Staat mors miljarde op konsultante

Die regering bestee R33.5 miljard op konsultante vir media moniteringsprojekte, die aanplant van bome, basiese volwassene-onderwys vir polisiebeamptes en om ouditpersoneel se vaardighede te ontwikkel. Dié take kon deur staatsamptenare behartig word.

Adjunk-ouditeur-generaal Kimi Makwetu het gister onthul dat in sommige gevalle vermors staatsdepartemente miljoene op kontrakterende konsultante om die werk van ander konsultante te monitor.

Konsultante is selfs ingespan om oor ‘n sensitiewe veiligheidskwessies, insluitende die ontwikkeling en bestuur van die polisie se vuurwapenbeheerstelsel, verslag te doen.

“Konsultante verrig take soos die voorbereiding van finansiële state, waarvoor departemente interne personeel in diens het, aangesien hierdie vaardighede nie beskikbaar is intern nie of departemente nie suksesvol was nie in die werwing van geskikte personeelie, en hulle staatgemaak het op konsultante om dit uit te voer,” het Makwetu gesê.

Die grootste bedrag, volgens die ouditverslag, was die R10.44 miljard wat die Departement van Verdediging aan konsultante tussen 2008 en 2011 betaal het. Waterwese het R4.263 miljard op konsultante bestee en die polisie R4.039 miljard.

Korrektiewe Dienste het R2.03 miljard, vervoer spandeer R1.86 miljard en Landelike Ontwikkeling spandeer net meer as R1 miljard.

Die miljarde se uitgawes is aangegaan ten spyte van soberheidsmaatreëls ingestel deur Pravin Gordhan, minister van finansies, in Oktober 2009.

SA Instituut vir Aanspreeklikheid se direkteur Paul Hoffman het gesê die wydverspreide gebruik van konsultante is te wyte aan die regering wat onbekwames in diens neem.

“Mense kry aanstellings waar hulle geen vermoë het om die werk te doen nie,” het hy gesê.

Hoffman het slagoffers van swak dienslewering aangemoedig om te kla by Openbare Beskermer Thuli Madonsela oor die miljoene betaal aan konsultante.

Staatsdepartemente, egter, blameer die vermorsing op die “verandering van leierskap”, “mense met bestaande vaardighede wat nie in die regte rolle gebruik word nie” en “herbelyning van organisatoriese strukture”.

United Democratic Movement se leier Bantu Holomisa blameer die ANC-regering se beleid van kaderontplooiing.

“Die regering huur mense wat geen idee het nie en ek kan wed dit is erger op plaaslike vlak.”

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae