Pres. Barack Obama gaan Suid-Afrika later vanjaar besoek.
Hy sal na verwagting ook binnekort Patrick Gaspard as die VSA se nuwe ambassadeur in Suid-Afrika aanwys.
Dit sal dieAmerikaanse president se tweede ampsbesoek aan Afrika wees. Hy het Ghana in Julie 2009 besoek.
“Obama se besoek aan Afrika sal op vier pilare rus: die bou van demokrasie, veiligheid, handel en ontwikkeling,” het ‘n Amerikaanse regeringsamptenaar gesê.
Ontleders het reeds opgemerk dat die VSA beplan om hul betrokkenheid in Afrika uit te brei.
