Suid-Afrika is onherroeplik op pad na selfbeskikking – FINLA-leier

In hierdie video-onderhoud sê Larry Varrie, die leier van die FINLA-party, dat die ANC ‘n Zoeloe-party word en dat die DA waarskynlik deur Xhosas oorgeneem gaan word, met minderhede wat elkeen deur ‘n eie party verteenwoordig sal word.

34 thoughts on “Suid-Afrika is onherroeplik op pad na selfbeskikking – FINLA-leier”

    1. Ek stem saam Arnie – dit is die model wat Verwoerd wou volg maar dit pas nie in by wat die res van die wêreld wil hê nie. Ek dink meeste van Afrika se moeilikheid kom in elk geval daarvandaan dat veelvuldige volke in een land saamgegooi is en moet spook vir sy eie lewensruimte.

      1. Apartheid gaan nog in sy volle glorie terug keer Rooikop.
        Hy gaan net ‘n ander naam kry.
        As FN eers die swartes se vertroue gewen het, gaan daar geen keer wees nie.
        Hulle sal moet vinger trek met daardie stam wat hulle gaan sien het.
        Eientlik kan FN dit dalk oorweeg om sommer nou al ‘n spesiale afdeling te stig wat met hierdie Volke kan saam werk.
        Dit het reeds die beskuldiging van Rassisme wat teen ons geslinger was, in die stof laat byt.

    2. Arnie, ek moet eerlik wees… As ek terug kyk in die geskiedenis, gaan ek waaragtig nie vir ‘n Afrikaan wag om ons vryheid te gee nie… My hart, logika en verstand vertel my dat ek oor ‘n swart lyk moet tree – om uit die tronk te kom wat de klerk en sy honde vir ons berei het.

      Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek skoor nie met iemand hieroor nie – die pad na ons vryheid het nie meer vir my pit-stoppe of ander roetes nie…

      Wat julle hieronder oor skryf, stem ek ook ten dele mee saam – want daar is immers ‘n babatjie in die bad… 😉

    3. Ek dink nie dit is so eenvoudig nie Arnie – – die Suid-Sotho’s het dan Lesotho en die Swazi’s het Swaziland – waarom stroom dié van hulle wat in die SA is, dan nie na hierdie “tuislande” toe nie? Die TBCV tuislande was basies onafhanklik en tog was hulle nie tevrede nie …

  1. Die VF+ gaan natuurlk hulle bes probeer om die FN resep te kaap.
    Skielik gaan hulle nou ook verwoed “veg” vir die selfbeskikking van “Volke”
    En soos dit ‘n uitgeslape professionele politikus betaam, sal hulle ook sê dat FN hulle beleid gesteel het.
    Laat dit wees wat dit wil. Hoe meer mense hulle nou vir Selfbeskikking gereed maak, hoe beter raak ons eie saak.

    1. Stem Arnie. Groot probleem met regse politiek is bemarking. Vat nou FN as voorbeeld. Hulle het nie ‘n groot begroting nie, nie veel tyd gehad om voor te berei nie. Wat hulle wel gehad het was ‘n keuse op ‘n partynaam wat hulle hulle beleid kortliks en kragtig voor sou stel. Iets soos “Party vir (Afrikaner) Selfbeskikking” of selfs “Party vir (Afrikaner) Vryheidsparty”, Maar nou ja, soos hulle se, d’s water onder die brug

      1. Emiel, ek wil byvoeg, ons leiers het baie uitgawes uit hul eie fondse voorsien – DIS PRYSENSWAARDIG … BAIE DANKIE en opregte waardering aan elk van hulle (en andere wat ook betrokke is) – hulle verdien veel meer krediet as wat ons ooit kan gee.

        DANKIE – trots op elkeen en ons kiesers.

          1. … (en andere wat ook betrokke is) … ELKEEN wat ‘n finansiele bydrae gemaak het, asook opofferings gemaak het. Krediet aan elkeen van hulle/julle – ongelukkig ken ek nie die ander persone op hul naam om hulle te identifiseer nie. DIS WONDERLIK dat mense so onbaatsugtig is.

          2. Ek is seker hulle sal ‘n lys saamstel vir al die skenkers wat daarop aandring om publieke erkenning te kry Trippie. Vir die naamlose en onbaatsugtige skenkers was dit sonder bybedoelings gedoen – aan elkeen van hulle – respek en dank.

        1. Trippie, ek dink daar is heelwat mense soos ek wat nie die moeite sou gedoen om vandag te gaan stem het as dit nie vir FN en sy leierskap was nie.. Terloops, ek dink nie deelname aan die huidige politiieke bestel deur FN gaan nie veel praktiese waarde he nie. Waar dit wel ‘n groot impak sal he, is as mobilisasie mechanisme om idees van vryheid te propageer.

          1. Emiel, dankie vir jou repliek hier gelewer.

            EK STEM – was dit nie vir Front Nasionaal, het ek vandag weer Oom Jaap Marais se woorde gestand gedoen … STEM REG, BLY WEG.

  2. Front Nasionaal – Suid Afrika

    5 Mei om 11:50 NM ·

    WAT FRONT NASIONAAL NIE SAL DOEN NIE:
    1. n Pos in Zuma se kabinet aanvaar nie.
    2. In n koalisie vir verkiesings met die PAC/ Black Panthers gaan nie.
    3. Stem te gunste van strenger BEE maatreels nie.
    4. Mense soen in die openbaar om stemme te wen nie.
    5. 20 jaar neem om te besluit ons het eindelik nooit in Afrikanervryheid belanggestel nie.
    6. Witmoorde as verkiesingsfoefie gebruik en dan weg te hol as lyste van moordslagoffer gebrekkig is nie.
    7. Tenderbedrog pleeg nie.
    8. Soos n nar aantrek om stemme te werf nie.
    9. Na die ANC se hoofkwartiere met n rent-a-crowd sal opmars en dan weghol as die ANC met bakstene begin gooi nie.
    10. Te maak of ons Khoisans is nie, niks teen die Khoisan mense nie – ons is bloot net nie Khoisans nie.

    Daar, genoeg redes om Front Nasionaal te stem? As die antwoord “nee” is…wel dan verdien jy die regering wat jy kies.

  3. Dit is ‘n riem onder die hart dat FN verskeidenheid tale by die stal gevoeg het.
    dws, dat enige diskriminasie deur FN lede en of kiesers wat teen dié wie se moedertaal nie Afrikaans is, wat FN as hulle tuiste aanvaar het, waardes uitleef en aktief betrokke is, is aanvegbaar en dus mag dit onder FN se aandag gebring word. Al dan nie?

    Front Nasionaal – Suid Afrika

    19 hrs · Edited ·

    Oor minder as 12:00 gebeur dit: die Boere/Afrikaners en hulle Engelsprekende, Griekse, Portugese, Italiaanse, Europese broers en susters neem stap een na hulle eie staat hier in die punt van Afrika. Kan jy dit al voel?

  4. Ek hoop nie dat ons OOIT weer in die toekoms enigsins skuldig moet voel of weereens subtiel geboelie word oor:

    [1] Ons herkoms en die Geloftes wat ons as Boerevolk bind nie.
    [2] Ons bloed-gekoopte moedertaal en kultuur: Boere Afrikaans.
    [3] Ons gebore – eeu-oue patriotisme.
    [4] Ons eersgeboortereg as kinders van die Boerevolk.
    [5] Ons liefde vir God, volk, taal en kultuur.

    Daarsonder…, is ons slegs soos ‘n permanente “vlugtelingkamp”…

    Nie?

      1. Presies so Trippie. Ons was al vandat ons voorouers eeue terug aan wal gekom het, indirek en direk as uitgeworpenes en minderwaardige mense behandel – nou is daar waaragtig weer ‘n neiging – wat lyk asof die geskiedenis hom wil herhaal! Oor ons dooie liggaam…!

        1. Skuus ek antwoord nou eers, ek kan steeds nie my g-mail oopmaak om sodoende te sien dat daar ‘n reaksie op ‘n Praag-skrywe van my is nie – elke kommentaar wat ek plaas moet ek 2 – 3 maal kopieer om geplaas te kry – TSK !
          Stem – oor ons dooie liggaam.

          1. Ek hoop regtig dit werk beter – Internet Explorer het baie probleme gehad… Dit vries heel op – en ek is verby die dae om nuttelose oplossings by MS te gaan aflaai. Die enigste nie-lekker-nie is, die gewoond raak aan die nuwe program. 😉

          2. Jy is dierbaar – baie dankie nogmaals !
            Geseende aand vir jou en geliefdes en al ons Praaglesers … tot more – dan kuier ons Praag-familie weer lekker.

          3. Dis niks nie Trippie – ‘n plesier. Baie dankies – seën en vrede vir jou en, al die mense ook by Praag.

            Nogmaals ‘n GROOOOT dankie aan almal wat soveel gedoen het vir die FN – dit word van harte waardeer!

  5. Die ding wat ons sal moet verstaan en aanvaar is die super sterk strategie van ‘geratte sindikasie.’ [geared syndication]

    Soos ratte moet al die Afrikaner aktiviste mekaar aandryf. Die vyand sal FN en VF en Solidariteit en VVK BKA ens ens teen mekaar wil afspeel soos om goeie honde se neuse teen mekaar te vryf. Dit sal die vyand se strategie wees.
    Pasop daarvoor en bly weg want dis die tipiese psy-ops tegniek van die NP destyds wat steeds voortkanker. Verdagmakery.

    Ek en Beterhelfte het met trots ons kruisies by FN nasionaal getrek en VF provinsiaal.

    Laat ons beslag lê op ons gesteelde bates veral stemreg binne en buite die parlement.en eiendomsreg en grond en skole ens ens en almal ondersteun wat vir ons Volksaak werk en veg.

    1. Ai Jan, so waar dat ons teen mekaar afgespeel word. Ek weet nie hoe om prentjies te plaas nie, maar daar is ‘n prent van ‘n skaakbord met die volgende bewoording:

      In the game of divide and conquer:
      We are merely pawns. They keep us busy fighting each other instead of fighting THEM!

  6. Ek het vanoggend vir die eerste keer op KykNet en kie van Varrie en sy party gehoor. Dit was ‘n goeie gesprek en jy het baie goed oorgekom, Dr Dan. Toe Varrie sê: “die fout lê nie by apartheid nie, maar by kolonialisme” toe spits ek dadelik my ore en voel ek aan: “hier kom ‘n ding…”

    1. Hallo Henrietta, ek begryp jou reaksie en sentiment…

      Wat my “hart breek”, is hoe die Boerevolk se “leiers” soos padloper-bedelaars rondswerf… Elkeen opsoek na ‘n oor – wat ons “dilemma” goedgesind sal wees…

      Dis soos ‘n man wie se vrou skuins voor middernag in kraam lê met haar eersteling. Die water alreeds gebreek – haar rug geboog, oë wild van pyn en onsekere angs… En haar man? Hy staan en wonder of hy nie die dokter gaan pla as hy hom na sewe skakel nie… Dis hoe beleef ons leiers geword het…

      Soos sugtende boemelaars het ons volk geraak… Tevrede om vuil, vertrapte krummels – saam met uitgevrete, agterlike honde van die grond af op te lek…?

    2. Apartheid word heel gerieflik deur die Brits-gesindes aangewend om van Afrikaners die swartskape te maak. Apartheid het lank genoeg ‘n geriefike skadu gewerp oor die eeuelange kolonialisme hier, in Indië en elders. Dis tyd dat dinge in perspektief geplaas word.

Maak 'n opvolg-bydrae