
Die voedselprysindeks, ‘n maatstaf van die maandelikse wisselinge in die internasionale pryse van ‘n mandjie koskommoditeite, het die skerpste gestyg sedert die middel van 2012 in Februarie 2014, sê die amptelike verslag van die Voedsel-en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FAO).
Sulke stygings is te danke aan sowel weerstoestande as ‘n verhoogde aanvraag, maar die krisis in die Oekraïne het ook bygedra tot die toename.
“Die syfers is vrygestel te midde van berigte van stygings in koring- en mieliepryse nalv die onlangse verwikkelinge in die Oekraïne, maar die Februarie-styging in die indeks kan nie net heeltemal toegeskryf word aan die gebeure nie,” lui die verslag.
Die FAO se graanprysindeks staan op 195,8 punte, wat 6,8 punte of 3,6 %, bo Januarie se syfer geregistreer het. Die groei weerspieël “kommer oor koring in die Verenigde State van Amerika, ‘n sterk vraag na ru-graan en hoë Japonicaryspryse”.
Pryse van suiker, olie en melk het ook merkbaar toegeneem in vergelyking met Januarie.
In Februarie 2014 het die Amerikaanse Departement van Landbou die voorspelling vir die uitvoer van graan van die Oekraïne in die bemarkingsjaar 2013-2014 met 1,6 % tot 31.180.000 ton verhoog.
Wêreldwyd is 704 miljoen ton verlede jaar geoes.

Duur kos? “A startup called BiteLabs wants create meat products from celebrity body parts, aiming to take cells from willing celebs and using them to grow protein into test-tube meat.” http://www.redicecreations.com/
Plaas maar hierdie skakel op n swart koerant – ons is nie kanibale nie.
Ja nee wraggies – al was ek ‘n kanibaal sal ek nie mond aan daardie vrot vleis sit nie.
Kan jy jou dit voorstel! Hoe aaklig! en hoekom sal mens juis aan ‘n celeb wil kou! A nee A
Hoe de hoenders beland mens op so webwerf? ‘n Skakel met ‘n foto by? (Soos hieronder op Praag se blaaie?)
Wil ek ook graag weet Dolk! Rêrig!!!
Jy het self so ‘n “gesonde” avatar. Ek weet nie hoe gebruik ‘n mens dit nie. Dis afskuwelik
Verduidelik asb.?
Die (self-saamgestelde) Avatar spreek boekdele – die spel egter nie “afskuwelik” nie…
Toemaar Dolk, sommige mense maak dit hul missie om beledigings te kom rondslinger. Ignoreer net voortaan.
Die is in my oë afskuwelik…
Lev 19:28 Julle mag … geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
God dink ook tatoos is afskuwelik!
Dalk stem sy saam met die labkossies? Wonder maar net, as mens dit so verwoed verdedig.
Nie net die voedselprys nie, petrolprys ook, onder andere. Sommige van ons gaan gedwing word om so bietjie te dieet (en dis nou nie alles wat mens sien nie).
Hoe dit ookal sy – Wet van Transvaal …
Ons sal maar net kan betaal – ons sal nie kos kan bekostig om die eerste gedeelte van die wet na te kom nie
Rooikop
Ons sal maar net kan betaal – ons sal nie kos kan bekostig om die eerste gedeelte van die wet na te kom nie.
***
Jip, selfs die boudservette se pryse het byna onbekostigbaar geraak. (Toiletpapier).
NS: Ek kopieer jou antwoord vanaf Disqus, omdat dit nie hier verskyn nie.
Trippie: “Boudservette”…
😀 LMAA!
Pragtige woord!
Boudjieservette – “Slegs vir Blanke gebruik” (~;
Seker die nat, steenkool wat die kospryse so opjaag, voedsl te korte…..die nommer een vuurhoutjie vir n revolusie….