Eskom-onderbrekings is luiheid

Die onlangse kragonderbrekings in Finetown, suid van Johannesburg, wat drie dae geduur het, is as gevolg van luiheid deur Eskom.

Inwoners is vies omdat Eskom 'n week gelede in kennis gestel is van 'n foutiewe transformator, maar niks is daaraan gedoen nie.

'n Werknemer by een van Eskom se inbelsentrums sê die tegnici in die gebied is doodgewoon lui.

Hy sê hy blameer inwoners nie wat hulle woede en frustrasie op inbelsentrums uithaal omdat tegnici te lui is om te werk nie.

Hy sê dit skilder 'n swak prentjie van Eskom as 'n diensteverskaffer.

Wyksraadslid Freedom Sotshantsha het saamgestem dar sekere tegnici nie hulle werk doen nie.millstreamДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae