praag.co.za

Frans Cronjé se etnomasochisme verdiep

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Frans Cronje skryf vandag een van die mees insiggewende rubrieke van die afgelope dekade in Rapport. Cronje meen dat blankes nie bitterbek moet wees as ons belastingbydraes verkwis en geplunder moet word nie.

Want, “redeneer” Frans, as ons nie ons bekke hou nie; as ons nie die plundery, verval en misdaad bloot vrolik, positief en opgeruimd  gadeslaan en aanvaar nie; sou ons ophou om maar net stilswyend te kak en betaal, gaan daar gróót probleme wees. ‘n Tweede rewolusie sal dan volgens Frans plaasvind, sou ons aanhou mor en kla. Swartes sal minder vergewensgesind wees. Hulle kan ons selfs uitmoor, skimp Frans. (Daardie einste, vredeliewende swartes wat nie met politieke motiewe plaasmoorde pleeg nie, Frans??)

Kom ons analiseer egter wat Frans geskryf het.

Eerstens is sy woordkeuse interessant. Hy gebruik die term “tweede rewolusie”. Daar was dus logieserwys ‘n eerste rewolusie. En daar dag ek heeltyd die kapitulasie by Kodesa was ‘n sogenaamde onderhandelde skikking, met gewillige rolspelers. Toe nie. Duidelik was dit ‘n rewolusie, volgens Frans, in die Ché Guevara-tradisie. Frans maak dus ‘n verstommende bekentenis: Kommuniste en terroriste het die land op rewolusionêre wyse oorgeneem in 1994, erken hy, agv die skandelike volksverraad van Pienk Frikkie en Rooi Roelf. Dit was dus g’n onderhandelde skikking by Kodesa nie; dit was bloot ‘n rewolusie. Jy as blanke verbeel jou dat die referendum van 1992 op een of ander manier jou demokratiese keuse was. Toe nou nie. Daar het ons dit, swart-op-wit, in die binneblaaie van die Afrikaner se eie Prawda; Rapport: 1994 was nie ‘n onderhandelde skikking nie, dit was ‘n kommunistiese rewolusie.

Sedert bogenoemde rewolusie het meer as ‘n miljoen blankes buiteland toe gevlug. Nog honderde duisende het hul werk verloor, nádat blanke staatsamptenare etnies uit die staatsdiens gereinig is, en talle ander blankes hul werk verloor het in die privaatsektor agv rassistiese regstellende aksie. Kennelik was Frans nie een van diegene wat hul werk verloor het nie, want hy sit veilig in sy pos by ‘n private akademiese instansie.

Die belasting wat ons betaal, word verkwis. Dit word gesteel. Ons kry niks in ruil daarvoor nie, want ons moet nog steeds ons eie privaatpolisiemagte, -onderwys en -gesondheidssorg voorsien. Ons belasting word spandeer op sousvliegtuie, op Nkandla en die huur van wynglase teen R200 elk sodat die kaders kan partytjie hou. Maar blankes mag nie kla nie, want blankes moet verstaan dat ons, mbv ons belasting, die prys sal moet aanhou betaal vir ons “voorvaders se sondes”. Blankes, seg Frans, moet dankbaar wees. Net so bly soos ‘n ivoortoringakademikus wat darem nog ‘n pos beklee, Frans?

Kennelik was Frans Cronjé se voorvaders miskien Broederbonders of diegene wat die swartes onderdruk het, en blykbaar voel Cronjé dus baie skuldig oor sy of sy  voorvaders se sondes (wil jy ons iets vertel, Frans?), maar nóg ek, nóg my voorvaders, het al ooit enige swartmens te na gekom. Inteendeel; ons was nog altyd goed vir hulle. Indien ons nie aan hulle werksgeleenthede verskaf het nie, het ons, klaarblyklik anders as Cronjé se voorsate, geen swarte ooit benadeel nie.

Die héél interessantste ding van Frans se ontboeseming in Prawda, askies, Rapport, is sy intense vrees vir “die ander”. Frans se medeliberale vertel ons dikwels hoe “misdaad almal raak”, en dat iets soos georganiseerde swart-op-wit rassistiese misdaad nie bestaan nie, maar dan gaan Frans waaragtig en dreig blankes met presies dít: Georganiseerde, kwaadwillige swart rassistiese geweld. Hy maak so in die volgende sinnetjie: “Dit sal ’n gewelddadige, rassistiese en vernietigende oorgang wees..”

Let op Frans se woordkeuses: Geweld. Rassisme. Vernietiging. Hou dus jou bek, meneer die blanke belastingbetaler, of swart, rassistiese geweld is jou voorland, skryf Frans. Waar wás Frans die afgelope 19 jaar, moet ek dadelik vra? Is die bykans 4000 dooie plaasboere en derduisende blanke slagoffers van swart-op-wit geweld tot op hede dus diegene wat nie hul bekke gehou het nie, Frans? Sou hulle steeds geleef het, as hul maar net hul bekke gehou het, en met ‘n blye hart belasting betaal het, Frans?

Frans vrees duidelik die swart gevaar.

Hy is bang vir die monster wat in 1994 geskep is, tydens ‘n gebeurtenis wat hy, Frans, prontuit as ‘n rewolusie beskryf. Frans het egter geen antwoorde nie, buiten om aan te beveel dat blankes maar eerder nie moet kla as ons belasting verkwis word nie. Ons moet buk en ons pak vat. So nie, dreig Frans, wag daar selfs ‘n erger rewolusie as dié by Kodesa op ons.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Comments

37 responses to “Frans Cronjé se etnomasochisme verdiep”

  1. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Uitstekend Manfred!

    Fransie is die perfekte Stockholm Sindroom voorbeeld. Wat hy geskryf het kan in een sin opgesom word; “Bly stil julle, anders maak die geiselnemers ons dood!“.

    1. Sowaar! Avatar
      Sowaar!

      Ek weet net nie of hy ‘ons’ bedoel nie, Albert, soos wat ons ‘ons’ verstan nie. Ek dink hy bedoel ‘ons’ soos in ek en jy, maar hy beskou blykbaar homself buite daardie, in sy oe, vrot kring. Dalk omdat, soos Manfred se, terreg ons of ons ouers nie swart mense sleg behandel of uitgebuit het nie. Anders as in Frans se huis he ek in my lewe nog nie die swart kneg wat my baas noem op haar kniee op my vloere, of iemand in my kringe se vloere dan, sien rondkruip nie. Ek meen dalk Frans voel skuld wat ons nie kan begryp nie, maar projekteer dit wel op ons, waarna hy ‘n baie interessante beweging maak deur homself dan uit die water te haal en aan die ‘rewolusionere’, of soos jy dit stel, geiselnemers, kant te staan en vinger wys en skreeu betaal vir my sondes, jy en jou kinders, sodat ek gespaar sal bly. Dit wil nogal gedoen wees meen ek. Interessant.

    2. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      Dankie Albert, ware woorde. Fransie is die tiepe ou wat sy dogter sal oorgee sodat hulle hom net nie moet aanraak nie.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Eric dit is nou loshande die slegste wat n mens n man kan maak – 10 punte vir jou 😉

  2. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    Dankie vir jou rubriek Manfred, soos altyd, insiggewend en die moeite werd om te lees.
    Ek het die skakel daar gaan lees, kan nie glo daar is mense wat hierdie Frans Idioot steun nie. Durf jy verskil, word jy versoek om te emigreer – EK SAL NIE, EK BLY PRESIES NET HIER waar my belasting jare reeds die land dra.

    Tevergeefs probeer om ‘n boodskap daar te laat, NASPERS “like” my niks.

  3. Leon Lemmer Avatar
    Leon Lemmer

    Allister Sparks praat in sy boek, Tomorrow Is Another Country (1995), van ‘n “negotiated revolution”. Leon Wessels het hierdie frase vertaal as ‘n “onderhandelde revolusie” en dit sonder erkenning aan Sparks oorgeneem in sy boek, Vereeniging: Die Onvoltooide Vrede (2010).
    Leon Lemmer

  4. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    dreigen met erger beperkt zich feitelijk tot een toename in aantallen onschuldige slachtoffers van, bij gebrek aan constructieve economische oplossingen door de anc dictatuur opgehitst geweld. Waar deze boosaardige Frans, meewerkend aan Genocide dus op doelt, is een acceleratie van al bestaande toenemende geweldsmisdaden jegens de blanke minderheid.

    Het lijkt zinvol dat de slachtoffers en/of nabestaanden (in het buitenland), zich multifocus organiseren en een gezamenlijke claim(schadevergoeding) indienen vanuit enig (juridisch) geschikt land.(België ?) Er is vergaand zicht en interesse op de verslechterende situatie en de rancuneuze radicaliserende anc.
    De wereld mag niet langer aanzien dat deze ‘gijzeling’ van de Afrikaner voortgaat.

    Waar blijft deze nep intellectueel z’n analyse van algehele afbraak van de zo geroemde middenklasse, oftewel aspiraties van de onderklasse, die een hardloopwedstrijd doen op de lopende band middels de algehele demontage van de Rand, terwijl de vette elite z’n investering overzee wegzet.

    Dat deze anc dictatuur vanaf het prille bestaan niet schroomt ook nog eens miljoenen zwarten de dood in te jagen met valse beloftes èn deze doden als deken over de Genocide durft te leggen zal niet houdbaar zijn. Zeker niet met wat verdraaide ISS statistieken.

  5. Deon Rademeyer Avatar
    Deon Rademeyer

    Wat n skaapkop. Het geen woorde vir die wese nie.

    1. Seg Net Avatar
      Seg Net

      Deon volgende slagskaap se kop gaan koolstoof oond toe. Jy het my nou baie lus gemaak vir die LEKKERNY.
      Nou die dag iewers gelees hulle verkoop dit iewers teen R60 per kop en verkoop so tussen 30 en 40 per dag.

      1. Trippie Trip Avatar
        Trippie Trip

        SEG NET : Goeiste, jy het my nou lekker naar. In my lewe was ek nog nooit so honger om die koppies te eet nie … vriende van my het glo as kinders “baklei” oor wie die wange en ogies mag eet !

        1. Seg Net Avatar
          Seg Net

          Hierdie en afval is die beste gedeelte van die skaap. Tong harsings van die skaapkop lekker verby.

          1. Trippie Trip Avatar
            Trippie Trip

            NEE man, ek wil nie nagmerries kry vanaand nie !
            Ek verstaan nie hoe mense organe kan eet nie ! Nie eers iets soos hoender- en beeslewer nie.

        2. Paul Avatar
          Paul

          Trippie, Ek stem saam en dankie tog ek was nog nooit so honger dat ek eens in my wildste drome sou droom om my tande in so ‘n skaapkop te slaan nie.

          1. Trippie Trip Avatar
            Trippie Trip

            Rys, gebraaide aartappels, boontjies en patats (met stroop en bruinsuiker en dit MOET so bietjie aanbrand ook) – lekker !

            En om dit af te rond – hmmmm ! Jan Ellis poeding.

  6. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    Frans Pieterse verwoord dit baie mooi op FB – dankie Frans, ek gee jou graag hier krediet, en haal jou woorde netso aan.

    Frans Pieterse Daardie “elite” noem hulle sommer die liberaliste – dit is gewoonlik mense met ‘n onversadigde materiele gierigheid en manipulerende hoogmoedige verwaandheid wat satan se boosheid in hulle dra – die boere-hart is uitgeruk of verruil vir ‘n wereldse aansien!

  7. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Ek het probeer om in Rapport Rooi Oktober dag en Afriforum se plaasmoorde petisie te promoveer. My kommentaar het so 15 min.gestaan toe is dit weg. Daarna weer probeer, maar is glad nie geplaas nie. Die mense raak paniekerig. Ek gaan môre op Beeld en ander Naspers koerant ook probeer en kyk wat gebeur.

  8. Chris Avatar
    Chris

    Ek dink die tweede revolusie kan dalk anders verloop as wat die “eerste een “Is hierdie waarskuwing van die Frans mannetjie dalk omdat die naspers en kie agente die boere nie meer om die bos kan lei.Nou probeer hulle weer die taktiek wat veraaier FW gebruik het deur te se burger oorlog so uitgebreek het as hy ons nie veraai het nie.

  9. Johan van Wyk Avatar
    Johan van Wyk

    Frans Cronje het natuurlik in een nutshel bevestig dat die regering van die dag steel en dan in werklikheid diewe is. In die tweede asem vertel hy dat as blankes hieroor kla hulle vermoor sal word – hierin bevestig hy weer dat die ANC een terroristiese groepering is. Selfs grens aan die van ‘n Mafia groepering.

    Frans Cronje se antwoord op die vraagstuk is – aanvaar die Terroristiese, Mafia diewe of sterf.

  10. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hy blaas mos nou juis geweld aan deur te praat van ‘n tweede revolusie. Arresteer hom soos die boeremag – hou hom in die tronk en gooi die sleutels weg.

    1. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      Nou praat jy waarheid Rooikop.

  11. Jon Low Avatar
    Jon Low

    Die Naspers-boikot is blykbaar iets van die verlede….

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Nie noodwendig nie – eerder net die koring van die kaf geskei.

    2. JvNk Avatar
      JvNk

      Ek dog op my beurt die libturds lees nie Praag nie.

      Is julle nie bang dat die waarheid en gebrek aan NSA-propaganda julle eensellige verstandjies gaan uitbrand nie? Pasop: Die feite akkordeer nie met ‘n libturd nie.

      1. Gas Avatar
        Gas

        Rassis en Apartheid is die twee kodewoorde vir Afrikaners wat in Sinagoges gebruik word. Jan Laag dink seker ons weet dit nie

    3. Seg Net Avatar
      Seg Net

      Seg Wie? Liberalis? Jy promoveer julle koerant op verkeerde web tuiste, mooi probeer, maar probeer maar weer. Hierdie keer nie gewerk nie.

    4. Götterdammerung Avatar
      Götterdammerung

      Hoe sal jy weet – onderwysers van Wanganui het niks met hierdie land se sake te make nie. En nee – die Boikot is nog lank nie verby nie

  12. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Sien die liberalistiese TROL van Media 24 Daniel Maartens is hier in ‘n ander gedaante, net sy naam van agteraf geskryf, dit is nie snaaks nie hy is ‘n agterbakse klont Einad Snetraam.

  13. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Frans leef in lala land maar moet asb nie kla nie, jy het daarvoor gevra.
    FW was nie deel van die oorgawe nie, nee? dan moet hy die goud wat hy hy ontvang het terug gee.
    Waarom is dit altyd die “hiper gepigmenteerde ras” wat die blankes moet vergewe?

    Fransie het nog nooit n revolusie in sy lewe gesien nie en verstaan nie n revolusie nie, Die een wat kom, soos deur die donker ras beplan, sal hom hopelik n les in realiteit leer, aangesien hy nie moet kla nie en maar net sy kop in sy g@t moet indruk. Hy gaan deel wees hiervan want dit gaan veel dieper as wat Fransie se twee breinselle hom gaan toelaat om te verstaan.
    Frans gee asb jou eiendom en bates net so aan die donker ras oor en maak jou gewete stil.
    Duidelik is Fransie nog nie deur misdaad geraak nie, duidelik was Fransie nog nie by een van die wit informele nedersettings nie, duidelik weet Fransie nie dat RSA n geskiedenis gehad het voor 1994 nie. Duiedlik dink Fransie dat 46664 die eerste President van RSA was en dat Jan Van Riebeeck n massa moordenaar was, wat die land gesteel het met al sy infrastruktuur.
    Duidelik sien Fransie homself van binne aangesien hy met sy kop op n ander plek is.

  14. Marinda Hibbers Pretorius Avatar
    Marinda Hibbers Pretorius

    Die pap broekige moroon, praat asb vir jouself, ek het nog nooit soos jy gevoel oor die situasie en anders as jy is ek nie bang om my stem hard en duidelik te verhef oor die barbaarse onregte wat in ons land aangaan nie, soek `n diep gat en klim daarin, hopelik tuimel hy sommer bo-op jou inmekaar…laat ek rigting wysers vir jou aangee, daar is `n reuse donker gat in Brakpan op die R554, gebruik hom sommer….

  15. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    MY opinie omtrent Frans Cronje? Hy is ‘n skisofreen of ly aan erge bi-polêre persoonlikheids afwyking. Ek staaf my opinie met die volgende:

    Bostaande (en weereens uitstekende menings skrywe van Manfred Delport) spreek Cronje se paaierige derm-uitruig in Nazipes se Rapport aan waarin hy een tipe van denkwyse toon

    Maar die volgende artikel, na aanleiding van ‘n praatjie wat hy met burgers van Orania gehad het op Saterdag die 21ste September (een dag voor die buffel ontlasings artikel in Rapport verskyn het), dui ‘n heel ander denkwyse.

    http://rozmeyer.wordpress.com/2013/09/22/suid-afrika-2024-en-die-afrikaner-vrystaat/

    Nou watter Cronje het mens te doen en wanneer? Ek het dieselfde tendens al opgemerk op Twiiter waar hy eers eenkant toe val en onmiddelik na die ander kant

    1. Trippie Trip Avatar
      Trippie Trip

      Soos ALTYD – PERFEK OPGESOM !

    2. Believer77 Avatar
      Believer77

      So moeg vir bi-polêre Frans.

  16. Shannon Avatar
    Shannon

    Man Fred, sien, die EnPee, EnGee en EnPers het so `n deeglike job gedoen op jou volk se kop dat hulle tot vandag toe nog nie werklik buite BEELD se bollie kabouter perspektief kan redeneer nie. Trouens, om te redeneer druis in teen hulle godsdiens – `n mens moet met die onskuld van `n kind kan glo en vertrou. Die Christus self het duidelik aangetoon hoe “dit wat Caesar toekom aan Caesar oorhandig moet word”

    Ek meen jou skeptiese bevraagtekening van die regering se doen-en-late i.v.m. jou geld grens so half aan `n sekulêre benadering … ek aanvaar jy self is dus nie godsdienstig nie ? Ek moet ook byvoeg dat Dokter Pieter Mulder reeds `n stewige houvas het op hierdie regering en hulle skerp bydam elke keer as hy merk dat hulle dalk onekonomies optree …. trouens daar’s by my geen twyfel dat hy openlike verkwisting summier sal aanspreek en kritiseer nie. Verder verseker Dokter dat alle (die res van) Afrikaners deel uitmaak van die Regering van Nasionale Eenheid en dus deel in die gevolglike voorspoed daarvan.

    My advies aan u en ander mense wie miskien so bietjie huiwerig en paniekerig is, is om weer die Skrif te bestudeer en rus te vind in gebed. Net daar sal God aan u die krag skenk om met `n oop kop die lewe in volle vertroue aan te gryp. Dit sluit in om Caesar te aanvaar met al sy skete. Trouens die kinders van God moet `n voorbeeld wees van nederige aanvaarding en sagmoedigheid. Indien ek jou egter mis verstaan …. indien jy jou self afskei van die bg. reënboog, dan moet ek aanvaar jou stuk is dus gemik op revolusie ?!! Wil jy afstig ?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Shannon jy laat my dink aan n woestyn akkedis wat
      altyd afwisselend met en poot in die lug hardloop.

      El gaan nie probeer vir jou vertel dat jy die kat
      aan die stert beet het nie – en daarom veralgemeen jy altyd die uitsondering –
      ek weet jy probeer jou bes. Duidelik is jy nou uiteindelik gekersten iets
      waarvoor ek sooooo dankbaar is. Doen so voort.

      Jy is op die regte pad tot berusting en vrede
      maak met Pieter Mulder en die Afrikaners na wie jy so baie verlang, As jy
      nogsteeds sukkel om jou nis uit te kap daar in rooinekland – kom terug – los die
      masochisme – kyk hoe lyk jy al asgevolg daarvan.

  17. Amanda Avatar
    Amanda

    Manfred, jy seg dat nie jy of jou voorouers ooit n swart man te na gekom het, ek kan dieselfde se maar ek en jy en ons voorouers het wel n regering ondersteun wat die swart man te na gekom het. Gaan kyk maar net na al die wette wat ingestel is sedert die begin van die eeu. Ek is n trotse afrikaner en ek glo ons witmense het baie gedoen om die land te kry waar dit vandag is, ons voorvaders het hard gewerk om die plase te kry waar dit vandag vir ons almal kos gee, maar in die proses het ons wel die swart man te nagekom. En in n way is Frans reg as hy seg dat ons betaal die prys van ons voorvaders te sondes, maar die emigrante betaal nie daardie prys nie, hulle het gekies om te gaan, maar aan die ander kant, hoe lank moet ons nog betaal daaraan, erens moet dit gestop word, die regstellende aksie en dies meer moet stop! Maar aan die ander kant weer het ons wit mense ondanks “all ods against us” nog steeds uitgestyg in hierdie land, ons kinders het entrepeneurs geraak, hulle leer want hulle besef dat daarbuite is n wereld wat n wit vel nie juis goedgesind is nie, en hulle is suksesvol. Almal wat ek ken se kinders doen goed vir hulself, ons afrikaners het ons nie laat onderkry deur al die regstellende aksie, BEEE, en al wat n Black empowerment aksie nie!!

    1. Deon Rademeyer Avatar
      Deon Rademeyer

      Amanda, ek kan aanneem dat jy die ANC regering ondersteun.

Leave a Reply