Coca Cola lei tot dood

‘n Lykskouer in Wellington, Nieu-Seeland het gesê die vervaardigers van gaskoeldrank moet dit oorweeg om gesondheidswaarskuwings op hulle produkte aan te bring ná hy vasgestel het dat dié koeldrank ‘n “groot faktor” was in ‘n vrou se dood.

Die vrou het na bewering sowat 10 liter Coca-Cola per dag gedrink.

‘n Voedselbedryf-vereniging in Nieu-Seeland het dié voorstel egter Woensdag verwerp.

Die vereniging het gesê “daar is nie ‘n etiket-bepaling in die hele wêreld” wat die dood kon verhoed van iemand wat kies om sowat 30 blikkies koeldrank per dag te drink nie.

David Crerar, die lykskouer, het ‘n verslag vrygestel oor die dood van die 31-jarige Natasha Harris in 2012. Die ma van agt is aan ‘n hartaanval dood.

Die groot hoeveelheid Coca-Cola wat sy gedrink het, het volgens Crerar tot ‘n wanbalans in die vrou se metabolisme gelei, wat haar hartprobleme veroorsaak het.

Coca-Cola Oceania het Crerar se bevindings in ‘n verklaring verwerp.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae