Britse troon sorg vir narrespektakel

britishbabyclownDie hoof van nie minder nie as 16 lande en die Supreme Governer of the Church of England is ‘n paar uur oud, maar Suid-Afrika se monopolistiese mediagroep het seker gemaak dat hulle laag buig voor hul nuwe opperhoof saam met ‘n menigte Britse onderdane wat al die afgelope week ‘n onverkwiklike narrespektakel van hulself in die openbaar maak.

Sulke titels laat enige republikeinsgesinde leser se hare rys, want dit herinner sterk aan die feit dat sommiges nog steeds glo dat meriete nie nastrewenswaardig is nie, maar uitgediende, ondemokratiese gebruike wel.

Kortom, die ongenaakbare klassestelsel is blykbaar die nuwe toekoms as mens Media24 glo. Behalwe in Suid-Afrika, natuurlik, waar ons onverwyld moet saamsmelt met ‘n kultuurvreemde onderklas, volgens ons mediabase.

Wat Naspers se kloekende berigte oor Brittanje se “klein bondeltjie vreugde” nog erger maak, is dat die dooieboommediagroep onophoudelik preek oor die ANC se nepotisme en rasse-ideologie en nie die balk in hul Britse oog raaksien nie.

Maak dit saak dat ‘n baba van ‘n paar uur oud die derde, vierde, vyfde troonopvolger is? Of wie daar gaan besoek aflê? Veral nadat Suid-Afrika, wat terloops steeds ‘n republiek is, uit die Statebond gestap het en met ‘n sluipmoord op ‘n Afrikanerleier vir dié besluit moes betaal?

“Brittanje se prins William het Maandag sy vreugde uitgespeek nadat sy vrou Catherine, die hertogin van Cambridge, die lewe geskenk het aan ‘n babaseun,” en “Carole en Michael Middleton het Dinsdag by die St. Mary’s-hospitaal in Londen aangekom”, lees ons in ons eie taal.

Die toekomstige koning van Brittanje het blykbaar min volgelinge op sy eie klein bedremmelde eiland, aangesien die Britse koerant, The Guardian, weier om aan die lofgesange en skindernuus deel te neem. Maar onder sekere nasate van slagoffers van die konsentrasiekampe kan hy blykbaar seker wees van ruim ondersteuning.

Sinne soos: “Die media was verbaas toe die egpaar in ‘n gewone swart Londen-taxi by die hospitaal se private Lindo-vleuel opgedaag en aan joernaliste gewuif het, voordat hulle die gebou binnegegaan het om hul kleinseun te sien,” laat ‘n mens wonder wanneer Beeld na Engels gaan oorskakel. Is dit nuuswaardig en wat moet Afrikaners met dié inligting maak?

Erg problematies is dat dit juis nie “die media” in Brittanje self insluit nie.

Praag deel nie in hierdie koors nie. Waarom ‘n instelling ondersteun wat geen erg aan Afrikaners se voortbestaan het nie?

4 thoughts on “Britse troon sorg vir narrespektakel”

  1. Ja die Windsor gespuis maak my net so siek. Ek twyfel in elkgeval of hierdie ‘bondeltjie vreugde’ ooit self staatshoof sal raak. Voor daardie tyd sal die VK uitmekaarval met Skotland en Wallis wat wegbreek en ‘n bankrot Engeland agterlaat. Die republikeinsgesindes sal net veld wen in so scenario. Mag ons dit nog sien – hoe gouer hoe beter.

  2. Die Rooinekke wys net hoe etnies en nasionalisties hulle self is, iets wat hulle ander volke soos die Afrikaners nie gun nie. Dink net: daardie seuntjie moet nou glas gevoer word en vishoeke en dan van honger doodgaan soos die Afrikaner kinders in die konsentrasiekampe

Maak 'n opvolg-bydrae