Taal kan brûe bou in SA

taalTaal is van onskatbare belang om mense in Suid-Afrika te help om ‘n wedersydse begrip en respek vir mekaar te ontwikkel en om nasiebou te bevorder, sê dr. Corné Mulder, die Vryheidsfront Plus se hoofsweep.

Dr. Mulder het vandag met die tweede lesingsdebat van die Wetsontwerp op die Raad vir Suid-Afrikaanse Taalpraktisyns gesê die VF Plus sal daarom enige stap steun om veeltaligheid in die land te bevorder.

Hy het gesê dit sal die ideale situasie wees as jong mense mekaar se taal kan praat aangesien dit mense letterlik en figuurlik sal help om mekaar beter te verstaan.

“Hierdie mag dalk na ‘n baie gewone wet lyk, maar dit is nie. Hierdie wet is deel van ‘n sekere proses van taal in Suid-Afrika wat baie belangrik is,” het dr. Mulder gesê.

Op ‘n ligter noot het dr. Mulder aan mede-parlementslede gesê hy is nie bekommerd oor die oorlewing van Afrikaans nie. “Afrikaans het die aanslag van die Britse Ryk oorleef. Die ANC sal nie ‘n probleem wees nie…’

“Die meerderheid Afrikaanssprekendes in die land is nie wit nie. Miljoene mense praat Afrikaans. Dis ‘n doodgewone, amptelike Suid-Afrikaanse taal.

“Suid-Afrika is ‘n uiteenlopende gemeenskap, waarvan taal ‘n deel uitmaak. Maar taal kan ‘n fokuspunt wees op die gebied van sosiale kohesie en nasiebou.

“Wanneer ons  met hierdie bouproses begin, soos met hierdie wet, sal ons besef dat ons die wet nie in isolasie kan sien nie. Taal is ‘n belangrike proses in nasiebou. Wanneer ons almal gemaklik ons eie taal met mekaar kan praat, dan sal ons ware vooruitgang maak na sosiale kohesie en nasiebou.

“Dit is waarna ons moet streef en waarheen ons moet mik. En indien ons daarmee erns het, is ‘n wet soos hierdie belangrik om amptelike taalpraktisyns deel te maak van die samebindende weg na veeltaligheid wat allerbelangrik vir die land is,” het dr. Mulder gesê.

76 thoughts on “Taal kan brûe bou in SA”

  1. Dit is goed en wel om ‘n swart taal magtig te wees tot ons eie voordeel maar dit vrywaar geensins ‘n boer wat ‘n swart taal magtig is om vermoor te word.
    Dis myns insiens ‘n wilde stelling om te maak dat dit nasiebou sal bevorder.

    1. ons kan vir hulle in Afrikaans se:”sjoe sjoe” dan sal hulle self in Frans “F….off”
      Dis hoeka julle prez, skilpad wat gese het hy wil nie he sy kjenners moet die wit kultuur aan neem nie….
      Maar Willy, jy is reg, dis altyd goed om n ander taal magtig te wees, ek stem.

        1. Hi Willy, nee man dis nie humor nie ek is gewoonlik half vier in die oggend, gesuip, ek bly naby die lughawe en die vliegtuie begin al vroeg oggend oorvlieg, ek hou nie by nie…. ek gaan n klagte indien, geen normale mens kan so vroeg al aan te suipe gaan nie. Julle is cool, eintlik almal op die blad, al fight ons soms soos kat en hond, n goeie lag is beter as n disprin, ok nie lamla nie daar is die sloetties ook….maar dit daar gelaat ek sal vir hom/haar n brug bou……

          1. Ja man die kopseer is van opgewondenheid en blygeit
            dat mens n man gevang gekry het om vir jou te sorg vir die res van jou lewe!

          1. Seg, is jy doof ? Ek kan vingertaal ook praat (het dit al gebruik as ‘n taxi voor my in swaai, of iets …

  2. Die blou
    bloed Afrikaner Volk gaan nie langer die ANC se voorskrifte vir nasie bou
    verduur nie. Bitter min nasie bou sal kom sovêr dit hierdie Afrikaners en
    ander minderhede betref. Minderhede het nie mense regte nie. Die ANC se praktiese beleid van verengelsing, rasse
    transformasie en rasse diskriminasie oor ‘n breë front van ons lewensterreine is
    die hoofredes vir hierdie reaktiewe gesindheid onder minderhede in die algemeen
    en die Afrikaner Volk in besonder. Vir die ANC is transformasie op ekonomiese, politieke en sosiale gebiede sinoniem met
    NOODSAAKLIKE swart bemagtiging. Terselfdertyd verongeluk hierdie benadering sekerlik
    enige realistiese vooruitsigte om ‘n nasie te bewerkstellig. Hierdie ongesonde toedrag van sake stimuleer
    aanhoudende vervreemding by die Afrikaner Volk en ander minderhede. Veral die Afrikaner se gesindheid is alreeds so
    erg reaktief dat hy besig is met Interne selfbeskikking dmv die Nasionale
    Burgerregte Raad (NBR) in terme van art. 235 vans die grondwet.

    1. Die “Nasie Bou ” woorde was die deel waar my oë en gedagtes ook vasgesteek het. Watse nasie wil hy bou??
      ‘n Nasie word nie met ;n taal gebou nie, of waar het hy skool gegaan.
      Die hele storie klink en is verdag.
      Hy kan sy bouery gaan inprop waar die son nooit skyn nie.

      1. “Ek
        ken geen nasie wat uit ‘n algemene stemreg gebore word nie, maar ‘n
        volk wat in die volkshistorie gewortel is”, sê die anti-revolusionêre
        Nederlander, Mr G Groen van Prinsterer. Dit beteken in ons
        omstandighede, volksgerigte politiek. Daarby aansluitend verwys dr
        Abraham Kuyper na die nagevolge van die Franse Revolusie ten
        aansien van die Nederlandse volk, dat die wankele mure van hulle
        volksbestaan omvergehaal en sy stene afgekap is, slegs om dit op ‘n
        hoop te stapel sonder om te begin met die oprigting van ‘n nuwe
        gebou. Die Liberalisme is anti-sosiaal omdat dit individualisties is
        en in ‘n volk niks anders sien as ‘n aantal siele binne ‘n bepaalde
        grondgebied.

        “En dit bederft en verderft heel ons volksleven. Dit loopt uit op een
        losrijten van alle banden, om de eenlingen die vijftig minus een
        zijn, door de eenlingen die vijftig plus een
        uitmaken, te tyranniseeren. Zoolang men daarin volhardt, komt er dan ook geen beterschap. Dán eerst als de deelen van het volkslichaam weer elk in hun eigen functie zullen kunnen werken, zal de gezondheid van dat volkslichaam weerkeren”, aldus dr Abraham Kuyper.

        1. Ek is nou nie die soort ou wat daardie soort boeke lees nie, en hou maar by goed soos Popular Mec. en Oewer Hengelaar.
          Die enigste ander boek wat nou bietjie meer siels gevorderd is, wat ek lees, is maar die staatmaker Bybel.
          Ek glo hy gee my maar die wysheid wat nodig is om hierdie aanslaë die hoof te bied.
          Ek kan nou nie ‘n eier lê nie, maar ek weet wanneer hy vrot is,
          En Mulder se eier is nie vars nie.

          1. Jy kan partykeer ook maar aspris ongemaklik ongeleerd wees. Teen hierdie tyd is jy seker al ‘n taamlike oewerhengelaar. En mêkeniek. Ek meen met die skielike baie lees aan dieselfde boeke. Of die baie lees aan die Bybel van jou ‘n goeie predikant sal maak, wel, vir een ding sal jy baie verdraagsamer teenoor jou teenstanders, veral sommige hier op die webwerf, moet word.

          2. My kommentaar hier was nie om afbrekend teenoor jou te wees nie. Ek het dit eintlik geniet en vind dit leersaam. Wat my verdraagsaamheid betref, ja! net teenoor “regses” en baie min tot geen vir liberales.
            Wat ek doen, doen ek goed. Vyf medaljes vir verskilende prestasies is van die goed waarmee ek kan spog.
            Een daarvan aan my toegeken in Atlanta USA vir alternatiewe Energie ontwikkeling.
            Ek loop nie tekoop daarmee nie,Jou aantyging van ongeleerdheid is dus ‘n raaiskoot wat lek soos ‘n sif.
            En weet jy wat? gaan lees hoeveel stories is daar in die Bybel oor visvang. Selfs Jesus het dit ook gedoen. En sy disipels.
            Waarom sal ek dit nie ook doen nie???
            Probeer dit gerus. Geweldig sielsverreikend.
            En omdat ek die Bybel as my leermeester het, is dit dalk die rede vir my sukses.
            As jy jou E-pos adres vir my gee, stuur ek die bewyse daarvan aan jou.
            Geen kwade gevoelens van my kant nie.
            Geniet jou dag.

          3. Dankie, Arnieann. Nee, ek het ‘n goeie vermoede gehad jy weet meer as wat jy op die oomblik toe jy geskryf het, te kenne wou gee. Het maar ‘n bietjie gegharra, niks ernstig bedoel nie. Dalk was ek maar ‘n bietjie jaloers om te dink jy is ‘n baie goeie hengelaar. As ek van visvang moes leef was ek lankal dood. Jou antwoord was dalk diepsinniger en oortuigender as wat jy dink. Oor jou lees in die Bybel sal ek nie kla nie. Inteendeel.
            Medaljes en sertifikate, ek? As ek so tussen my ou papiere blaai dan kry ek net my Sondagskooldiploma, ‘n silwer sertifikaat vir gemengde aflos (as ek reg onthou daar by onder tien rond, en ‘n sertifikaat vir ‘n derde plek in sakreisies (in die jare toe ek nog op laer skool was het skole-atletiek nog sakresies as item gehad).
            Vrede vir jou ook.

          4. Altyd lekker en gaaf om mense soos jy te leer ken.
            Ek is net besig om gou ‘n dokumenter van my te soek in die BBC argiewe.
            Ek wil ook net graag wys dat ek nie net visvang nie, maar my politiek kom ook al ‘n hele ent saam met my.
            As ek dit kry sal ek die link wat ;n video is, is hier kom plak.

          5. Amper daar. Dit was jare gelede, en ek kan nie lekker onthou hoe om dit te kry nie.
            Sal netnou terug wees mey ‘n link

          6. Gaan probeer. En kom ek nie reg nie, dan vra ek my dogter more-oggend om dit oop te maak.

          7. Ek het ook nie die regte player op my laptop nie, en is juis besig om Real Player te installeer
            My rekenaar by die huis het alles op, maar ek is 450 km van die huis af..

          8. Sien ‘n Windows Mediaplayer is nodig. Ek het hom op die rekenaarprogram maar het hom blykbaar nog nooit gebruik nie. Sal dat my slim dogter vra om hom more te fasiliteer en dan kyk ek, baie dankie Arnieaan en wel te ruste.

          9. Arnie, het jy die dokumenter gemaak? Of……..laat ek liewers vra wie is die man met wie daar ‘n onderhoud gevoer word?

          10. ‘n Regte egte BOER. Hy vatikaki. Hy praat van oor Mandala se dooie liggaam, en nog baie interessante goed. Die Staat het toe waar geword, oor sy “dooie” liggaam lol

          11. Dan is jy by die regte plek wat ek gehoop het is die regte een.
            Ek sukkel hier om dit te kyk want my laptop het nie die regte player nie.
            Ek sukkel om Real player te installeer. Watter een gebruik jy???
            Dit was toe ek nog baie parmantig was Leana.Hehe.

          12. Arni hy gooi vir my net so ‘n klein videotjie uit, maar ek het Windows media player. Kan alles hoor EN sien! Die spreker is ‘n tawwe ou!!

          13. Ek het Real Player nou op, en gaan hom probeer.
            As dit goed werk, sal ek dit kom raporteer.
            Tawwe ou??? Hehe. Dankie !

          14. Ja Arnie, so is ons ou nasietjie se ruggies almal so effentjies geknak onder al die aanslae van ons “Nuwe Suid Afrika”.

          15. Na daardie opname het ek en die ou stry gekry.
            Di’s hom wat ek gepiets het. Seker hoekom hy die video verkort het.

          16. LOL, hoop die hou was hard genoeg !. Jy moet lekker slaap Arnie. Was goed om die video te sien.

  3. “Suid-Afrika is ‘n uiteenlopende gemeenskap, waarvan taal ‘n deel uitmaak. Maar taal kan ‘n fokuspunt wees op die gebied van sosiale kohesie en nasiebou.” Dat die dottor nou Afrikaans en Afrikaners so wil misbruik – om aan ‘n swart reënboognasie te bou. Dottor Mulder, druk jou nasie in daai gat waar dit hoort. So gou soos die dottors Mulder en Groenewald nasie bou, so vinnig moor die comrades die Afrikaners uit.

  4. Dotter Mulder is definitief nie lus vir n stryd tot oorlewing nie, ….. hou n wit vlag agter sy rug vas net in geval. Altyd die ‘sweet talk’ en innige saampraatjies ( weerskante se pel),….. een tree vorentoe, 5 tree agteruit…… die NASPERS spys en drank in die Bokryers droomland!!!!

  5. Die witman is alreeds ‘n bedrygde spesie – wêreldwyd – en ek leer liewer blanke tale. Ek het by ons stamlande begin, want ons (wat Afrikaners is) gaan nog ons stamgenote baie nodig kry. Ek sou Afrikaners aanbeveel om liewer ander Germaanse tale, soos Nederlands, Duits, Deens, ensovoorts onder die knie te kry. Daar is ook Latynse tale soos Frans, Spaans en Italiaans, wat veel belangriker as Xhosa, Zoeloe en Tswana is. Selfs Russies is ‘n bate. Ons het waarskynlik meer vriende in Rusland as in Suid-Afrika self.
    Mev. J H Wagner van Die Wilgers in Pretoria se “Russies – Afrikaans, Afrikaans – Russies Woordeboek” is ‘n ideale boek vir beginners. Afrikaans word by minstens 2 skole en 2 universiteite in Rusland aangebied. Indien die Russe agterkom dat die belangstelling in Russies deur Afrikaners toeneem, sal hul belangstelling in Afrikaans ook toeneem.
    Ons moet ook nie ons Hugenote-wortels vergeet nie. Vir diegene wat alreeds ‘n goeie kennis van Engels het, is Frans en Italiaans kinderspeletjies om aan te leer. (Ek sukkel nog ‘n bietjie met daardie twee tale, omdat ek gladnie Engels kan praat nie. Die Skotte hou niks van die Engelse nie. Ha,ha,ha!).

Maak 'n opvolg-bydrae