DA se mediadekking neem met byna 40% toe

Politieke ontrimpeling...
Politieke ontrimpeling…

Die African National Congress het ’n groot deel van hul mediadekking aan veral die DA verloor, ’n jaar voor die algemene verkiesings.

Volgens ’n opname deur die medianavorsingsmaatskappy Media Tenor het Julius Malema se nuwe politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters, en ’n verbetering aan die dekking vir die Demokratiese Alliansie tot die afname in dekking in die druk- én TV-media gelei.

Die grootste deel van die gedrukte media sowel as DSTV behoort aan Suid-Afrika se mediamonopolie, Naspers.

Volgens ’n navorser, Stephano Radaelli, moet Agang SA eintlik bekommerd wees, “want dié party bly taamlik onsigbaar vir die media in vergelyking met ander politieke partye”.

Die resultate van die opname is gegrond op ’n ontleding 119 005 berigte of verklarings oor die land se politieke partye in 47 toonaangewende druk- en TV-nuusprodukte vanaf 1 Januarie tot 30 September 2013.

 Die DA het ’n toename in dekking tot 37% gekry en die ANC staan op 52%. Die EFF het 3%. – Sapa

57 thoughts on “DA se mediadekking neem met byna 40% toe”

  1. Die Afrikaners behoort vir die DA te stem
    tot hulle Volkstaat op ge-eis word in die Suid en Weskaap. Daarna kan hierdie
    desperate alliansie (DA) tot niet gaan omrede ons die Empire en die Queen vaarwêl
    gesê het ten gunste van BRICS met Putin as oorhoofse leier.

    1. Nee, Patriot, in die Kaapse Metropool is Afrikaans nou n minderheidstaal en dit het géén waarde meer nie. Niks en iemand sal dit kan verander nie. Hier en daar sit wel n paar afgetrede Afrikaners langs die kus, maar hulle kom uit n era wat jy net hoop, bid en vertrou dat die Here se wil sal geskied. Geen verset en protes nie. En vanaf Stellenbosch tot in die Klein-Karoo is Engels nou die koelste taal op aarde! Oral waar jy kyk is dit net “estates”, “vinyards”, “wineries”, “malls”, “squares”, “walks” en “centres”. Volledig Brits. Dit is nie my idee van n trotse Afrikaner/Afrikaanse plek nie.

      1. Ek het baie empatie met
        jou siening. Met ander woorde AS die unieke Afrikaner Volk interne
        selfbeskikking be-oog sal hy eers vir die regering moet bewys die politieke
        samehorigheid bestaan wel onder hierdie Volk. So nie sal die Afrikaner
        groepering geen bedreiging inhou vir die ‘gesagstaat’ van SA nie. Die unieke Afrikaner volk moet vorentoe leef maar agtertoe verstaan. Vandag en môre se situasie van
        individu, kultuur-gemeenskap, etniese-groepering, speel af teen ‘n breë doek. Op hierdie breëdoek moet patrone gesoek
        word in wêreldwye historiese verband. Verlede, hede en toekoms skuif gedurig in
        meer dimensionele vlakke oor mekaar. Die een kan nooit onafhanklik van die
        ander beskou word nie. Die politieke omwentelinge en vernuwings het die swak
        voor bereide en stompsinnige Afrikaners onkant gevang. As gevolg van power leiers
        en hulle verwarrende leiding, het hy die tekens van die tye verkeerd gelees.
        Die unieke Afrikaner is so by so uit-gerangeer uit die politieke hooflyn. Die
        VF+ bied die unieke Afrikaner, en ander minderhede wat interne selfbeskikking
        opeis, die ideale voertuig om hulle stem te laat hoor sonder om by die
        meerderheid aan te sluit soos wat die poster buoy gevra het. Die vlottende stem
        van hierdie unieke Volk beteken bykans niks nie. Intérne selfbeskikking vir
        minderhede is haalbaar daarom sal ons wys wees om vorentoe te leef deur moontlikhede
        vir die toekoms na te jaag!

      2. Ja, die ANC word gebruik om Afrikaners na die DA kraal aan te jaag.. basies die Groot Trek in tru-rat.. Bely jou voorvaders se Groot Trek oortredings en keer terug (stert tussen die bene).. warm en knus onder Britse bewind. Sing “god save the queen” vir jou god..

      3. As gebore en getoë Afrikaner wat 20 jaar gelede vanaf die Noorde na die Suidkaap verhuis het, deel ek nie jou donker prentjie van Afrikaans en Afrikaners wat hier woon nie.
        Soos alle volkere op hierdie oorbevolkte planeet, verskil Afrikaners onderling oor ‘n magdom dinge…Leefomgewing, sport, politiek, geloof, ens.
        “Malls” en al die dinge wat jy opnoem word oral aangetref, vanaf die Kaap tot in Messina.
        Ek en my pelle is Afrikaners.
        Ons het nie ‘n Volkstaat nodig om ons voortbestaan en lojaliteit aan ons Afrikanerskap te verseker nie.
        Vir seker ook nie om die bokspringende swartserp antie te ondersteun nie.
        Ons is onlosmaaklik deel van die res van die nagenoeg 2,5 miljoen Afrikaners wat in hierdie land woon.

        1. So, Sjert, die idee van selfbeskikking spreek nie tot jou nie? Wat dink jy gaan jou identiteit en taal laat voortleef in n provinsie waar daar geen trotse Afrikaner/Afrikaanse instellings (en leierskap!) meer is nie? Jou lidmaatskap van die ATKV, FAK, AB ens? Nee wat, ons sal heeltemal nuut en uit die boks moet dink.

          1. Ek het ongelukkig nie nou tyd om jou ‘n uitgebreide antwoord te gee nie. Gaan ‘n lekker groot brekfis/middagete saam met ander Afrikaners in Buffelsbaai eet.
            Kortweg. Hier beskik en skik ons onsself na hartelus om aan ons eie behoeftes, voorkeure en wat nog als te voldoen.
            Al daai organisasies wat jy noem, was nog nooit nodig vir my of my huis om ons Afrikanerskap uit te leef nie. Ons doen sulke dinge sommer vanselwers ou beesblaas.
            Soos toe ons twee weke gelede vir ons familie en al die kjeenirs gaan handeklap het by die Vrouemonument in Bloemfontein, terwyl ons ons Afrikanerskap beleef en geniet.
            Sommer netso sonder al die fraaiings en volkstate en en en…

          2. Sjit ek betree nie julle gebied nie, maar bly op die gebied waarmee ek vertroud is. Een brein sel en al. Liewer een as glad nie een soos jy nie.

          3. Hierdie berig handel oor mediadekking terwyl die volgende algemene verkiesing om die draai is. Moenie tyd mors met nonsens nie. Skryf oor wat die Afrikaners omtrent hierdie saak moet doen en organiseer en vir wie hulle moet stem.

          4. Ag, regtig? Watter belange van die Afrikaner het die DA tot dusver op die hart gedra?! Die DA is n Brits-georiënteerde party wat een land, een nasie en een taal nastreef.

        2. Hiermee stem ek 100% saam. Dis my gevoel ook sjert. So baie kraam oor ‘n volkstaat maar niemand kom met ‘n plan hoe dit gaan werk nie. Ek het al die anderdag op hierdie forum gese dat my volkstaat van Messina tot Kaappunt, Port Nolloth tot by Kosibaai is.

          1. Willy ek graag die kantongedagte weer noem – dit spreek op hierdie stadium alle behoeftes aan en geen een wat gevestig is n spesifieke area hoef nek tussen die ore te trek nie. Dit is die enigste antwoord wat daar op hierdie stadium vir die Afikaner dilemma is. As ek reg verstaan het van iemand wat baie meer as ek weet – regeer elke kanton oor homself in ALLE disiplines. Met tyd kan ook n oorhoofse regeringstelsel ingebring word vir die wat die behoefte daarvoor voel.

            Die Wes Kaap leen hom beslis vir n tweekamer
            parlement maar op hierdie stadium is dit net nie haalbaar nie gegewe die demografie van die Afrikanervolk. Die Wes Kaap het ongelooflike potensiaal vir die daarstelling van nuwe besighede en algemene uitbreiding – as mens so deur
            die Wes Kaap ry kry jy die indruk dat die dorpies pragtig soos dit ookal is – die afgelope 100 jaar stilgestaan het.

          2. Ek stem Riempies. Die kantongedagte bestaan al vir 700 jaar in Switzerland en niemand assosieer dit met apartheid, rassisme, elitisme of eksklusiwiteit nie. Dit is die enigste werkbare oplossing indien ons as Afrikanergemeenskap oor die langtermyn wil oorleef. Ons móét hierdie idee so wyd moontlik bemark. Ek twyfel sterk oor die Wes-Kaap. Die Engelse invloed is te groot, sterk en magtig.

          3. Weet jy waarvan jy praat? Ons is in die verligte eeu. Die tyd van grotte is verby. 2013 nie 1813 nie. Was daar nie ook ‘n verhaal van ‘n persoon wat ook so lank geslaap het soos julle nie?

          4. Julle eie gedagte gang. Lees net wat julle self skryf en kyk wat in die land gebeur het sedert 1994. Die tyd staan nie stil nie en mense moet aanvaarding kry en di verlede vergeet. Kyk vorentoe.

          5. Nou sal ek seker moet katvoet deur hierdie kommentaar van jou 😉 Wat gebeur in die land wat jy voel wat mens behoort te
            aanvaar? So ook wat het gebeur wat verander het sodat ons dit agter ons kan stel?

            Glo my vorentoe kyk is al wat mens staande hou – dit is nie n keuse nie dit is n wyse van die oorlewingstryd aanse.

          6. Ek kan mos aan jou eerste kommentaar sien waarin jy glo. Jy staan ten eerste vir apartheid wat uitgedien is.Moet ek verder verduidelik?

            Indien jy nie die verskil tussen voor en na kan sien nie is dit nie eers vir my nodig om verder met jou in ‘n gesprek te wees nie.
            Kyk na jou regse vriend se antwoord op jou kommentaar. Waar daar twee of meer van julle bymekaar is sal daar verskille wees. Een van julle grootste vyande is julleself.

          7. ..maar n onnosele standpunt. Indien jy beweer dat die volhoubare bestuur van gesonde kulturele habitatte oerdenke is, het jy nog baie om te leer my liewe mens. Dit is juis progressief-denkend!

          8. Hallo Riempies. Hoekom dan nie in die Oos Vrystaat nie? Ons het net soveel mooi plekke hier. Die dag as ek na ‘n Volkstaat iewers in die Noord, Wes of Oos Kaap moet trek weet ek voor my heilige siel ek gaan een huwelik met twee adresse beleef. Daar is te veel vrae met ewe veel geen antwoorde op hierdie stadium. Myns insiens is dit ‘n droom by baie maar niemand het met ‘n haalbare oplossing gekom nie.
            Ek voel dis nie net oppak ek verkas nie. Dit sal net weer ‘n herhaling van Skipskop vir my wees.
            Inteendeel, ek sal moeilik van ons familieplaas afskeid neem.

          9. Riemies, Ek het nou al n paar maal gesien Jy neig na n Kantonale stelsel hier. Ongelukkig is daar nie n wesenlike oplossing nie. Omdat, met die kantonale stelsel is daar nog steeds die oorhoofse regering wat, federale belasting, Verdediging, Staats medies, sekuritets dienstes, Doeane, paaie, vervoer, en ander federale infrastruktuur bestuur. Metro dienstes is kantonale belange. Die prentjie sal nie veel verander nie. Die 30-40 miljoen swartes sal nog steeds die beskerming van die federale gesag geniet al woon hulle in die nuwe Blanks Kanton. Skole, universiteite sal nog deur die staat beheer word, presies soos vandag. Die regering sal nie toelaat dat die “Reenboog” vertrobel raak nie. Daar is net nie die motiveering daarvoor nie.

            Die Blanke-Afrikaner sit in die knyp, en die regering is heeltemaal bewus heirvan, en blykbaar geniet hulle dit nogal. Die druk wat die laaste 20 jaar op die Afrikaner uitgeoefen word is juis om die Afrikaner te laat besef hy is nie welkom in die NSA nie. As die regering met n volskaalse uitwissing kon wegkom sou hulle dit al lankal uitgeoefen het. Die volgehoue lae-intensitet slagting gaan dus voort sonder om te veel aandag te trek, binnelands sowel as buitelands. Vir hulle is dit tot dusver nogal suksesvol. Boonop nog, die Amerikaners, en dalk ander, ondersteun hulle met opleiding in geval van n moontlike poging om die regering te ontsetel.

          10. Marula ek het regtig my vrees vir “wat die regering
            gaan doen” verloor – of jy nou maar gelate gebuk gaan onder die magsmisbruik en
            of jy planne maak om onder die magsmisbruik uit te kom – vermoor word jy vermoor
            – finansieel doodgebloei word jy doodgebloei. Dit is werklik nie vir my van
            belang om die NSA se regering te ontsetel nie – Met watter doel – ek wil nie
            meer hierdie chaotiese vernielde varkhok van n land terug he nie – wie wil?

            OF die regering nou daarvan hou of nie hou nie –
            migrasie wat by implikasie dui op die kanton idee – is al lankal besig om plaas
            te vind aan alle kante van die spektrum en daaraan kan hulle niks doen nie. Al
            wat hierdie kantonne moet ondervang is eksterne selfbeskikking en dit los ek vir
            die slim manne wat dit kan en sal doen. Hou ingedagte dat daar ander is wat meer
            belangstel in die huidige NSA as ons, wat die swart regering gaan besig hou soos
            wat hulle dit aan hulle eie onbekwame bas gaan begin agterkom en voel en
            hulle alhoemeer gaan besighou. Dit is die dag wat dit ons beurt gaan wees om te
            glimlag en te geniet. Ons as belese eerstewereld burgers weet mos ook dat niks
            vir altyd is nie.

          11. Natuurlik, soos ek verstaan woon jy blykbaar klaar in jou eie “Volksgebied”. Wens net ek kon dieselfde se. Maar jy is seker reg, ons moet maar aan ploeter soos ons kan, help waar mens kan en hou n lae profiel.

          12. Julle? Wie is die julle? Ons realiseer! In ons lewe sal jy nie jou sogenaamde Volkstaat afkleim nie. Of jy sal die enigste een wees van burgemeester tot askarbestuurder in jou sogenamede Volkstaat want jy het nog geensin met ‘n haalbare idee vorendag gekom nie. Dis vir jou ‘n pie in the sky.
            So droom maar voort en onthou ‘n kleinhoewe is nie ‘n Volkstaat nie. Jy praat van groot verskuiwings. Vicky Leandros sing mos van dreams are good friends. Maar don’t let dreams become your master.
            Weereens, DREAM ON!

          13. Willy ek stem 100% saam met jou, hierdie Volkstaat is belaglik net soos hierdie wit lokasie wat die mense in wil woon.

          14. Nee nie almal, want daar word teen my gediskrimineer want ek mag nie bou vir minder as 600/vk m in daardie wit/swart lokasie nie.
            So ek is nie welkom daar nie!

          15. So ook nie by die Black Lawyers Association, Black Business Council en Black Journalist Association of South Africa nie.

          16. So waarvan droom jý, Willy? n “Pie in the sky” reënboogland? Waarom kom skiet jy so baie spek hier op PRAAG as jy nie n alternatief vir ons probleme kan bied nie?

          17. Die golf estate storie was nie net spekskiet nie, dit was sommer met die hele varkplaas gegooi.

            Raad vir jou. Moet nie so ernstig deur die lewe gaan , daar is nie ‘n manier dat ons lewendig hieruit gaan kom!

          18. Waar kan die boere saamstaan? In New Zealand staan die Afrikaners bymekaar en stry nie soos in Suid Afrika nie. Selfbeskikking??????????????????????????

          19. Hoe staan die mense saam in New Zeeland – by die braaivleisvuur terwyl hulle stresloos veilig, en lekker gesels
            oor koeitjies en kalfies?

          20. Soos jy daar se, ook nie ‘n dwarstrekkery soos in Suid Afrika nie. Gesels ook oor die Afrikaner gemeenskap in Suid Afiika wat so verdeeld is.

          21. Waar gaan hierdie gesamentlike kampe opgerig word? Of, soos jy dit sien, verspreid voor elke dorp se ingang langs die swart plakkerskampe?

        3. sjert jy skryf ” Ons het nie ‘n Volkstaat nodig om ons voortbestaan en lojaliteit aan ons Afrikanerskap te verseker nie” ek wonder wat sal jy sê aan die duisende afrikaners wat vermoor is, ‘n patetiese onderwys stelsel moet gebruik, wat onder misdaad deurloop, wat hulle werk verloor, wat nou deur nog strenger RA en SEB wetgewing gedwing gaan word en so kan ek aanhou. Wat is jou plan?

          1. Die Afrikaner het nie ‘n plan nie. Waarom nie? Kan nie soos die ander rasse mekaar se hande vat nie. Voorbeeld vaat die getalle wat Rooi Oktober bygewoon het tenoor die getalle wat die EFF se bekendstelling bygewoon het.

            Klip in die bos. Stem uitslae : ANC, DA, EFF

          2. Dink jy dat die regime wat met die steun van minstens 45 miljoen siele die kitaar in hierdie droewe land slaan, ‘n Volkstaat vir hoogstens 2,5 miljoen Afrikaners gaan goedkeur?
            Jy en enige ander ou wat onder die illusie verkeer dat ‘n groter Orania of Kleinfontein beding kan word, kan gerus hierdie ‘uitweg’ laat los.
            Daar is ‘n groter kans dat varke aan die vlieg raak as wat daar een of ander eksklusiewe Utopiese Afrikanergebied deur die regime afgekondig sal word.
            Die geskiedenis van die Afrikaner het bewys gelewer dat ons oor die vermoëns beskik om onder die wreedste en moeilikste omstandighede kan oorleef. Om soos room, altyd boontoe te styg.
            As voorbeeld. Ten spyte van die ABO, konsentrasiekampe, verwoeste plase, verengelsing beleid van Milner en andere – is daar steeds geslaag om voortreflike onderwysstelsels te skep, welvaart te skep, ons taal te behou en te laat groei.
            Ek en my pelle is steeds Afrikaners in ‘n donker vasteland, danksy die eiers wat meeste Afrikaners in harde en groot formaat het.
            Ek het ook geen twyfel dat die Afrikaner, soos die Jode en verskeie ander minderheidsgroepe oor die wêreld heen, oor al die vermoëns beskik om die huidige hindernisse te bowe sal kom.

        1. En wie gaan my trek betaal en my kinders se skooluniforms betaal. En wie gaan vir my en my vrou ‘n werk verskaf op huidige salarispakket?
          Gawie jy sal seker geen uitgawes hê nie want jy is seker al daar vir hoeveel jare ingeburger.

        2. Gawie, ons moet wegbeweeg van die term “volkstaat”. Daar is teveel negatiewe persepsies rondom dit, en dit is juis die DA-ondersteuners wat uiters arrogant en sarkasties kan raak hieroor. n Konfederale bestel is n beter, mooier en n meer aanvaarbare term vir Afrikaners wat groter outonomie, onafhanklikheid en selfbeskikking nastreef.

    2. Ek stem heelhartig met jou saam – die Afrikaner het daardie mentaliteit. Hulle gebruik die Boer se geskiedenis om op te ry. Die Groot Trek, die Boere Oorloee ens. Hulle is soos een parasiet wat gebruik, en die ander uit die nes wil skop. Noudat hulle nie die ANC uit die nes kan skop as gevolg van Demokrasie nie, nou wil hulle terugbeweeg van waar hulle vandaan kom, Kaap en dan Nederland/Amsterdam.

      Hulle voorvaders bene lê nie in Transvaal en die Vrystaat begrawe nie, niks hou hulle in Transvaal en die Vrystaat nie. Hulle het geen Beloftes/Geloftes gemaak by Bloedrivier nie.

      Hulle bly vryuitbuiters – terug Kaap toe vir julle.

Maak 'n opvolg-bydrae