Premier, LUR moet kwartmiljoen opdok vir hospitaal se nalatigheid

operasieDie premier van die Vrystaat asook die Vrystaatse LUR van gesondheid moet R250 000 aan ’n pasiënt betaal nadat ‘n operasie in ’n provinsiale hospitaal hom byna sy lewe gekos het.

Die personeel van die hospitaal het ’n depper in Donovan Gouws (37), ’n verkoopsverteenwoordiger van Torontoweg, Welkom, se buik gelos.

Hulle moet ook  se regskoste en die koste van vier deskundige getuies betaal, het waarnemende regter L.M.S. Sesele gister in die Vrystaatse hooggeregshof by ooreenkoms gelas, berig ​Volksblad.

Luidens hofstukke is sy blaas boonop ook geskeur in die operasie om ’n liesbreuk te herstel. Hy is in Februarie 2010 in die Bongani-hospitaal in Welkom geopereer.

Hy kon ná die operasie nie eet nie, was aanhoudend naar en het lewensbedreigende bloedvergiftiging opgedoen.

7 thoughts on “Premier, LUR moet kwartmiljoen opdok vir hospitaal se nalatigheid”

  1. Ek verstaan dat in Pietersburg se staatshospitale dit baie beroerd gaan. Daar is nie behoorlike middels om mee te was voordat operasies gedoen moet word nie. Nou skrop hulle maar met skottelgoedopwasseep. Verder is daar soms vlieë in teater – so ‘n ruk terug gaan sit die in ‘n ortopediese pasiënt se oop wond. Die een suster slaan toe die vlieg in die wond dood met ‘n steriele lap – (dit maak mos nie saak nie, die lap was mos steriel). Die pasiënt is ‘n week later aan sepsis oorlede.

    Hierdie ou in welkom kan dankbaar wees hy leef nog.

Maak 'n opvolg-bydrae