Die Chinese regering vermoed ’n voorval Maandag waarin ’n voertuig in voetgangers in Tiananmen-plein geploeg het, was ’n selfmoordaanval.
Vyf mense, onder wie drie insittendes in die voertuig, is dood en minstens 38 mense is beseer, maar geen amptelike aankondiging is nog gemaak oor of dit ’n aanval of ’n ongeluk was nie.
“Dit lyk soos ’n voorafbeplande selfmoordaanval,” het ’n bron met kennis van die saak gesê. Die amptenaar het op voorwaarde van anonimiteit gepraat.
Die saak word nog ondersoek en die identiteit van die drie mense wat in die voertuig was, is nog nie vasgestel nie.
Die polisie in Beijing het laat Maandag gesê hulle is op soek na twee “verdagtes” van Xinjiang. – Reuters

Was dit nie maar net ‘n vrouebestuurder wat weer met die rem en petrolpedaal deurmekaar geraak het nie?
Werk jy vir Africa Check? Jy hou mos van syfers. Bestaande statistiek wys dat jong mans die meeste ongelukke maak
Het Africa Check se vrou die misrekening op Tianamenplein gemaak?
Hier lê Meraai, links gewys en regs gedraai. 😉