Witte wat renosterstroper skiet voor vir moord

Kroonwild?
Kroonwild?

‘n Wit man wat aangekla word van poging tot moord op ‘n vermeende wildstroper, sal Maandag in die landdroshof op Malelane in Mpumalanga verskyn.

Die 31-jarige Richard Hume, die seun van die renoster- en buffelteler, John Hume, is op borgtog van vyfduisend rand vrygelaat.

John Hume is die grootste privaateienaar van renosters.

Hy het vroeër gesê dat die wet teen renostereienaars diskrimineer.

Volgens hom moet eienaars soms hul lewens waag om hul eiendom te beskerm.

“Ek het ‘n klein weermag om my diere te bewaak en dit kos my ‘n fortuin elke maand. Maar die wagte is bang om ‘n skoot op stropers te skiet, want as hulle hulle tref, sal hulle van moord aangekla word,” sê Hume.

Mpumalanga se polisiewoordvoerder, brig Selvy Mohlala, het gesê die polisie beskou die saak as “ernstig” en hulle “glo hy moet verantwoording doen”.

Die verdagte is in die kop geskiet en is na die hospitaal gehaas.

Die polisie sê die jonger Hume het na bewering op Sabelo Maphungla geskiet en hom gewond, terwyl hy met ‘n bakkie in die Mauricedale-wildreservaat gery het.

Nog twee mans wat saam met die gewonde man was, is van betreding en onwettige jag aangekla.

6 thoughts on “Witte wat renosterstroper skiet voor vir moord”

  1. goeie hieeeeeeemel!!!! gee die ou n Nobel prys…. en skiet lesse, n dooie skelm praat nie en skelm prokureers kan die kadawer ook nie verdedig nie.
    ook dink ek dat die weermag en polisie wat die stropers jag slegs elkeen n vere stowwer moet kry om die stropers mee af te stof,

    1. Ek wonder of hulle so sou tekere gegaan het as die stroper ‘n blanke was – ek twyfel.
      Kyk ook maar na die Jasmine saak – maak ‘n helse ophef daarvan omdat ‘n blanke so ‘n wandaad gepleeg het, tog pleeg die volk daagliks sulke dinge en dit haal nie eers meer die nuus nie.

    2. Wat is die nut daarin om ‘n klein weermag te he en hulle is te bang om te skiet ? Ek bedoel nie roekeloos skiet soos in die geval van ons huidige SAPD-lede nie.

      Ons is verplig om onsself en eiendom te beskerm, want die regering gaan dit nie doen nie.

      Jy’s reg Rooikop, die oomblik wat ‘n blanke ‘n voet verkeerd sit, weet die wereld dit.

  2. O janee, hierdie klomp dink mos ‘n swarte kan onmoontlik ‘n misdadiger wees. Volgens hulle is dit mos hulle omstandighede wat deur die blanke veroorsaak is wat hulle tot sulke dade laat oorgaan. Ek stem heelhartig saam met Riempies. Hoe gouer ons ons eie staat kan kry weg van hierdie onbevoegde spul af hoe beter.

Maak 'n opvolg-bydrae