Cosatu ruk op na Swartruggens-tolhek

Cosatu sê die betoging wat by die Swartruggens-tolhek in die Noordwes beplan word, sal Vrydag voortgaan.

Solly Phetoe, die vakverbond se provinsiale sekretaris, sê die protesoptog sal voortgaan ten spyte van terugslae om die polisie se toestemming te kry.

Cosatu wou verlede week ‘n deurnagbetoging hou om te eis dat tolgeld of geskrap word, of van R71 na R20 vir ‘n gewone motor verminder word.

Die vakbondfederasie is nie toegelaat om dié optog te hou nie, maar het toestemming gekry om die betoging Vrydag te hou.

“Ons sal na die tolhek opruk en antwoorde eis oor die memoranda wat aan die departement van vervoer en Sanral oorhandig is… aangesien dit ‘n sosiale las op arm mense is…”

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae