praag.co.za

Zille se oud-strateeg skep uit Britse staatsfondse

Ryan Coetzee
Ryan Coetzee

Ryan Coetzee, Helen Zille se voormalige regterhand, is weer in ‘n skandaal betrokke. Hierdie keer is hy in Brittanje uitgevang dat hy uit Britse staatsfondse betaal word.

Die Britse Liberaal-demokratiese Party het Coetzee gehuur om hul lustelose vertoning by die stembus te probeer omkeer.

Nick Clegg se omstrede Suid-Afrikaanse verkiesingstrateeg is voorheen veroordeel deur die Obenbare Beskermer oor sy rol in die toekenning van ‘n multi-miljoenrand kontrak.

Coetzee, wat na byna 20 jaar in Suid-Afrikaanse politiek in Westminster aangekom het, kry tans in teenstelling met sy teenstanders uit die Arbeids en Konserwatiewe kringe, ‘n salaris wat kom van openbare eerder as partyfondse.

Hy het sy loopbaan in 1997 as ‘n 24-jarige strateeg vir die Demokratiese Party begin, waar hy ou NP-stemme ingehark het met welklinkende leë beloftes.

Coetzee het as ‘n LP sowel as die hoofuitvoerende beampte van die party gedien en het as Zille se hoofraadgewer opgetree terwyl sy premier van die Wes-Kaap was.

Verlede jaar het Suid-Afrika se Openbare Beskermer Coetzee se rol in die toekenning van ‘n kommunikasiekontrak deur Zille se provinsiale regering aan TBWA Hunt Lascaris ondersoek na ongerymdhede vermoed is.

Die OB, Thuli Madonsela, het die ondersoek geloods nadat ‘n fluitjieblaser die redes gevra het oor waarom die kontrak toegeken is sonder om in die openbaar te adverteer, soos deur die wet vereis.

‘n Tussentydse verslag het bevind dat Coetzee se rol in die opstel van die tenderspesifikasies vir die kontrak, en daarna die evaluering van die bod sonder behoorlike notules, onwettig was en dissiplinêre optrede teen hom aanbeveel.

Coetzee het in reaksie gesê die fluitjieblaser was deel van ‘n smeerveldtog teen hom.

‘n Suid-Afrikaanse politieke bron het egter gesê Ryan het regdeur sy loopbaan gesorg dat die lyne tussen politieke werk, staatsdiens werk en kommersiële werk vaag bly en dat hy tans dié kenmerk van sy betokkenheid voortsit in die VK.

‘n Liberaal-demokratiese woordvoerder gesê die Beskermer het Ryan van enige oortreding in verband met die kommunikasietender onthef en daar was slegs klein tegniese tekortkominge in die wyse waarop die geldige tender aangepak is.

Comments

5 responses to “Zille se oud-strateeg skep uit Britse staatsfondse”

  1. Riempies Avatar
    Riempies

    Nou wat is verkeerd met steel? Almal moet steel – party om
    multimiljanders te word ander om met die Jone’s te kompeteer ander om te
    oorleef. Almal is gelyk en die regering is die voorbeeld van hierdie gelykheid.
    Lank lewe steel!

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek reken die DA word in elk geval uit die britse staatskas befonds – hulle moet mos die Afrikaner bykom en die britse ryk uitbrei en instand hou.. So hoekom nou die boehaai?

    1. Leana Avatar
      Leana

      En skep wil almal skep !

    2. Rutger Avatar
      Rutger

      Hierdie is die bewys dat die DA deur die Britte befonds is

  3. Willy Avatar
    Willy

    ‘n Skelm bly maar skelm. Die tragedie is dat hierdie Coetzee gaan homself by ‘n ander plek in wurm en met sy ongerymdhede voortgaan. Die beste is. Kla hom aan, daag hom voor ‘n hof en hou duim vas dat hy uit die gemeenskap verwyder word.

Leave a Reply