Laaste inry in Suid-Afrika sluit

Velskoen-inry
Velskoen-inry

Die sluiting van die Menlyn Park-inryteater sal die einde van ‘n era beteken, want dit sal die laaste van sy soort in Suid-Afrika wees wat toemaak.

Bestuur sê tegniese probleme het gelei tot die besluit om die land se laaste inryteater te sluit.

Baie Pretorianers koester soete herinneringe van die inry op die dak van die Menlyn Park-winkelsentrum.

Dis deel van Pretoria se filmgeskiedenis wat gaan sluit, met die laaste vertoning wat aan die einde van Februarie sal plaasvind.

Menlyn Park was die laaste teater van sy soort in Suid-Afrika, nadat die Velskoen-inry in Randburg sy deure in Junie 2012 gesluit het.

Voorheen was daar sowat 50 inrye wat landwyd teatergangers met kussings, komberse, piekniekmandjies en die kroos in pajamas gelok het.

Die teater moes weens tegniese beperkinge sluit omdat alle films deesdae digitaal is, wat beteken dat ou 35mm-film toenemend moeilik is om in die hande te kry. Dit teater het nog ‘n ou 35mm-projektor.

Volgens die bestuur het die inry 8736 vertonings aan 1.005.088 mense gewys.

Dit is nog nie bekend waarvoor die ruimte aangewend sal word nie.

Die laaste openbare vertoning sal op Vrydag, 28 Februarie plaasvind.

Die laaste week van vertonings sal gratis aangebied word.

17 thoughts on “Laaste inry in Suid-Afrika sluit”

        1. Nou praat jy – dit is nogsteeds my gunsteling fliek van alle tye. My DVD is al so dun gespeel! Die tier se stem, die aasvoëls se liedjie en natuurlik ou King Louis – alles briljant.
          Ek het jare later die boek van Kipling gelees waarop die film gebaseer is – Dit verskil natuurlik hemels breed. Al wat omtrent dieselfde is, is die karakters se name.

    1. Daar’s die ding. Met ‘n motor was daar altyd die agterste sitplek, maar met ‘n bakkie was daai @#$se rathefboom knaend in die pad. Die bakkies met die “column shift” was darem beter. Daar was ook altyd die gevaar dat die rat in neutraal geskop kon word.

        1. Juis, doer waar ek grootgeword het het hulle mos bande gebrand as die mis opkom en so met die mis was die ruite mos veral so toegewasem.

          Ou Arnieann hierbo slaan mos die bal heel mis, want dit maak nie saak hoe plat die skerm was nie. Jy kon nie jou ding doen voor die platskerm in die huis nie, want daar was ‘n hoogs befoeterde pa en ‘n ma en ‘n man was daai tyd mos so heel op jou pasoppens.

          1. O ja en hulle het sommer saam in die voorhuis gesit. Hier by agtuur se kant op ‘n Saterdagaand moes ons al geloop het want dit is môre kerk.
            Een van my oefen vriende het my lank gelede ‘n staaltjie vertel.
            Die eerse keer toe hy vir dié meisiekind gaan kuier maak haar pa die deur oop. Naand oom sê hy. Naand boetie, kan ek help? Vra die oom. Ja oom ek is hier om vir Susan te kom kuier. Boetie ken jy ‘n ploegskaar? Ja oom. Die dag as jy deur ‘n ploegskaar kan pis dan kan jy eers vir my dogter kom kuier sê die oom! Daarna slaan hy die deur toe. Wel hulle twee is baie later getroud en ons lag nog steeds. Hy kan nie eers oor ‘n waslyn pee nie wat nog te sê deur ‘n ploegskaar!!

  1. In my tyd gekom en gegaan.
    Eintlk kon hulle dit maar gehou het. In plek van daardie ou groot swaar luidspreker wat hier aan die venster gehang het, kan hulle ‘n “flat screen” met luidspreker in die motor sit. Die groot skerm is dan nie meer nodig nie. Buitendien was die beeld maar sleg in vergelyking met wat ‘n Plat skerm kan bied.

Maak 'n opvolg-bydrae