Australi? laat vaar asielbeleid

Die nuwe Australiese regering het sy omstrede beleid om asielsoekers op te sluit, bekend as die Stille-oseaanoplossing, laat vaar.

 
Die aanhouding van asielsoekers sal nou net as 'n laaste uitweg gebruik word en kinders sal nie meer aangehou word nie.

Menseregtegroepe het die skuif verwelkom.

Immigrasiebeamptes sal nou moet motiveer waarom asielsoekers 'n risiko inhou wat aanhouding vereis indien hulle asielsoekers wil opsluit.

Amnestie Internasionaal het gesê die verandering behoort tot die vrylating van 380 asielsoekers te lei wat tans in die tronk verkeer.

Hulle sê dit sal help om Australië in pas met ander Westerse demokrasieë te bring.

купить джинсы мальчику 3 годаФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae