
‘n Voormalige hoof van Rwanda se buitelandse intelligensiediens is in ‘n Suid-Afrikaanse hotel dood aangetref, het RSG berig.
Die Rwanda National Congress sê die liggaam van Patrick Karegeya is in ‘n hotel in Johannesburg aangetref, waar hy na bewering verwurg is.
Die party beweer dat hy deur agente van president Paul Kagame van Rwanda vermoor is.
Karegeya is in 2006 van sy rang as kolonel ontneem nadat hy gearresteer en tronkstraf opgelê is en het daarna uit die land gevlug.
Tydens die Johannesburgse vergadering deur teenstanders van Kagame wat aan die begin van verlede jaar gehou is, het alle Rwandese, al die buurlande en die internasionale gemeenskap die pogings deur President Kagame om nog ‘n termyn te regeer, skerp veroordeel.
Die groep wat van Kagame ontslae wil raak het vroeër in Montreux, Switserland, ontmoet, op 25 Januarie 2010, waar ‘n samewerkingsooreenkoms geteken is.
Die vergadering het ook die pogings van die SAOG-lande vir hul bydrae in die DRK geloof om M23 uit te dryf.
Die RPF, Kagame se party, het voorheen internasionale bewondering gaande gehad vir hul radikale infrastruktuurprogramme, verhoogde toegang tot mediese sorg, die verbeterde ekonomiese status van miljoene Rwandese en die ingryping om die 1994-volksmoord wat meer as een miljoen lewens gekos het, te keer.
Maar die regering verkeer onder druk van Westerse lande vir die beweerde hulp aan M23 rebelle, ‘n klag Kigali heftig ontken.
Die Rwandese ambassade in Suid-Afrika sê hulle dra geen kennis van berigte dat ‘n opposisieleier van die land in Suid-Afrika vermoor is nie.
Die hotel sê hy dra ook geen kennis van die voorval nie.

En waar kom die plaaslike ANC regering in, in hierdie prentjie?