Honderde mense het buite die Caledonian-sportterrein in Pretoria Vrydag betoog teen pres. Barack Obama se staatsbesoek.
Obama se amptelike besoek is luid by die sportterrein veroordeel.
“Ontmoet die wêreld se top-moordenaar,” het een van die baniere gelees.
‘n Ander banier het ‘n foto van Obama agter tralies gewys.
Baie van die betogers het swart kappies gedra.
Plaaslike en internasionale joernaliste wat by die Medi-Clinic-harthospitaal uitgekamp het waar oudpres. Nelson Mandela behandel word, het hul na die terrein gehaas.
Obama sal Vrydag in Suid-Afrika aankom.
Obama se drie-nasie toer is ‘n eensydige affêre wat alleen tot die VSA se voordeel is, het ‘n organiseerder gesê.
“In werklikheid, is Obama is hier vir handelsbetrekkinge, nie vir die voordeel van die vasteland nie, maar die wins vir die Verenigde State van Amerika se imperialisme. Die voordeel van die Amerikaanse maatskappye om voort te gaan om ons minerale hulpbronne te buit.”
Meer as ‘n duisend aktiviste het aan ‘n optog na die Amerikaanse ambassade in Arcadia, Pretoria deelgeneem.
“Ons is hier om ons woede en frustrasies met betrekking tot voortgesette Amerikaanse oorheersing, nie net van die ekonomie nie, maar die politieke terrein ook te wys,” het hy gesê. Die organiseerders het gesê die Amerikaanse versuim om te onttrek uit Afghanistan en Guantanamo te sluit, is onaanvaarbaar.
Obama het besluit om te toer na Afrika omdat Amerika bedreig gevoel deur die Chinese infiltrasie van die groot Afrika-mark, het Buti Manamela van die YCL gesê.
“Hulle [die Amerikaners] sien dat China reeds hier is. Dit is as gevolg van die bedreiging van China, wat Amerika hier is. Hierdie hele ding [die besoek] word beïnvloed deur die feit dat Afrika se ekonomie groei,” het hy gesê.
“Dit is opportunisties van die Amerikaners om hierdie reis voor te hou as voordelig vir die vasteland as dit deel van hul stryd teen China is.”
Tientalle polisielede was by die ambassade se geslote ingang teenwoordig. Meer as 20 polisievoertuie, insluitend ‘n Nyala, was ook teenwoordig.
Betogers het ‘n Amerikaanse vlag naby die ingang verbrand.
Sommige van die betogers se plakkate het gelees: “Obama, hou op om diktators in Afrika te steun. Geen olie hier, beweeg aan”, “100 jaar van volksmoord in Irak. Oorlog in 100 lande. Rampokkerstaat…”
‘n Jong seun se plakkaat het gelui: “Nee, jy kan nie spioeneer op my nie.”
Baie betogers het oranje oorpakke aangehad.
