Sasolburg kalm

Die polisie het die oproer in die Zamdela-lokasie by Sasolburg Donderdag weer onder beheer gebring n weerwil van ‘n nag van geweld. Vier oproeriges is gedurende die afgelope drie dae doodgeskiet.

‘n Polisiewoordvoerder het aan Sapa gesê die situasie is onder beheer, maar bly steeds gespanne.

‘n Huis is oornag oproeriges onder die klippe gesteek en ‘n brand is by ‘n konstruksieterrein gestig, het konst. Peter Kareli gesê. Dié voorvalle was glo “krimineel gemotiveer”.

Polisielede is blykbaar deur die oproeriges geteiken. ‘n Polisiebeampte het bevestig dat van die polisielede se huise aangeval is en sommige se privaat voertuie is Dinsdag by die Zamdela-polisiekantoor beskadig toe inwoners die polisiekantoor gestorm het.

Daar is 261 mense gearresteer, onder wie 23 in hegtenis geneem in ‘n opvolgpolisie-operasie.

Woensdag het 39 gemeenskapslede in die Sasolburg-landdroshof op aanklagte van openbare geweld verskyn, en 10 is op waarskuwing vrygelaat is.

Die oorblywendes sal op 30 Januarie weer in die hof verskyn.

Oproeriges in Sasolburg het glo gister gedreig om die huis in Parys van Ace ­Magashule, Vrystaatse premier, af te brand.

Oupa Khoabane, die ANC se woordvoerder in die Vrystaat, het bevestig die party is bewus van dié dreigemente, maar wou nie daarop kommentaar lewer nie.

Die plunderaars het hul fokus eergisternag na Magashule se huis in sy tuisdorp, Parys, verskuif nadat hulle miljoene rande se skade in Sasolburg aangerig het.

Die geweld is oënskynlik gemik teen die samesmelting van die Parys- en Sasolburg-munisipaliteite.

Dit gaan egter nie oor die beplande herafbakening nie, maar dat die huidige ANC-leierskap groot geldelike voordeel sal trek uit ‘n samesmelting.

Die opstand is waarskynlik te wyte aan die naderende Vrystaatse leierskonferensie, nadat die eerste een, wat in Junie verlede jaar gehou is, deur die konstitusionele hof ontbind is.

Die nuwe konferensie sal op 23 Februarie in Parys plaasvind.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae