Vier verhoorafwagtende gevangenes het Vrydag onderweg na die Johannesburgse Landdroshof ontsnap, het die polisie Vrydag laat weet.
Kaptein Julia Claassen sê die mans het op pad ontsnap voordat die voertuig die binnehof bereik het.
“Hulle het die rooster en die linkerkantse venster gebreek. Die polisie is deur lede van die publiek daarop attent gemaak wat hulle sien ontsnap het.”
Volgens haar wag die mans verhore af vir verskeie misdade wat rondom Johannesburg gepleeg is.
“Van die misdade sluit huisbraak, moord en die besit van onwettige vuurwapens in.”
– Sapa

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.