lewens red, want as daar volle beheer oor inligting in ons land heers, sal ons eenvoudig een vir een uitgewis kan word sonder dat ‘n haan ooit daaroor sal kraai. Almal weet dat die SA revolusie nou eers ná 20 jaar op dreef begin kom, net soos in Zimbabwe vanaf 2000 gebeur het.

Neem ‘n oomblik en vul die vormpie hier in. As u enige vrae of voorstelle het, kontak ons by inlig[by]praag.org. As u nie tyd het nie, stuur in elk geval vir ons ‘n e-pos en ons sal ‘n plan maak om die inligting per e-pos of selfs telefonies by u te bekom.

Dr. Dan Roodt
Eindredakteur

Comments

10 responses to “Help ons om praag op te gradeer!”

  1. Dolk Avatar
    Dolk

    Asb. mense, soos die spreekwoord lui – plaas van jou geld in die man se hand – met wie jy jou hart se sake deel. (Wel, dis hoe ek dit vertolk. 😉

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Nou praat jy !!!

      1. Andy Avatar
        Andy

        Genugtig julle gee niemand n kans om ook dankie te sê nie.
        Maar het nou so alles al gesê en ge- oe en ge- ah dat wat ek nou wou sê na niks gaan klink. Ai. (;->). HIE HIE
        Dankie Dr Dan, mal oor Praag, en is n gewillige finansiële ondersteuner van Praag.

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          Gooi hom Andy – hehe !

  2. Trippie Avatar
    Trippie

    BRAVO PRAAG, DIE BESTE, DANKIE Dr Roodt !
    Kom elkeen van ons stap die ekstra myl saam met DOK !

  3. Dolk Avatar
    Dolk

    Praag het my geïnspireer – om woorde en Woorde wat totaal toe onder die stof was te gaan soek! ‘n Spesiale kamer in my siel se swaar, fluweelagtige gordyne oop te beur – sodat die helder, warm sonlig van ‘n medium – die geskrewe taal – wat nou al dekades verwaarloos was, gemeng met siele-samesyn weer helder verlig… Dankies en my beste wense – al het ek al op my tande gekners.

    My dank en opregte bede is dat Praag van krag tot Krag sal gaan. Want die Internet is meer as net iets agter ‘n glasskerm…

  4. Rutger Avatar
    Rutger

    Ek steun Dr Roodt. Baie dankie vir hierdie berig vandag. http://praag.org/?p=14891

  5. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Laat ons jul bankbesonderhede weet. Ek is nie bereid om geld per elektroniese bankdienste oor te betaal, maar nie per debietorder nie.

  6. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    As ek kon sou ek graag betaal het. Ek wil egter net my waardering uitlig aan dr. Roodt en sy bekwame span. Julle is voorwaar ‘n vlammetjie wat brand – amper soos die destydse Transvaler wat te midde van Engelse propaganda ‘n nasionale spreekbuis in die Transvaal geword het en Engelse propaganda vernietig het. Ek vertel elke dag vir meer en meer mense oor Praag en het sover positiewe kommentaar gekry. Praag word my toevlug nadat ek ontstellende nuus gelees het op ander nuusblaaie. Die wonderlike kommentaar wat gelewer word gee aan my ook die idee en gerusstelling dat ware Afrikaners nog bestaan en aktief is. Hou so aan almal!

  7. Henrietta Avatar
    Henrietta

    As afgetredene is my bedraggie maar klein, maar dit kom uit ‘n dankbare hart. Dr Dan, u vervul dieselfde rol as EJ Bronn wat ook nuus verskaf wat nie in die hoofstroommedia in Nederland te lese is nie:

    http://ejbron.wordpress.com/

Leave a Reply