Uitgewers kan vou weens handboekbeleid

Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika het gewaarsku dat van sy lede hulle deure gaan moet sluit indien die departement van basiese onderwys voortgaan met ‘n herstrukturering van die handboek-verkrygingsproses.

Die departement beplan om die getal handboeke waaruit skole kan kies van 800 na agt per vak te verminder.

Die uitgewers sê dit sal ‘n negatiewe impak op maatskappye hê. Sommige skool beheerliggame het ook hulle kommer uitgespreek.

Die vereniging se uitvoerende direkteur, Mpuka Radinku sê hulle vrees ook dat dit volgende jaar kan lei tot vertragings in die aflewering van handboeke.

Maak 'n opvolg-bydrae