Chinese vorder ver met eugenetika

China is tans besig om genetiese ingenieurswese te ondersoek, en is baie verder as die Weste gevorder daarmee.

By BGI Shenzhen, het wetenskaplikes DNS-monsters versamel van 2000 van die wêreld se slimste mense in ‘n poging om die boustene van menslike intelligensie te identifiseer. Blykbaar het hulle reeds ver gevorder daarmee, en binnekort sal embrio-sifting meebring dat ouers hul beste sigoot kan uitkies en potensieel elke generasie se intelligensie met vyf tot 15 IK-punte sal kan opstoot.

Geoffrey Miller, ‘n evolusionêre sielkundige en dosent by NYU, is een van die 2000 slimkoppe wat hul DNS geskenk het.

China het ‘n geskiedenis van eugenetika want nadat Deng Xiaoping oorgeneem het in die laat 70s, het hy die hele fokus van die Chinese regering van ekonomiese bestuur na menslike kwaliteits- en kwantiteitsbestuur verander. In die 90s, het hulle begin met wydverspreide voorgeboortelike toetse om geboortedefekte uit te skakel en meer onlangs, het hulle ‘n klomp geld spandeer op navorsing oor menslike genetika om uit te vind watter gene mense slimmer maak.

BGI Shenzhen is die grootste genetiese navorsingsentrum in China, asook in die wêreld. Hulle is ook besig met plantgenetika, dieregenetika, en enigiets wat ekonomies relevant is of wetenskaplik interessant.

Hulle is veral geïnteresseerd in mense van Chinese en Europese afkoms.

Die embrio-analise sal binnekort gereed wees om op ‘n groot skaal geïmplementeer te word. Enige ander eienskap as intelligensie sal selfs makliker wees om te selekteer, omdat intelligensie van baie gene afhang, terwyl fisiese eienskappe soos hare of oëkleur net van ‘n paar gene  afhang.

Dinge soos liggaamsvorm is bietjie makliker as fisiese aantreklikheid om te selekteer. En persoonlikheidseienskappe is weer ‘n bietjie makliker as intelligensie: Hoe hardwerkend iemand is, hoe impulsief, hoe polities liberaal of konserwatief asook hoe religieus, kan beïnvloed word deur gene tot ‘n sekere mate.

Westerse navorsing is redelik ver agter. Ons het dieselfde tegniese vermoëns asook dieselfde statistiese vermoëns om die data te analiseer, maar Westerlinge het ‘n stel ideologiese en godsdienstige vooroordele wat hulle verhoed om sulke doelwitte na te streef.

Maak 'n opvolg-bydrae