Russiese nuusagentskap sê dat Arafat aan natuurlike oorsake dood is

arafatDie Russiese forensiese agentskap sê die voormalige Palestynse leier, Yasser Arafat is aan natuurlike oorsake dood en nie aan vergiftiging deur bestraling nie.

Aangehaal deur die staat se RIA Novosti-nuusagentskap, het die hoof van Rusland se Federale Mediese Biologiese Agentskap ( FMBA ), Vladimir Uiba , aangekondig dat die studie tot die gevolgtrekking gekom het dat Arafat ‘n “natuurlike dood gesterf het”.

Arafat se oorblyfsels is deur Switserse, Franse en Russiese kenners ondersoek. Die Franse het ook poloniumvergiftiging uitgesluit, terwyl die Switserse verslag gesê het dat hoë vlakke van radioaktiewe polonium gevind is.

Die Switserse bevindings het aangedui dat derde party se betrokkenheid in Arafat dood in 2004 nie uitgesluit kan word nie.

Arafat se weduwee Suha Arafat het die Franse resultate vroeër hierdie maand verwerp, en gesê sy is oortuig dat Arafat nie ‘n natuurlike dood gesterf het nie.

Die amptelike oorsaak van sy dood was beroerte. Switserse wetenskaplikes het verlede maand gesê monsters wat hulle getoets het, stem ooreen met poloniumvergiftiging.

Die agentskap het later hulself gedistansieer van die kommentaar. “Die FMBA van Rusland het geen amptelike verklaring oor die resultate van die nadoodse ondersoek op Yasser Arafat nie,” het die FMBA se mediadiens gesê.

Die Russiese ministerie van buitelandse sake het geweier om onmiddellike kommentaar te lewer, maar die staatsbeheerde nuusagentskap RIA het ‘n bron in die ministerie aangehaal wat sê die Palestynse owerhede sal besluit of hulle inligting oor die toetse sal vrystel.

One thought on “Russiese nuusagentskap sê dat Arafat aan natuurlike oorsake dood is”

Maak 'n opvolg-bydrae