
Die tenoor Jannie Moolman, is tans in ʼn ernstige, maar stabiele toestand nadat hy by die Mango-restaurant in Hartebeespoortdam beseer is.
Moolman sal Donderdag vir die tweede keer geopereer word.
Sy woordvoerder, Barnard Beukman, het gesê die aard van Moolman se beserings dui daarop dat hy nie soos beweer word, van ‘n dak kon geval het nie.
“Vroeëre berigte dat hy van ʼn dak geval het – weens die aard van sy beserings – kan nie as die finale beslissing beskou word nie,” het Beukman gesê.
Beukman sê die werklike oorsaak van Moolman se beserings is steeds onbekend.
Moolman is alleen deur ‘n sekerheidswag buite die Mango- restaurant gevind. Die voorval het Saterdag tydens ʼn rampartytjie gebeur.
Sy agent, Hetta Saunderson, het egter gesê weens merke aan Moolman se regterarm, bestaan die vermoede dat hy gestamp is.

Spoedige herstel word jou toegewens !
Te rambalig op die rampartytjie?
Dit kom daarvan as jy Bachus aanbid